kategorieë: GrimeringSkoonheid

Vroulike sagte pienk grimering

Die internet het omtrent gegons oor Chanel se jongste Lente/Somer 2016 Haute Couture-vertoning in Parys. Daar word verwys na Chanel se “doll house”-vertoning omdat die modelle popmooi gelyk het en ook uit ’n lewensgrote pophuis geklim het! Dramatiese oogomlyner bo en ander die oë is gebruik. Hierdie voorkoms is vreeslik mooi, maar dalk ’n bietjie gewaagd vir die meeste van ons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Fotograaf: Kristina Stojiljkovic; grimering: Cheryl Parker, model: Emma van Outlaws.

Oogomlyner en sagte pienk lippe

Hierdie voorkoms is dalk meer drabaar vir die van ons wat nie in pophuise bly en op loopplanke loop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op hierdie foto het ons ’n moderne kat-oog voorkoms geskep deur oogomlyner bo en onder die oog te gebruik. As jy ’n stabiele hand het en goed is met vloeibare oogomlyner, kan jy dit gebruik. Anders is ’n oogpotlood ’n veiliger opsie. Begin by die binnehoek van jou boonste ooglid en trek die lyn uitwaarts en doen dieselfde met die onderste lid. Laat die twee lyne by die buitehoeke ontmoet.

Wenke vir oogomlyner

• Kyk altyd af wanneer jy jou boonste omlyner aanwend.
• Rus jou hand op ’n stabiele oppervlak.
• As jou vel nie baie ferm rondom jou oogarea is nie, lig jou wenkbrou effens met jou ander hand se vingers om die lyn stywer te trek.
• As jy ’n fout gemaak het, wag tot dit droog is, doop ’n oorstokkie in grimeerverwyderaar en begin weer.
• Moet nooit vloeibare omlyner gebruik as jy haastig is nie!
• As jy ’n kat-oog voorkoms wil skep en haastig is, kies eerder ’n potlood en smeer (smudge) dit ’n bietjie sodat dit lyk asof jy dit met opset gedoen het.

Vloeibare oogomlyners

Potlode

Sagte pienk lippe

’n Mooi en natuurlike pasmaat vir die voorkoms. Vir ’n meer dramaties voorkoms kan jy effens helderder gaan, maar ons verkies natuurlike pienk skakerings.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.