kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Reën-sangeres en aktrise Nolene Spinks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nolene Spinks (22) het aanvanklik naam gemaak nadat sy die sesde plek in Emo Adams se gewilde Maak My Famous-werklikheidsprogram en sangkompetisie op kykNET behaal het. Sy is later op TikTok deur musiekvervaardiger Murray Lubbe raakgesien en aangemoedig om haarself aan die immergewilde sangduo Reën toe te wy. Die groep het oorspronklik uit Richann Brussow en René de Klerk bestaan, wat bekendheid op kykNET se 13de seisoen van Boer soek ’n vrou verwerf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nolene en Richann, as die nuwe Reën, het sedertdien ’n klomp treffers vrygestel, onder meer “Skobbejak” waarin Refentse ook gehoor word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nolene, oorspronklik van Gqeberha, hou haar lyf deesdae ook aktrise in kykNET se gewilde telenovelle Diepe Waters as die karakter Christelle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy kom uit ’n musikale familie en sê dit is onmoontlik om die presiese datum uit te wys waarop sy begin optree het: “As kind het ek vroeg Saterdagoggende sitkamer toe gegaan en al drie die High School Musical-flieks gekyk. Ek het elke liedjie uit my kop uit geken, uit volle bors saamgesing en my verbeel dat ek deel van die fliek was. Dit het vinnig deel van my lewe geraak – soveel so dat ek tot my skoolwerk in musiek verander het om dit te onthou!”

Sy het om hierdie rede besluit om musiekproduksie deur die Trinity London College te studeer.

Karlien Meiring het meer oor die veelsydige brunet gaan uitvind.

Foto: Gerduan Kemp

Wat was sover vir jou die grootste aanpassing van toneelspeel in vergelyking met sangeres wees?

Ek sou nie sê dat daar veel van ’n aanpassing is nie aangesien ek van kleintyd af in produksies en soms ook in musiekblyspele gespeel het. Daar is baie van dié twee beroepe wat ooreenstem. Net soos ek video’s van ons optredes oor en oor kyk, kyk ek gereeld na die Diepe Waters-episodes om te sien waar ek kan verbeter. In albei my beroepe werk ek saam met mense na wie ek nog altyd opgekyk het, en dit druk my elke dag tot my uiterste. Met sang en toneelspel beweeg produksie ook bitter vinnig en wil jy graag alles die eerste keer reg doen. Ek geniet hoe uitdagend dit is! Albei die beroepe maak my eerlikwaar bang, maar ek sal dit vir niks verruil nie.

Wat is die grootste les wat jou Diepe Waters-karakter, Christelle, jou geleer het?

Die karakter van Christelle het so baie lesse wat sy ons leer – iets anders vir elkeen. Vir party is sy ’n tentoonstelling van “jy het ’n stem. Vir ander stel sy “jy sal oukei wees” voor. Vir my, is die grootste boodskap wat sy oordra oppas aan wie jy jou hart leen”. Ek raak vinnig geheg aan iemand en sal al vroeg in die verhouding my alles gee as dit daardie persoon kan help. Die probleem is, nie almal redeneer so nie en wanneer jy hulle nodig het, is daar soms verskonings. Christelle het te vinnig, te geheg aan Johan geraak en nou moet sy ’n baie moeilike besluit op haar eie maak oor haar en haar kind se lewe vorentoe. Wag net ’n bietjie voordat jy alles vir die eerste persoon wat ogies gooi, wil gee. Die regte persoon sal kom, jy is waardig om ook regte liefde te ervaar.

Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore met jou talente (op TV of agter die mikrofoon) betower nie?

Tans is musiek en toneel my voltydse werk en hoofinkomste, maar ek het onlangs my liefde vir sosiale media ook begin benut deur hande te vat met ’n paar ondernemings en handelsmerke om die inhoudskeppingsveld te verken. Ek werk as ’n sosialemediabestuurder vir ’n paar ondernemings: Ek stig hul sosialemediaplatforms, bemark hul produkte/dienste en hanteer hul navrae, besprekings en e-posse. Verder is ek gedurig besig met nuwe planne vir die toekoms en het selfs al in my vrye tyd ’n kursus deur die Universiteit van Kaapstad voltooi. Ek sit nie juis stil nie – ek wil nie wag tot ek ouer is voor ek iets bereik nie!

Foto: Gerduan Kemp

Watter liedjie van Reën is jou gunsteling om by vertonings te sing?

“Skobbejak” – dis die liedjie wat die meeste reaksie uit ’n gehoor kry en die lied waarop ek ook kan rondspring en myself geniet. In daai oomblik is ek nie meer ’n kunstenaar nie, maar weer die meisie wat voor die spieël in haar kamer met ’n borsel as ’n mikrofoon konserte gehou het. Wanneer ons “Skobbejak” opvoer, ervaar ek ’n “this is what I want to do for the rest of my life”-oomblik.

As jy net een resep op jou Instagram-kosblad vir iemand moet aanbeveel, watter een sal dit wees?

My gunstelingresep op my blad, Culina, is Sticky Honey Ginger Wings. Dit het vir my die regte balans van soet en sout en het ’n Chinese geur.

Volg Nolene op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die komedie-inhoudskepper Mel die Storieverteller

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

8 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

11 hours Gelede

My ma se appeltert

12 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.