kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met dr Lizelle Grobler oor hoe sy met ’n blinddoek aan kan lees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ontmoet vir dr Lizelle Grobler, ’n toonaangewende kenner van korporatiewe opleidingsoplossings, wat in die fassinerende gebied van ooglose visie gedelf het nadat sy verlede jaar ’n transformerende opleidingsessie in Duitsland bygewoon het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ooglose sig, panoptiese visie, ekstra-okulêre visie, of in sommige dele van die wêreld ‘middelbreinaktivering’, is die vermoë om te sien sonder om jou eintlike oë te gebruik. Ons het op skool geleer dat dit nie jou fisieke oë is wat sien nie. Ligimpulse, wat met die hulp van jou oë ontvang word, word na jou visuele korteks gestuur en saamgevoeg in die beeld wat jy sien. Elke mens kan leer om hul brein se ‘sentrum van direkte inligtingspersepsie’ te aktiveer, wat ooglose sig moontlik maak,” verduidelik dr Lizelle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr Lizelle Grobler (Foto: Verskaf)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy is ook ’n gesertifiseerde profileerder en forensiese psigofisioloog met ’n PhD in metafisiese wetenskap en glo korporatiewe bestuurders en spanspelers kan hierdie tegnieke gebruik om te leer hoe om die geweldige potensiaal van hul verstand te benut wat fokus, geheue, kreatiwiteit en probleemoplossingsvermoëns sal verbeter.

“Deur dieper in sielkunde en neurologie met interaktiewe sessies en praktiese oefeninge te gaan, sal jy waardevolle insigte en praktiese hulpmiddels kry om in jou persoonlike en professionele lewe uit te blink. Dit kan spandinamika en leierskapvermoëns verbeter, en ’n kultuur van innovering bevorder,” sê sy.

Karlien Meiring het meer oor die moontlikhede van hierdie deurbraak by dr Lizelle Grobler gaan uitvind.

Ek het baie op die menslike brein gedurende my graad in metafisiese wetenskap gefokus, en het so op ’n dokumentêr van Caroline Cory genaamd Superhumans afgekom. Sy het in Engeland en Duitsland gaan kuier om te sien hoe die tegniek werk en dit het my vreeslik gefassineer. Daar is soveel potensiaal in die opleiding van kinders met hierdie tegnieke, en ek het dadelik geweet dat ek dit graag Suid-Afrika toe wil bring.

Dit was een van die ongelooflikste ervarings van my lewe. Ek is nie regtig seker wat ek verwag het nie, maar definitief nie om te kan sien, soos ek normaalweg doen nie. Die enigste verskil is,dat dit baie helderder is, amper soos om na ’n hoë-definisie-skerm te kyk.

Die eerste keer wat ek dit reggekry het, was dit so helder in my masker dat ek vir ’n oomblik my oë moes toemaak. Dit het gevoel asof daar lig oral instroom. Dis so moeilik om vir iemand die ondervinding te verduidelik en die ervaring is ook vir elke mens anders. Dis wel ’n baie emosionele ervaring vir elkeen. Ons het almal lekker saamgehuil toe oom Robert, wat al 60 jaar blind is, kleure kon onderskei en ’n woord kon spel.

Die terugvoering van organisasies in die algemeen is dat die grootste merkbare verskil na die opleiding die mense se veranderde uitkyk op die lewe is – hulle is minder negatief en meer hoopvol. Die personeel verstaan mekaar beter en verdra dus mekaar se tekortkominge. Dit gebeur dan dat hulle mekaar aanvul en mekaar se sterkpunte gebruik eerder as om kollegas en hul sieninge te probeer verander.

Elke mens moet verantwoordelikheid neem om tyd met hulself deur te bring en hulself te verbeter. Die opleiding bestaan uit teorieë wat blokkasies in ons denkpatrone kan verwyder. Dit verg tyd, konsentrasie, geloof, uithouvermoë en kennis, maar dis definitief die tyd en moeite werd. As jy kan leer waartoe jy in staat is, kweek jy ’n sterker, meer ingeligte en bekwame persoon wat jy dan vir jou kinders kan leer. Die mensdom loop al vir veels te lank met oogklappe aan rond, omdat ons alles wat ons nie verstaan nie, onmiddellik as verkeerd afmaak. Hoekom is ons met sekere vermoëns geskape, as ons dan nie bedoel was om dit te gebruik nie?

Absoluut ’n verbetering in kreatiwiteit en intuïsie!

Die basiese begrip is om meer aandag aan die ontwikkeling van die regterbrein te gee, wat ons vroulike brein is: kreatief, intuïtief en emosioneel. Volgens die Gestalt-teorie organiseer ons brein visuele inligting as geheel in patrone, eerder as om bloot individuele elemente waar te neem.

Die linkerbrein is ons manlike brein, wat meer analities, linguisties, wiskundig en detailgeoriënteerd is en inligting opeenvolgende verwerk.

Partymaal het ons net nodig om meer te fokus op dit wat belangrik is, stil te raak en te luister na die stilte binne jou, want al die antwoorde lê daar.

Jy as mens moet voel dat jy tydens die opleiding gegroei het, bemagtig is en geïnspireer is om ’n verskil te maak: Nie net in jou eie lewe nie, maar ook in almal met wie jy te doen kry se lewe.

Kyk na hierdie video om te sien hoe sy en ander dit beoefen.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Armand Aucamp oor die suksesresep van die reeks, Plan B

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

15 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

18 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

20 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

22 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.