Marion Peake van Oos-Londen is een van daardie kanniedoods wat die lewe net nie kan onderkry nie. Maak nie saak wat oor haar pad kom nie, sy kyk dit vierkantig in die oë en sê: basta!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Marion se uitsonderlike en inspirerende verhaal word in Vreemder as fiksie vertel, en kykers sal beslis nie onaangeraak bly nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sy was as kind ’n asmalyer, vertel haar ma, Melany Pretorius. Toe sy 12 jaar oud was, het hulle gedink hulle het haar verloor ná ’n hewige asma-aanval, maar klein Marion het deurgebyt.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Marion is later getroud met Matthew Peake en hulle het die ouers geword van twee dogters. Ses jaar gelede is Marion met borskanker gediagnoseer, en ’n lang pad van behandeling het begin. Terwyl sy besig was met chemoterapie, het sy vir Matthew gevra wat hy daarvan sal dink as hulle pleegouers word. Hy het ingestem, en kort voor lank het drie kinders by die Peakes ingetrek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dit was die begin van ’n veel groter projek. Deesdae het sy en Matthew ’n huis met 27 beddens waar meisies ’n veilige hawe kan kry.
Maar Marion se storie eindig nie daar nie. Sy sou ’n histerektomie ondergaan, maar as gevolg van verskeie omstandighede het dit nie gebeur nie, en ten spyte van al die kanker- en hormoonbehandeling het Marion swanger geraak. Medici het haar aangeraai om die swangerskap te termineer, maar sy en Matthew het daarteen besluit, en op 19 Maart is klein Malakai James Peake gebore.
“My hartsbegeerte is ’n gesonde baba,” het Marion tydens die opname van die program gesê, en dit is presies wat sy gekry het.
Vreemder as fiksie word op Maandae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Erin Patience oor Binnelanders se vurige Jess
Maak ’n brûlée-tert met suurlemoene! Resep deur Vickie de Beer. Foto deur Dawie Verwey
Hier is ons gunsteling. Dis my pa se resep en was ons groot bederf op…
Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel ’n rol, en hoe…
In ’n splinternuwe, spanningsvolle storielyn wat nou momentum kry in die geliefde telenovelle Skemergrond op kykNET&kie (DStv-kanaal…
Bestanddele 500 g jong wortels met hul groen stingeltjies nog aan 60 g…
Verlede week, in die eerste episode van kykNET se nuwe unieke werklikheidsreeks, is daar na…
Hierdie webwerf gebruik koekies.