kategorieë: WenkeSkoonheid

Vrouemaand: #VrouVanDieWeek: Dr. Maureen Allem

Vrouemaand: #VrouVanDie week: Dr. Maureen Allem deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Augustus gesels ons elke week met ’n inspirerende vrou in die skoonheidsbedryf. Laasweek het ons met Carina Franck van Kalahari Lifestyle gesels, en vandeesweek gesels ons met Dr. Maureen Allem van The Renewal Institute.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer het jy The Renewal Institute begin?

Ek het begin om teenverouderingsbehandelings by my huis te doen en het in 2005 die eerste Skin Renewal-tak in Johannesburg oopgemaak. Vandag bestaan The Renewal Institute uit 16 takke en is in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban.

Hoekom het jy Skin Renewal begin?

Ek het baie jare lank daarop gefokus om die uiterlike tekens van veroudering te behandel. Maar maande later sou pasiënte terugkom met dieselfde probleme wat ek tevore suksesvol behandel het. Dit het my laat besef dat jou fisieke voorkoms net ‘n deel is van die groter prentjie en hoe belangrik dit is om kwessies binne en buite die menslike liggaam aan te spreek. Ek het toe ‘n meer holistiese benadering tot teenveroudering begin ondersoek. Dit is baie belangrik om na die algehele toestand van die pasiënte te kyk om agter te kom of daar enige siektes of tekortkominge is voordat ‘n dis-“ease” begin.

Wat was die heel eerste estetiese behandeling wat jý  gehad het?

‘n Ligte chemiese afskilfering, gevolg deur botoks.

Wat was die heel eerste estetiese behandeling wat jy gedoen het?

Botoks (Botulinum Toxin).

Wat is die grootste wanpersepsies wat mense het as dit kom by estetiese behandelings?

Daar is steeds die assosiasie met gevriesde gesigte en “trout pouts”, maar die bedryf het lankal aanbeweeg.

Vandag fokus ons op die struktuur en kontoering as dit by estetiese inspuitings (soos botoks en vullers kom). Namate ons verouder, is daar verlies aan vet, been en kollageen en met die MD Codes™-tegniek van inspuit, kan dokters bepaal watter deel van die gesig hierdeur geraak word.

As jy byvoorbeeld vuller tussen jou wangbeen en spier inspuit, plaas dit nie net meer volheid terug nie, maar dit help ook dat jou ligament in dié deel langer sterk bly.

Estetiese behandelings moet elke mens se unieke eienskappe beklemtoon en elke lewensfase vier.

Het jy ooit diskriminasie gevoel in jou veld omdat jy ’n vrou is?

Nee, sommige van my pasiënte verkies dit juis om eerder deur ‘n vrou behandel te word.

Een van die grootste uitdagings is wel om die stereotipiese siening wat mense oor die estetiese bedryf het te verander.

Hoe het die estetiese bedryf die afgelope paar jaar verander?

Tegnologie is baie meer gevorderd, wat estetiese dokters die geleentheid gee om hul pasiënte se toestande beter te behandel.

Die tendens het ook wegbeweeg van gevriesde voorkoppe en groot lippe tot om eerder sekere eienskappe van die gesig te beklemtoon. Aanvanklik was die doel van estetiese behandelings om jonger te lyk maar vandag is dit om elke lewensfase met selfvertroue te vier.

Vandag kyk ons ook daarna om nie net die probleem te behandel nie, maar ook na die oorsake van die probleem en hoe om dit te behandel.

Aanvanklik was die doel van estetiese behandelings om jonger te lyk maar vandag is dit om elke lewensfase met selfvertroue te vier.

Is pasiënte meer ingelig as tien jaar terug?

Baie is, maar baie ook nie. Wat gereeld gebeur, is dat mense beperkte inligting het ná ‘n gesprek met ‘n vriendin, of deur slegs ‘n artikel half te lees. En om half ingelig te wees kan baie gevaarlik wees.

Een van die grootste wanpersepsies wat daar is, is dat dit ‘n wonderkuur is, maar dit is nie so nie. Dit hang alles af van die toestand wat behandel word, daarom bied ons by Skin Renewal eerder kombinasiebehandelings aan – wat ons oplossings noem.

‘n Ander wanpersepsie is dat estetiese behandelings dadelik resultate wys. Met sommige behandelings is dit wel so, maar estetiese behandelings moet as ’n langtermynbelegging vir jou vel gesien word en gereelde behandelings en sorg is die geheim en om te verstaan dat die uitkomste dan lang termyn sal wees.

Wat is jou eie skoonheidsfilosofie?

Skoonheid skyn van binne af deur. Om gemaklik en vol vertroue te wees spreek boekdele. My beste raad is ook om van jongs af na jou gesig en vel te kyk en te weet dat daar geen wonderkuur is nie, en om elke dag (selfs in die winter!) sonskerm te dra. Daaglikse sonskerm is die heel belangrikste van alles.

Wat is jul gewildste behandelings?

Ons gewildste estetiese behandelings is steeds die injectables wat uit Botulinum Toxin, vullers en threading bestaan.

Wat is van die grootste wanpersepsies wat vroue oor hul eie voorkoms het?

Vroue is geneig om net na enkele eienskappe te kyk en nie hul gesig as ‘n geheel te sien nie. Dit lei daartoe dat hulle net simptome wil behandel, wat daartoe kan lei dat resultate nie natuurlik lyk nie. Dit is belangrik om na die struktuur van die gesig te kyk en om eers kontoering te doen en dan eers herdefiniëring.

Wat is van die grootste foute wat mense maak wanneer dit kom by velsorg en behandelings?

‘n Mens dink dikwels omdat iets vir my vriendin gewerk het, dit vir my ook sal werk. Maar dit werk nie so nie. Ons velle en veltoestande is uniek, daarom is dit so belangrik om eers ‘n velsorgkundige te raadpleeg voordat jy net behandelings laat doen.

Nog ‘n groot fout wat vroue maak, is dat hulle nie geleidelik met ‘n nuwe velsorgroetine begin nie. Dit is noodsaaklik om stadig en geleidelik te begin as jy produkte met aktiewe bestanddele gebruik, anders sal jou vel reageer.

Wat is jou gunsteling-gesigbehandeling?

Ek is gaande oor die Elite Skin Tightening and Anti-Ageing Solution aangesien dit ‘n kombinasie van verskillende behandelings is. Baie jare se ondervinding het my geleer dat ‘n kombinasie van behandelings baie doeltreffender as enkele behandelings is.

En jou gunsteling-lyfbehandeling?

Die Grand body fat and cellulite and skin tightening solution, omdat dit jou vel behandel en stywer maak uit verskeie hoeke en behandelings.

Kry jou naaste salon hier.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.