Met meer as tien jaar se ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf is Arno Greeff lankal nie meer ’n nuweling op ons skerms nie. Hy het reeds kykers in gewilde TV-reekse soos Getroud met rugby: Die Sepie, Binnelanders, Legacy en die Netflix-treffer Blood & Water bekoor. In kykNET se splinternuwe dramareeks, Die nuusmakers, sien ons hom in ’n heel nuwe lig as Kyle Munro – ’n selfversekerde, ambisieuse nuusleser wat saam met die legendariese Adri Joubert agter die nuuslessenaar inskuif en geen geheim daarvan maak dat hy sy oog op Adri se kollig het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Dis altyd lekker om ’n spesifieke beroep te verken,” sê Arno. “Jy kry die kans om vir ’n paar weke ’n hele ander lewenservaring te kry. Al die nuustonele het dieselfde adrenalien-belaaide gevoel gehad wat ons ervaar het toe ons self by ’n lewendige uitsending gaan inloer het.”
Die reeks gee kykers ’n blik agter die skerms van ’n nuusredaksie tydens ’n nasionale krisis – en fokus nie net op die soeke na die waarheid nie, maar ook op die emosionele uitdagings van die mense wat dit elke dag aan die land moet oordra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vir Arno was Kyle se ervaring iets waarmee hy op ’n verrassende persoonlike vlak kon identifiseer.
“Kyle is ’n smaakmaker wat nie altyd ernstig opgeneem word nie – iets wat ekself al beleef het omdat ek self baie aktief op sosiale media is. Ek het al baie gevoel dat mense my nie ernstig as akteur gaan opneem as ek te veel deel, of ’n gek van myself maak nie,” vertel hy. “Ek is gelukkig nou op ’n punt waar die twee mekaar eintlik komplementeer.”
Hierdie balans is iets wat ook in Arno se eie lewe deurskemer, veral nou dat hy volstoom aan sy musiekloopbaan bou.
Ná die sukses van sy eerste enkelsnit, “Slow like honey”, is sy jongste lied, “Chasing the highs,” binnekort beskikbaar.
“Dit gaan oor ’n verhouding wat sy koers geloop het, en nou bly daar net verlies, vrae en teleurstelling oor. Dis darem nie so depressing nie, hy’t ’n lekker ritme,” sê hy.
“Daar’s nog musiek op pad, selfs dalk ’n Afrikaanse lied of twee.”
Karlien Meiring het meer by Arno uitgevind oor Die nuusmakers en waaroor hy nog droom.
Ek het besonder lekker saam Rolanda Marais en Roeline Daneel gewerk. Rolanda is een van daardie akteurs wat my nog senuweeagtig maak as ek weet ons het tonele saam, en ons deel baie die skerm in Die nuusmakers. Nie oor sy enigiets doen om my op my senuwees te maak nie, jy voel net jy wil jou beste gee as jy saam met die beste werk.
Ek het geleer dat ’n mens die goedheid in die lewe moet sien, maar goed genoeg ingelig moet wees om te weet wanneer dinge nie reg is nie. Moenie emosioneel raak nie, fokus op die feite.
Om eerlik te wees, en ek sê dit al van die begin af, wil ek net een keer die nice ou wees waarop die vrou verlief raak! Die love interest en nie die slegte eks-kêrel nie. Dit of ’n aksiester!
Alles wat ek doen, en wil doen, is vir my vrou. Iluska inspireer my daagliks. Sy werk hard, sy vat kanse, en sy glo heelhartig in alles wat sy, en ons, doen. Ek het selfvertoue omdat sy dit die hele tyd opbou.
Daar is maar dae wat ek wonder of dit nog die regte pad vir my en ons is. Die baie reis en besige naweke beteken daar’s baie min tyd vir net ons twee. Deesdae raak ek meer kieskeurig oor wat ek aanvaar en kyk hoe ek haar kan betrokke kry of saam met my neem as ek moet reis. Die tipe rolle wat ek nou sal speel, het ook verander. Ek’s nie heeltemal so waaghalsig of oopkop oor alles nie. Ek sal nie iets wil doen wat haar negatief beïnvloed nie.
Die nuusmakers wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Die Kwiksilwers, vervaardig deur Sanktuary Films en geregisseer deur Jordy Sank, vertel die verhaal van vier bejaarde…
Van die bruisende strate van Johannesburg tot die wilde skoonheid van Limpopo se bosveld, en…
Chaos het weer geheers op kykNET se Die brug, toe episode vyf die seisoen se grootste…
Genoeg vir 6-8 Bestanddele 280 ml (1 k + 2 e) sagte botter…
Maak jou eie hoenderaftreksel. Hierdie resep lewer sowat 2,5 liter. Deur Vickie de Beer
Hoendersop word nie verniet Joodse penisillien genoem nie. Daar is bevind dat hoendersop jou werklik…
Hierdie webwerf gebruik koekies.