kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Bonné de Bod oor die nuwe seisoen van ‘Bewonder & bewaar’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom saam met die bekroonde TV-aanbieder Bonné de Bod op ‘n opwindende ekspedisie na die hartjie van die wildernis wanneer sy na ons skerms in die boeiende natuurreeks, Bewonder & bewaar, terugkeer. In die tweede seisoen word sy weer vergesel deur ‘n span van toegewyde navorsers, veeartse en bewaringswetenskaplikes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bekroonde dokumentêre rolprentmaker Susan Scott is weer in die regisseurstoel. Die eerste dokumentêr wat Bonné en Susan saam gemaak het, STROOP – Joune into the Rhino Horn War, was ’n reuse-sukses wat by 40 rolprentfeeste vertoon is en 30 toekennings ingepalm het. Saam ontrafel hulle weer die enigmatiese wonders van moederaarde, wat die buitengewone lewe van diere wat in ongerepte habitatte floreer, aan die lig bring. En elke ontdekking is ‘n bewys van die diepgaande band tussen die mensdom en die natuurlike wêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Soos die vorige seisoen, gaan dit oor die diere, maar dit gaan ook oor die toegewyde individue wat hierdie werk doen. Vir hulle is dit ‘n passie en ‘n roeping. Hierdie is nie jou tipiese natuurreeks nie, ons gee ’n opbouende en dieper insig van die menslike gees omdat ons uitvind watter lewenslesse hulle uit hul tyd in die natuur geleer het,” vertel Bonné.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die dieptes van die see tot die hoogtes van bergpieke beloof elk van die 13 episodes ‘n boeiende vertelling wat nie net opvoed nie, maar ook met kykers se psige sal resoneer.

“My hoop is dat die reeks kykers sal motiveer om meer tyd buite deur te bring, die prag raak te sien en opnuut aan al die klein wonderwerkies in die natuur herinner te word.”

Bonné kan nie wag om veral die jonger kykers se passie vir die natuur op Sondagaande wakker te maak nie.

“Ek hoop van harte dat veral skoolkinders die reeks sal kyk en soos ek sal voel, het toe ek elke Sondagaand voor die televisie gesit het om die natuurprogram 50|50 te kyk. Dit het my op die pad wat ek vandag loop, geplaas en ek is diep dankbaar dat ek meer oor die Afrika-natuur- en diereryk kon leer. Dis nie nodig om te emigreer om groener weivelde te gaan soek nie. Hulle kan ook ’n dr Francois Becker en ’n dr Lin-Marie de Klerk wees, wat vir die planeet werk en ’n vervulde lewe lei,” sê sy.

Karlien Meiring het gaan uitvind wat die ontembare Bonné hierdie seisoen bewonder het en hoe sy haarself bewaar.

Die reeks neem jou na verskeie geïsoleerde en uitdagende plekke. Is daar ‘n ervaring wat jy tydens die verfilming van die tweede seisoen gehad het wat uitstaan?

Daar is so baie! Ek het van die wilde wolwe in Yellowstone gedroom en dit gevisualiseer, so om op ‘n koppie te staan wat oor die bekende Blacktail Plateau-vallei uitkyk en ‘n trop wolwe te sien … ek kan aan niks beter dink nie! Dit is beslis een van my kosbaarste herinneringe. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het, was om na die hoofwolfbioloog van die Yellowstone Wolf Project, Kira Cassidy te kyk, en te sien hoe sy met blink oë opgewonde vir my sê, “Bonné, hierdie wolwe het geen idee dat ek en jy hulle dophou nie, hulle speel en gaan voort met hul lewens, heeltemal onbewus. Wat jy nou sien is ware wolfgedrag.”

Wat is die sleutel om die kenners se passie op die skerm te wys?

Ek doen baie navorsing voor ons met verfilming begin en is altyd op soek na die voorste kenner in hul veld. Interessant genoeg, is die meeste kenners wat ek kontak se reaksie: “O, genade, ‘n storie oor my!? Nee, maar dis nie net ek nie, daar is ’n hele span wat saam my werk.” Ek weet dan ons het die regte persoon – nederig en absoluut gefokus op hul werk.

Sodra ons oor hul navorsingsonderwerp gesels, dan praat hulle! Ek moet dan onbeskof raak sodat ek ’n woordjie kan inkry! Hul passie kom na vore en herinner my dat hierdie nie vir hulle ’n werk is nie, maar ’n roeping. Ek is soms ’n week of twee met hulle, daardie vertroue en gemaklikheid kom met tyd. Dis my werk om hulle te laat voel dat dit net ek en hulle is, amper asof daar geen kamera is nie.

