kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Vyf inheemse plante vir waterwyse tuinmaak in Suid-Afrika volgens Tanya Visser

Volhoubare tuinmaak vir ’n groener toekoms

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika, wat stoei met waterskaarstes as gevolg van droogtes, klimaatsverandering en die munisipaliteit se mislukking om in basiese dienslewering te voorsien, moet waterwyse tuinmaakpraktyke gebruik om te help om hierdie kosbare bron te bewaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tanya Visser is ’n bekende tuinpersoonlikheid wat beslis ’n hand met ’n plant het. Sy is ’n tuinier van formaat en maak weer vanjaar haar verskyning by East Coast Radio House & Garden Show.  Sy meen ’n goeie manier om meer waterwys te wees, is om inheemse plante te gebruik wat by die plaaslike klimaat aangepas is en minder water nodig het om te oorleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit is noodsaaklik om waterwyse plante in ons tuine te prioritiseer om die gebruik van hierdie skaars waterbron te verminder, veral in streke met beperkte watervoorsiening.”

Hier is vyf inheemse waterwyse plante wat in Suid-Afrikaanse tuine ingesluit kan word:

’n Gunsteling in menigte huishoudings, is die spekboom (Portulacaria afra – ook bekend as “olifant se kos”) is ’n vetplant wat water in sy blare berg. Dit is boonop ’n wonderlike plant wat koolstof berg en daar is bevind dat dit hoogs doeltreffend is om die impak van klimaatsverandering te versag.

Agapanthus (Agapanthus africanus) se blou-en-wit blomme vang die oog en dit word landwyd in tuine gevind. Hulle is droogtebestand en kan met min water oorleef, wat hulle die ideale keuse vir waterwyse tuine maak. Agapanthus lok ook bye en voëls wat van nektar hou, en daarom is dit ’n goeie keuse as jy wil hê hulle moet jou plante bestuif. Agapanthus is nie net ’n gewilde plant in Suid-Afrikaanse tuine nie, hulle het hul weg oor die wêreld heen gevind en kan in huise se tuine en parke gesien word. Die omvangryke kruisbestuiwing van hierdie plante het aanleiding tot die wonderlikste kleure gegee, van swart tot ’n fluweelpers.

Nog ’n waterwyse plant is die aalwyn (aloe ferox) wat goed in Suid-Afrika se droë weersomstandighede doen. Dit kort nie baie water nie en dit groei steeds goed in swakker grond. Die plant het helende eienskappe en word in tradisionele medisynes gebruik om ’n hele paar kwale soos aknee en skaafplekke te behandel. As die groot aalwyn nie vir jou is nie, kyk uit vir die meer kompakte aalwynhibriede. Hulle word nie geneties aangepas nie en word deur selektiewe teling en kruisbestuiwing geskep. Aangesien hulle kort en klein is, is hulle ideaal vir klein tuine en werk natuurlik goed in potte en bakke.

Die Kaapse heuningbos (Tecoma capensis)  is ’n fynbossie wat vinnig groei en dit gee klosse  buisvormige blomme in oranje en geel wat voëls en bye lok. Die Kaapse Heuningbos doen goed wanneer dit gesnoei word. Dis ’n gewilde keuse om heinings mee te maak.

Die kleurryke blomme van die Afrika-gousblom (Oseaospermum ecklonis), sal met sy skakerings van pers, pienk en wit in enige tuin uitstaan. Die Afrika-gousblom is nie net die beste keuse vir waterwyse tuine nie, maar dit is ook gewild in kliptuine en randakkers. Vlinders is mal oor die groot oop gesiggies van hierdie blomme.

Deur inheemse plante, wat tot die plaaslike klimaat aangepas is en minder water nodig het, te plant kan Suid-Afrikaners help om waterbronne te bewaar en sodoende tot ’n meer volhoubare toekoms bydra. Cairey Baxter-Bruce, die skoudirekteur van die East Coast Radio House & Garden Show, voeg by: “Om waterwyse plante by ons tuine in te sluit, is ’n noodsaaklike stap om seker te maak ons gebruik ons waterbronne op ’n verantwoordelike en volhoubare manier. Hierdie jaar is ‘My huis, my volhoubaarheid’ een van die hoofpilare van ons “My huis, my manier”-gespreksonderwerpe. Ons is opgewonde om te hoor watter ander wonderlike insigte en wenke Tanya Visser en ons ander tuindeskundiges of uitstallers, wat hul oplossings vir volhoubaarheid vertoon, met ons by die vertoning sal deel.”

Moenie die East Coast Radio House & Garden Show vanaf 1 tot 9 Julie 2023 by die Durbanse uitstalsentrum misloop nie. Vir meer inligting oor die East Coast Radio House & Garden Show, besoek die webwerf www.housegardenshow.co.za of volg hulle op Instagram en Facebook deur @housegardenshow te gebruik.

Lees ook: Maak tuin met min geld en min moeite

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

6 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

11 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.