kategorieë: GrimeringSkoonheid

Hoe om jou wenkbroue uit te groei (en in te kleur)

Agt wenkbroureëls as jy jou wenkbroue laat uitgroei

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Sit jou haartangetjie weg. “As dit moet, gooi die tangetjie weg en los jou wenkbroue vir minstens ses tot agt weke uit.” Meer en meer haartjies sal nader aan  jou wenkbroulyn groei en jou wenkbroue sal voller lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Baie vrouens glo aan ’n wenkbrouserum en ’n mens kan dit gerus oorweeg. Die meeste serums bevat peptiede wat groei van die haarwortels aanmoedig. Onthou, jy moet die serum elke aand gebruik, anders gaan bitter min gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 As ’n serum vir jou aan die duur kant is, probeer ’n bietjie kasterolie. Oosterse vroue gebruik dit al eeue lank om haargroei te bevorder. Masseer elke aand ’n klein bietjie olie in jou wenkbroue in.

4 Skilfer die wenkbroue met ’n ligte gesigafskilferaar af. As jy min tyd het, doen dit sommer terwyl jy jou gesig afskilfer en skilfer bo-oor die wenkbroue ook. Jy kan ook ’n ongebruikte maskaraborseltjie gebruik, maar werk saggies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 Gebruik ’n jel of waks om die wenkbroue te tem. Ons weet die versoeking is groot om daardie wilde uitgroeihaartjies te pluk maar staan sterk!

6 Gebruik wenkbroupoeier om gate in te vul. Jy sal aan die begin waarskynlik sit met ’n paar dele wat kaler as die res lyk. Vul hulle in met wenkbroupoeier en/of ’n -potlood vir ’n netjieser voorkoms.

7 ’n Bietjie verbloemer kan jou wenkbroue netjieser laat lyk. Daardie haartjies wat in die uitgroeiproses wild en woes staan, kan irriterend wees, want onder meer kleef grimering daaraan. ’n Truuk van baie grimeerkunstenaars is om ’n klein bietjie ver-bloemer net bo en onder die wenkbroue te gebruik wat die wenkbrouvorm mooier laat lyk.

8 Laat ’n wenkbrou-ekspert jou wenkbroue vorm. Jy het nou die harde werk gedoen om jou wenkbroue te laat uitgroei, maar om dit te probeer vorm is nie so maklik nie. Vra ’n kundige om die wenkbroue te vorm en moenie skaam wees om raad te vra oor hoe jy die perfekte vorm in stand kan hou nie.

Vul jou wenkbroue só

Stap 1 Borsel jou wenkbroue se haartjies opwaarts.

Stap 2 Onderstreep jou wenkbrou met ’n wenkbrou-potloood naaste aan die kleur van jou wenkbroue.

Stap 3 en 4 vul “gaatjies/oop spasies” in met ’n potlood (onthou: gebruik opwaarste haaragtige hale) of wenkbroupoeier. Kam weer met ’n wenkbrouborseltjie. Maak seker dit is eweredig en nie streperig nie.

Dit het jy nodig

’n Wenkbroupotlood met ’n borseltjie of ’n wenkbrou-poeier wat ook langer sal hou:

Hooffoto: Alan Chapman/Dave Benett/Getty Images

Lees ook: Ons 20 beste grimeerwenke

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

16 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

19 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

19 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

20 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

21 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.