kategorieë: KalenderOntspanning

Wade Bales Cap Classique & Gin Affair

Kan jy dink aan ’n beter manier om die begin van somer te vier as om aan die beste vonkelwyne te teug en om die nuutste craft jenewers te probeer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Wade Bales Cap Classique & Gin Affair vind gedurende die naweek van 25 November in Johannesburg plaas en bied jou die geleentheid om te ontspan terwyl jy aan vonkelwyn en gin teug. Die feesvieringe vind plaas by die Roof Top Terrace Bar van die Southern Sun Hotel in Hyde Park. ’n Gesofistikeerde en stylvolle ervaring word beloof, met ’n pragtige uitsig en goeie musiek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar sal meer as 50 van Suid-Afrika se top-MCC vonkelwyne (almal gemaak in die Methode Champenoise-styl) beskikbaar wees, insluitend Graham Beck, Steenberg, Krone en Simonsig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Proe en vier ook die drankie wat die vinnigste groei in die wêreld: jenewer! Daar sal meer as 20 craft jenewers wees om te beproef en plaaslike vervaardigers sal hierdie geleentheid bywoon om hul kennis en unieke insig oor dié drankie te deel.

Foto: Conrad Bester

Meer inligting

Datums: Saterdag 25 November: 15h00 – 19h00 en Sondag 26 November: 13h00 – 17h00

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Plek: Roof Top Terrace Bar, Southern Sun Hotel, Hyde Park, Johannesburg

Kaartjies: Early Birdkaartjies kan gekoop word deur Quicket teen R230 per persoon tot en met Maandag, 30 Oktober 2017

Daarna sal dit R290 per persoon kos. Hierdie fooi sluit in ’n gratis vonkelwynglas en onvoorwaardelike toegang tot al the MCC en jenewer-produkte wat op die dag beskikbaar sal wees. Dit sluit verder ses oesters per persoon in om die geleentheid af te rond. Verdere kos sal te koop wees by die hotel.

Daar is beperkte kaartjies, so bespreek vooruit om teleurstelling te vermy.

Besoek die webblad hier vir meer besonderhede of koop jou kaartjies hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.