kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die afwesigheid van 7de Laan sedert laas jaar Desember het ’n leemte in die harte van baie aanhangers gelaat, maar Kristen Raath, veral bekend vir haar meesleurende vertolking van Amorey Welman in dié sepie, is vasbeslote om daardie leemte met ’n vars en dinamiese vertoning te vul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek was maar 19 toe ek daar begin het en was baie groen – ek het niks van die bedryf en TV-werk geweet nie. Ek kan ’n boek oor al die mooi en spesiale oomblikke skryf,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die sepie was 23 jaar lank op die kassie en met die einde van hierdie bekende wêreld, het ’n nuwe hoofstuk in haar loopbaan ontvou. Sy vertolk nou die rol van die “pligsgetroue beheervraat” Kyla in Showmax se nuwe gewaagde en kontemporêre Afrikaanse universiteitsdrama, Wyfie.

Volgens Kristen kan haar ervaring by 7de Laan met die woord “groei” opgesom word. “Ek het so baie in my tyd daar geleer en het daar uitgestap met die wete dat ek myself sowel as my instinkte en vaardighede as aktrise kan vertrou. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter leerskool gevra het nie. Ek is so dankbaar vir die kosbare lesse wat ek saam met my na Wyfie kon vat.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie drama bied ’n kykie in die komplekse lewe van vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis, wat die uitdagings van die fiktiewe Eike-universiteit navigeer.

Lees ook: Showmax se universiteitsdrama, ‘Wyfie’ is hier!

Wyfie kom vanuit die veelbekroonde Homebrew Films-stal (Trompoppie, Magda Louw) en die Safta-wenner Johan Cronjé (Wonderlus, Nêrens, Noord-Kaap) dien as die reeksregisseur. Ook in die rolverdeling van dié reeks – wat ’n R18-ouderdomsperk het – is name soos Beata Bena Green (Arendsvlei, 7de laan) as Shay, Celeste Loots (One Piece, Trompoppie) as Amanda en Mienke Ehlers (Dinge van ’n kind) as Mia.

“Universiteit is ’n baie interessante tyd in jou lewe, waartydens jy baie van jouself en van die wêreld wat jy as ’n volwassene probeer aanpak, ontdek,” sê Johan.

“Dis ’n tydperk van grootword waar jy jou eie identiteit begin heroorweeg. Dít skep ’n mooi ruimte om stories van vernuwing, en ontdekking van die lewe, te ontgin.”

“Mense moet Wyfie kyk omdat ons nie bang was nie, omdat ons nie skaam was nie,” sê Johan. “Ek het in pre-produksie daarna verwys as ’n storie wat nie skaam mag wees nie. Dis ’n baie eerlike storie en nie bang om universiteitslewe te wys soos dit werklik is nie. Ek glo mense wil hulself op skerm herken, en baie daarvan kom daarop neer dat jy (as TV-skepper) nie wegsteek hoe die lewe regtig is nie. Enigiemand wat al koshuislewe ervaar het, kan by die storie en karakters van Wyfie aanklank vind.”

Karlien Meiring het meer oor Kristen se nuwe belowende hoofstuk gaan uitvind.

Wat het jou aangetrek tot die rol van Kyla in Wyfie, en watter aspekte van die karakter het by jou aanklank gevind?

In dieselfde week wat ons van 7de Laan se kansellasie gehoor het, het ek ’n oudisie vir Kyla afgelê, al het sy my nie aanvanklik aangetrek nie. Die rol het my bietjie bang gemaak omdat ek glad nie soos sy is nie en die verfilming in Kaapstad, ook vir my onbekend sou wees. Dit het egter vir my gevoel asof Kyla my so nodig gehad het dat ek nie ’n ander keuse gehad het as om die sprong te neem nie. Ons het maar ’n love hate relationship gehad voordat ek in haar wese in kon klim. Noudat ek werklik weet wie sy is, vind ek ongelooflik baie aanklank by haar en voel bevoorreg om haar te vertolk. Soos ek, is sy ’n people pleaser. Toe ek jonk was, het ek baie my eie vlam onderdruk omdat ek nie die selfvertroue gehad het om myself vir die wêreld te wys nie. Kyla het ook so klein vlammetjie wat brand en ek hoop mense hou aan kyk wat daardie vlam doen, want ek dink dit gaan ’n paar dinge afbrand…

Hoe hoop jy sal die program gesprekke beïnvloed oor onderwerpe wat voorheen taboe in die Suid-Afrikaanse samelewing was?

Hierdie storie is so real, ons is net mense wat mense vertolk. Ons hoop is dat dit gesprekke aanmoedig oor onderwerpe wat taboe is. Dis juis taboe omdat niemand daaroor praat nie. Solank mense hulself kan uitdruk, het ons ons doel bereik. Almal gaan op ’n tyd deur dieselfde tipe issues.

Hoe meer ons hierdie onderwerpe normaliseer, hoe beter gaan elkeen se tyd hier op aarde wees. Ek hoop Wyfie laat toe dat kykers hul eie waarheid sonder die vrees van oordeel kan aanvaar en uitleef.

Watter raad sal jy aan aspirant-akteurs gee op grond van jou eie reis en ervarings in die bedryf?

“Never say never” en “Never think you have arrived.” Babe Ruth het ook ’n aanhaling waarvan ek baie hou: “Never let the fear of striking out keep you from playing the game.” Ek het vir so lank nie kanse gewaag nie omdat ek te bang was. Dit het my al harde lesse geleer oor hoe simpel vrees in vergelyking met jou siel se bestaan is. As akteurs sit ons maar ons harte voor vir ander om te oordeel. Sodra jy gemaklik daarmee voel, gaan vir ’n oudisie by ’n agentskap en klim in die bedryf in!

Foto: Blyde Smit/ Sowaar Studios

Wat is jou heel gunstelingreeks wat jy oor en oor kan kyk?

Ek het maar ’n droë sin vir humor, so ek geniet veral The Office en ’n reeks genaamd Happy Endings wat ek en my broer graag saam kyk.

Wanneer jy nie op stel is nie, wat doen jy graag waarvan aanhangers dalk nie weet nie?

Ek is mal oor thrifting en was jare laas in ’n gewone winkel. Ek koop alles tweedehands – behalwe onderklere! Ek probeer elke jaar om oorsee te gaan en noudat ek in ’n nuwe provinsie bly, geniet ek dit om weg te breek en ons land se skatte te ontdek. Ek het ’n baie avontuurlustige kat wat saam met my nuwe plekkies ontdek en gaan stap. Musiek is natuurlik ook deel van my wese.

Kyk die eerste vier episodes Wyfie op die nuwe Showmax-platform.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

2 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

19 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

22 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.