Beskerm jou vel vir die toekoms: My LUMECCA™ IPL-ervaring

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ’n kragtige hulpmiddel om die tekens van veroudering om te draai en jou vel te laat straal. Jade Smith, die hoof van skoonheid by Woman & Home, kyk dieper na LUMECCA™ IPL en hoe dit kan help om ouderdomsvlekke en are te verminder en die vel se algehele tekstuur te verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Begin jou verjongingskuur vroeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My eerstehandse ervaring van LUMECCA™ IPL by Dr Nerina Wilkinson + Associates

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het eers ’n konsultasie gehad wat ’n Visia-velontleding ingesluit het. Dit was tegelykertyd opwindend en angswekkend. Die gevorderde tegnologiese masjien skandeer die vel en ontbloot alles. Dit verklap selfs wat jou vel se werklike ouderdom is. Vir sommige mense is hul vel ouer as hul chronologiese ouderdom. Toe ek my velsorgreis met Dr Nerina Wilkinson + Associates begin het, was my vel 36 jaar oud (my werklik ouderdom is 38) wat glo nie te sleg vir ’n Suid-Afrikaner is nie. Ongelukkig is ons liefde vir die son nie goed vir ons vel nie en dit lei tot vroeë verouderingsprobleme. Dit is te danke aan my jare in Londen, waar die son min skyn, dat ek ’n paar jare gewen het! Ná ses maande op my velsorgreis en behandelingsplan, was my vel 30 jaar oud! Dis ’n ongelooflike verbetering, en ek was werklik bly hieroor. Die LUMECCA™ IPL het ’n noodsaaklike rol hierin gespeel: Dit het die rooiheid oor my wange verbeter deur die meeste van daardie irriterende spinnekop-are rondom my neus en ken te verwyder en die algehele tekstuur van my vel glad te maak.

Lees ook: Verstaan die binnewerking van veroudering: Die volume-dilemma

Wat is LUMECCA™ IPL, en hoe werk dit?

LUMECCA™ IPL is ’n nie-indringende skoonheidsprosedure wat ligte pulsering van ’n hoë intensiteit gebruik om die verskeie velprobleme te teiken. Terwyl laserbehandeling ’n enkele golflengte van lig gebruik, gebruik IPL breë-spektrum-golflengtes. Hierdie veelsydigheid maak dat IPL ’n verskeidenheid van velkwessies tegelykertyd kan aanspreek.

Tydens LUMECCA™ IPL dring die lig deur die dermis en sit dit in hittekrag om, wat beheerde inflammasie skep. Hierdie proses veroorsaak dat herstellende groeifaktore inwerking tree en dit stimuleer fibroblaste, wat nuwe kollageen en elastien vervaardig – die geheim agter fermer en stywer vel.

Wanneer dit by pigmentasie kom, teiken die ligkrag die vlekke en sit dit in hitte om wat dit opbreek. Dit lei daartoe dat die vlekke of van die vel se oppervlak afskilfer of ingeneem en deur die limfstelsel uitgeskei word. Dit verbeter enige skade wat die son aangebring het asook ouderdomsvlekke. Een van die grootste voordele van LUMECCA™ IPL is dat dit die vermoë het om jou velkleur orals eweredig te maak. Deur die oormaat melanien te teiken, wat pigmentasieprobleme soos son- en ouderdomsvlekke veroorsaak, help die IPL-behandeling om jou vel se egalige gelaatskleur te herstel. Dit laat die vel beter lyk en dra tot ’n jeugdige gloed by.

Wanneer dit by vaatryke letsels (daardie lastige spinnekopare) kom, word ligkrag deur die oksihemoglobiene in die bloedvate opgeneem, wat dit in hittekrag verander om vate te laat stol. Die gestolde bloed word dan opgeneem en deur die limfstelsel uitgeskei word, wat die rooiheid en sigbaarheid van gebreekte bloedvate verminder.

Wat kan LUMECCA™ IPL help verbeter?

LUMECCA™ IPL wat deur Dr Nerina Wilkinson + Associates toegepas word, is doeltreffend daarin om die voorkoms van die volgende probleme te verbeter:

  • Sonskade en ouderdomsvlekke (rooi/bruin pigmentasie)
  • Klein are op die gesig, soos telangiektasies (spinnekopare) en poikiloderma
  • Algehele tekstuur, gladheid en helderheid
  • Rosacea (rooiheid)
  • Sproete

Is dit seer en hoe lank moet jy afvat?

Gedurende my LUMECCA™ IPL-sessies, het ek ’n ligte warmsensasie ervaar soos die lig op my spesifiek geteikende probleemareas gepols het. Die prosedure was vinnig en meestal gemaklik. Die enigste keer wat ek ongemak ervaar het, was toe my terapeut seker spinnekopare rondom my neus geteiken het. Dit het bietjie gevoel asof ek met ’n rekkie geskiet word. Dit was nie lekker nie, maar toe ek sien hoe die are verdwyn, het dit die kortstondige steekpyn verlig. Ná die behandeling het ek bietjie rooi gelyk, maar glad nie so erg dat ek in my kamer wou wegkruip nie! My vel het die volgende dag heeltemal normaal gelyk. Oor ’n paar weke het ek verbeterings in die algehele tekstuur van my vel opgemerk: Dit was helder en glad, veral met die pigmentasie en letsels, wat verminder is.

Hoe lank neem dit om resultate te sien, en hoeveel sessies het jy nodig?

Gepigmenteerde letsels (sonvlekke) en vaatryke letsels sal ná elke behandeling verbeter. Die kollageen wat gestimuleer word, sal voortgaan om jou vel oor die volgende drie maande te herstel en te verbeter.

Dis raadsaam om meer as een behandeling te kry om sigbare resultate te sien, en ’n professionele velsorgterapeut is die beste persoon om jou pasgemaakte plan uit te lê. Maak nou jou afspraak vir ’n konsultasie by skinclinic@drnwilkinson.co.za

Vir meer inligting oor LUMECCA™ IPL: https://drnerinawilkinson.co.za/skin-science/treatments/lumecca-ipl-treatment/

Lees ook: WEN ‘n Hello Sunday-geskenkpak van Clicks, ter waarde van R2 000!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

2 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

3 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.