Jy het genoem dat jy onsigbaar, alleen en uitgesluit tydens jou tienerjare gevoel het. Hoe het daardie ervarings jou gelei na waar jy vandag in jou loopbaan is?

Ek dink wanneer mense iemand soos ek sien, wat na al hierdie ongelooflike plekke regoor die planeet reis en wonderlike individue ontmoet, dink hulle: “Wow, dit het só maklik vir haar gebeur, sy het sekerlik ’n maklike lewe gehad.” So geseënd soos wat ek is, is dit vir my duidelik dat die pad wat God vir my uitgelê het, deel van ’n groter doel was. Op hoërskool was dit nie so maklik nie – dit het asof iets verkeerd met my is en dat ek nêrens inpas nie, ek was nie deel van die “in-groep” nie.

Met verfilming vir hierdie seisoen het ek besef dat ek nie die enigste een is wat al met sulke gevoelens geworstel het nie. Selfs Kira Cassidy, die hoofwolf-bioloog in die epiese Yellowstone Nasionale Park in Amerika, het al so gevoel. Ek dink sy het een van die besonderse werke wat daar is, maar my laaste onderhoud met haar vertel sy my dat sy baie alleen en misverstaan in die hoërskool gevoel het. Sy was ook nie deel was van die al die “in-groepe” nie en het gevoel of sy nie ’n plekkie in hierdie wêreld het nie.

Die boodskap wat ek probeer deel is: Kira het moeilike tye in haar lewe gehad en nou het sy een van die beste werke, om daagliks na wolwe in Yellowstone te kyk! Ek het ook moeilike tye gehad en nou lewe ek my passie uit en is op kamera waar selfvertroue en selfbeeld ’n groot rol speel.

Al voel jy nou of jy nie hoort nie, belowe ek jou dat die regte mense en geleenthede soos magnete jou pad sal kruis … en dan sal jy jouself en jou roeping vind.

Jy het al genoem dat geloof ‘n belangrike rol in jou lewe speel. Hoe beïnvloed jou geloof jou werk, veral wanneer jy jouself in die wêreld van wild en natuur verdiep?

Ek voel geweldig geseënd om hierdie werk te kan doen; om die verwondering vas te vang en tot in kykers se sitkamers te bring. Ek voel die naaste aan my Skepper in die natuur. Om elke dag met Sy handewerk bederf te word, help my om perspektief te hou. Ek raak elke dag opnuut opgewonde oor die wonderwerke in die natuur. Om in die middel van die Namib-woestyn se dor landskap te staan en soveel lewe te sien; hoe plante en diere spesiaal aangepas is om in hierdie geharde omgewing nie net te oorleef nie, maar te floreer. Dit kan nie anders as om ’n mens se geloof te verdiep en te versterk nie. Natuurlik is daar ook tye waar ek met verskeie uitdagings gekonfronteer word, maar ek weet ek is geroep om hierdie stories te vertel en die oomblikke wat nodig is om die regte boodskap oor te dra, sal gegee word.

Hoe handhaaf jy ‘n gesonde leefstyl om tred te hou met navorsers tydens uitdagende ekspedisies?

Toe ek destyds vir sewe seisoene ‘n aanbieder op 50|50 was en in die veld verfilm het, het ek gewoonlik energiestafies en lekkers geëet en Coke gedrink om vir my energie te gee. Ek kan nie glo hoe ongesond ek was nie, maar ek was in my twintigerjare, so ek veronderstel dit is te verskone. Ek sal omval as ek dit nou doen! Nou dat ek ouer is, eet ek soveel anti-inflammatoriese kosse as wat ek kan, wat jou liggaam van binne genees en baie energie verskaf. Ek is ‘n groot voorstander van ‘whole foods’, so na aan hoe God dit geskep het. Dus vermy ek dooie koolhidrate, soos in kosse wat vir lang tye op die rak kan sit. Ek probeer ook elke dag 90 min stap en doen gemiddeld tussen 25 en 40 kilometer per week, wat regtig help met my fiksheid en sorg dat ek by die superfikse navorsers, veeartse en wetenskaplikes kan bybly.

Bewonder & bewaar met Bonné de Bod begin op 24 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

6 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.