Denim
Die staatmaker jean is nou ‘n moet-hê item. Jy hoef nie eens te wonder watter snit om te koop nie, want omtrent alle denim is in die mode. Jy kan kies uit die los mans styl jeans, stywe plankdun jeans, uitklok jeans en geskeurde jeans. Nie net jeans nie, maar denim hemde, rokke en rompe ook.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Blou gee vir jou ‘n verskeidenheid opsies, want blou in al sy skakerings is mode. Van ysblou tot hemelsblou. Blougroen is ook ‘n goeie opsie want, dit is minder formeel as vlootblou en meer elegant as hemelsblou. Dit gaan goed saam met kameelkleur en wit.
Dit is weer tyd om arms te wys en polse te versier. Kies ‘n armband in metaal, plastiek of een met edelgesteentes.
Handsakke en skoene het nou dié interessante toevoeging gekry, naamlik uitgesnyde detail.
Beslis dié grootste trend vir Somer! Stof af die kort rompies en swaai jasse. Dit is weer tyd om mooi bene af te wys.
Strepe is die seisoen dikker. Moet nie jouself beperk tot net reguit lyne nie. Probeer die nuwe diagonale chevron strepe.
Jy kan kies tussen al die skakerings van sonsondergange. Van oranje, pienk tot geel en koraal.
Die stylvolle tog gemaklike maksi rokke is ook ‘n moet-hê item vir somer. Jy kan ook maksi rokke met boheemse patrone dra.
Die patroon broeke het die seisoen eerder grafiese patrone as blom motiewe. Dra dit saam met effekleure of hemde met patrone.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.