kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Begin met die einde in gedagte: Hoe om die herverkoop van jou voertuig te beplan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om ‘n voertuig te koop is ‘n belangrike stap wat deurdagtig ondersoek moet word. Ons wil almal die voertuig wat ons bestuur geniet. Só ‘n besluit word egter gereeld deur die voertuig se visuele profiel en hoe dit op die pad vaar beïnvloed–emosionele ontlokking wat jou rasionele denkproses kan belemmer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“’n Voertuig is nie altyd ‘n lewenslange verbintenis nie,” sê Keletso Mpisane, hoof van die digitaal-gebaseerde versekeringsmaatskappy, MiWay Blink. “Baie mense sal ‘n paar voertuie in hul leeftyd besit. Sommige mense begeer of benodig ‘n ander voertuig terwyl ander eerder met ‘n goedkoper of kleiner voertuig wil afskaal. Mense se behoeftes verander. Daar is ook talle ander lewensbesluite wat mense aanhits om daardie stap te neem. Dit is hoekom dit belangrik is om die herverkoopswaarde van jou voertuig van die begin af in ag te neem.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Keletso Mpisane, hoof van die digitaal-gebaseerde versekeringsmaatskappy, MiWay Blink. (Foto: Verskaf)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om jou voertuig se ‘einde’ in gedagte te hou kan jou help bepaal watter voertuig vir jou reg is. Dit betrek die kenmerke en spesifikasies wat jy benodig. “Byvoorbeeld; as jy ‘n gesin wil begin en jou voornemings is om jou voertuig vir die volgende vyf tot agt jaar te bestuur, kan jy vir iets redelik ruim soos ‘n SNV (sportsnutsvoertuig) mik. As jy meer avontuurlustig is, sal ‘n 4×4 dalk meer toepaslik wees,” deel Mpisane.

  • Geldsake: Geld beïnvloed baie van die keuses wat jy in jou leeftyd moet maak. Dit hang gewoonlik af van wat jy kan bekostig en wat jy as waardevol beskou. Wanneer dit by die koop van ‘n voertuig kom, gaan dit nie net oor sy aankoopprys nie, maar ook wat jy waarskynlik daarvoor gaan kry wanneer jy dit weer wil verkoop.

“Sommige voertuigmodelle en -handelsmerke is vernaamd vir hul gehalte en ‘kannie dood’ vermoë. Hierdie tipe voertuie se waarde word redelik goed behou terwyl ander weer hul waarde aansienlik vinnig verloor. As jy reeds ‘n duidelike idee het van hoe lank jy jou voertuig gaan gebruik, mag dit meer sin maak om iets te kies wat bekend is vir ‘n goeie inruilwaarde en gewild is op die tweedehandse mark,” noem Mpisane.

  • Wees gerus op die pad: Al word voertuigversekering soms as ‘n wrok-aankoop beskou, is dit ook belangrik om ‘n voertuig se herverkoopwaarde (en jouself) te beskerm. “Dit is gerusstellend om te weet dat as iets op die pad gebeur, jy finansieel gedek is,” sê Mpisane. “Of dit nou ‘n klein duikie is wat herstel moet word of ‘n ruit wat haelskade opgedoen het, is dit belangrik om dit te evalueer. Hierdie geld vir die voertuig se vermoë om normaalweg te funksioneer. Niemand wil ook ‘n voertuig met ‘n gekraakte ruit koop nie.”
  • Voorkoms maak saak: Hulle sê dat skoonheid werklik in die oog van die aanskouer lê. Dit is beslis waar wanneer dit by voertuig-verstellings kom. Sommige aanpassings moet universeel aanvaarbaar wees. Byvoorbeeld, enigiets wat die voertuig se veiligheid verbeter of ‘n tegnologies gevorderde inligting- en vermaaksisteem kan egter waarde tot die voertuig voeg. ‘n Verstelde uitlaatpyp of donkerder ruite sal nie dieselfde uitweg hê nie.
  • Is dit die ekstra kilometer werd… of nie: Jou voertuig se aantal kilometers speel ‘n sleutelrol in sy herverkoopwaarde. Hoe meer ‘n voertuig gereis het, hoe meer sal sy waarde daal. Dit beteken darem nie dat jy nie met jou voertuig moet ry nie – dit is immers waarvoor dit gebruik moet word.

Maak seker jy weet hoe baie jy in die toekoms wil ry veral as jy ‘n spesifieke herverkoopwaarde in gedagte het.

  • Versorg en onderhou: As dit die plan is om jou voertuig binne een jaar, vyf jaar of 10 jaar te verkoop, probeer jou bes om jou voertuig se toestand te onderhou. Jou bestuurstyl, ‘n gereelde diens deur ‘n gesertifiseerde motorwerktuigkundige en gereelde instandhouding kan hiertoe bydra.

“Dit is slim om jou motor deur sy vervaardiger of ‘n goedgekeurde derde party te laat diens. Maak seker dat al jou dienste gedokumenteer word sodat jou voertuig ‘n duidelike diensgeskiedenis het. Dit sal uiteindelik baie nuttig wees wanneer dit tyd is om jou voertuig te verkoop,” sluit Mpisane af.

Lees ook: Hou só by jou begroting

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

53 mins Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

17 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

20 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

22 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

24 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.