Vroue kan tóg hul gesigte skeer

Vroue kan tóg hul gesigte skeer. Deur Bianca Muller

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Kykie na die neiging

Talle mense was vir lank onder die indruk dat ’n skeermes slegs nader getrek word vir die gesig as daar ’n man aan die ander kant van die spieël staan. Dis juis daarom dat die groeiende aantal videos op sosiale media van vroue wat hul gesigte skeer baie van ons byna stomgeslaan het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Glo dit of nie, die onderwerp is vir lank reeds nie taboe in die skoonheidsbedryf nie. Dermaplaning is byvoorbeeld ’n kosmetiese behandeling wat die boonste laag dooie velselle en fyn haartjies op die gesig verwyder en sodoende sorg vir ’n sagte, egalige gelaat. En dan is daar natuurlik opsies soos waks, threading en laser wat gereeld gebruik word deur vroue om ’n haarlose voorkoms te skep.

Hoekom skeer?

In die skeerproses word die fyn en donserige haartjies op die gesig verwyder. Dit is egter ook ’n doeltreffende manier om van dooie selle op die vel ontslae te raak. Dit gee jou vel ’n gladde voorkoms en maak dit makliker om grimering aan te wend. Sien dit dus as ’n doen-dit-self- dermaplaning-behandeling wat jy in die gemak van jou eie huis kan doen.

’n Brandende vraag …

Sal die hare op jou gesig nie hard en donker teruggroei nie? Gelukkig is dit nie die geval nie. Soos jou haartjies begin teruggroei, sal dit waarskynlik harder as normaal voel. Dit is egter niks om jou oor te kwel nie – dis slegs omdat die hare tydens die skeerproses stomp afgesny word. Sodra dit volledig uitgegroei is, sal die tekstuur na normaal terugkeer.

Lees nog: Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi

Is daar nadele?

Ongelukkig is daar mense wat liefs twee keer moet dink voordat hulle vir die skeermes mik. As jy met ’n droë vel sukkel, is dit moontlik dat die skeerproses jou vel meer sal uitdroog en tot afskilfering en jeukerigheid sal lei. Diegene met ’n sensitiewe vel moet ook versigtig wees, aangesien hulle geneig is om op die duur ’n veluitslag of irritasie te ervaar – hierdie is veral die geval as die regte stappe nie gevolg word nie.

Wenke

Sien jy kans om jou gesig self te skeer? Daar is ’n paar truuks wat jy kan volg om seker te maak die skeerproses verloop veilig en lewer suksesvolle resultate.

  • Maak seker jou vel is skoon en grimeringvry.
  • Gebruik ’n skoon, nuwe enkellem-skeermes. Jy kan die skeermes met suiwer alkohol reinig voor jy begin.
  • Trek jou vel effens styf met een hand terwyl jy skeer. Dit verhoed dat die skeermes oor jou vel glip en gee ook ’n gladder resultaat.
  • Skeer in kort, ligte hale in die rigting van jou haargroei om ingroeihare te vermy.

Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

4 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

6 hours Gelede

My ma se appeltert

8 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.