kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die veelsydige Henck Conrey

Die gewilde Pretoriaanse akteur, aanbieder, sangervervaardiger, regisseur, inhoudskepper, kunstenaar en entrepreneur, Henck Conrey, is al 13 jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Jaco Jansen van Rensburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie bedrywige 36-jarige kom oorspronklik van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, en het destyds regte by die Nelson Mandela Universiteit studeer omdat sy ouers daarop aangedring het dat hy ’n behoorlike kwalifikasie agter sy naam moes hê.

Terwyl hy studeer het, het hy ook as model gewerk en dramaklasse geneem. In sy finale jaar van studies, het sy paaie by ’n oudisie met die akteur en regisseur Reynardt Hugo gekruis – wat vir hom baie deure oopgemaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy regsgraad moes sedertdien redelik stof vergader, want sy toetrede tot die vermaaklikheidsbedryf (’n rol in die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan) was net die begin van ’n roemryke loopbaan van ’n all-rounder entertainer.

Henck en André Lotter het in 2012 ’n musiekduo MAN gevorm nadat hulle albei in ’n musiekblyspel gespeel het en daar ontmoet het. Ná sewe jaar is die Afrikaanse popgroep terug in die kollig met ’n langverwagte nuwe enkelsnit, “Vuur en vlamme”.

Henck, wat onlangs vir twee Silwerskermfeestoekennings vir sy aanbiedingswerk benoem is, is buiten vir sy musiek ook betrokke by verskeie reekse wat in Oktober en November wys, waaronder: Vat Jou Goed en Trek, Fiks of Niks, Reno Race en Dr. NOU. Hy beplan om tien jaar van Vat Jou Goed en Trek met die vrystelling van ’n koffietafelboek te vier.

Asof dit alles nie genoeg is nie, is Henck ook ’n ernstige sakeman en entrepreneur. Hy besit ’n produksiemaatskappy, RichCON, saam met sy sakevennoot, Richard Opperman sowel as verskeie ander ondernemings: ’n eiendomsagentskap genaamd REALty en ’n konstruksiemaatskappy, Warriors of Construction. Saam met ’n derde vennoot, Lizahn Bester, bestuur hulle ook Redhead Productions, ’n teatermaatskappy wat opvoedkundige optredes by skole landwyd aanbied.

Karlien Meiring het meer oor die besige man se vele passies gaan uitvind.

Wat het MAN se terugkeer geïnspireer?

Die afgelope sewe jaar was ek en André ongelooflik bedrywig in ons individuele loopbane, maar ons het gereeld gepraat oor ons wens om MAN terug in die kollig te bring. Ons is tans al twee in die TV-bedryf, ’n plek waar ons baie van ons doelwitte bereik het. Die tyd het eenvoudig net reg gevoel om nuwe lewe in die groep te blaas en ons groei as kunstenaars en mense in ons musiek oor te dra.

Waaroor is jy die meeste opgewonde in verband met jou deelname aan die kykNET-fiksheidsreeks, Fiks of Niks?

Ek en Body20 werk al sedert 2016 aan die konsep van Fiks of Niks. Toe ons aan die einde van 2019 dit wou aanpak, het die pandemie egter ons planne in die wiele gery, maar ons het dadelik aan die werk gespring toe die bedryf dit weer toegelaat het. Die program is vir my so spesiaal omdat ons nie net sewe individue se fiksheidsreise volg nie, maar ook in hul intieme en persoonlike lewens delf. Dis ongelooflik om te sien hoe die mens, ten spyte van verskeie uitdagings, tyd maak om na hul fisieke welstand te kyk. Ek glo die kykers sal dit uiters inspirerend vind om te sien hoe mense van verskillende agtergronde en diverse lewensroetes besluit om hulself en hul persoonlike welstand ’n prioriteit te maak.

Vat Jou Goed en Trek word volgende jaar tien jaar oud! Wat kan ons van die nuwe seisoen en die koffietafelboek verwag?

Ons is bitter opgewonde oor die tiende seisoen! Ons het die seisoen met ’n streng fokus op vernuwing aangepak. Nie net kry ons die eiendomme skougereed nie, die bekwame Hannon gee ook die deelnemers ’n voorkomsvernuwing. Ten opsigte van die koffietafelboek, kan lesers ’n intieme indelwing in my persoonlike en geestelike reis met die program verwag. Dit sal ook ’n hele paar blitswenke oor binnenshuise versiering bevat, wat my ma help saam stel het, sowel as goeie wenke oor eiendom vanuit die oogpunt van ’n eiendomsentrepreneur.

Jou diverse loopbaan strek van aanbieding, sang, vervaardiging, regie, inhoudskepping tot entrepreneurskap. Watter van hierdie rolle geniet jy die meeste?

Ek kan nie kies nie! Ek voel bevoorreg om die geleentheid te kon hê om in soveel afdelings van die bedryf te werk. Ek kan met alle eerlikheid sê ek glo dit is waarom ek nog nooit ’n plato bereik het ten opsigte van my kreatiewe uitdrukking nie. My gunstelingdeel van my werk is dat geen dag dieselfde is nie. Elke dag het sy eie uitdagings en geleenthede om ’n absolute sukses van ’n projek te maak. My maniese werkskedule het my deur die jare soveel oor myself geleer en net sterker gemaak.

Foto: Jaco Jansen van Rensburg

Wat is jou guilty pleasure wanneer dit by vermaak kom? Is daar ‘n reeks wat jy geniet wat jou aanhangers sal verras?

Wanneer ek kans kry, is ek mal daaroor om ou Engelse TV-programme soos Keeping up with Appearances saam met my kat te kyk! Hyacinth Bouquet (B-U-C-K-E-T) het net ’n manier om my te laat skaterlag!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

16 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

19 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

23 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.