kategorieë: KalenderOntspanning

Wat is dié Julie nuut in die fliekteaters?

Wat is dié Julie nuut in die fliekteaters? – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ‘n lys van nuwe flieks wat dié maand uitgereik word:

Spider-Man: Far From Home

In teaters vanaf 5 Julie 2019

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Spider-Man: Far from Home is ’n Amerikaanse superhero-fliek, gegrond op die Marvel Comics-karakter Spider-Man. Die fliek is saamgestel deur Columbia Pictures en Marvel Studios en word deur Sony Pictures Releasing versprei. Dit is die opvolgfliek  van Spider-Man: Homecoming wat in 2017 uitgereik is en die 23ste fliek in die Marvel Cinematic Universe (MCU). Jon Watts is in die regisseurstoel en Chris McKenna en Erik Sommers het die draaiboek geskryf. Die gewilde jong akteur Tom Holland speel die rol van Peter Parker (Spider-Man) en veteraan-akteurs Samuel L. Jackson en Jake Gyllenhaal is ook in dié fliek te sien. Ander sterre sluit in Zendaya, Cobie Smulders, Jon Favreau, JB Smoove, Jacob Batalon, Martin Starr en Marisa Tomei.

Lees ook: Margaret Gardiner gesels met Tom Holland van Spider-Man

In Spider-Man: Far From Home word Peter Parker deur Nick Fury en Mysterio gewerf om bedreigings van ‘n ander dimensie te beveg terwyl hy op ’n skoolvakansie in Europa is.

Greta

In teaters vanaf 5 Julie 2019

Greta is ʼn eietydse sielkundige riller deur die Oscar-bekroonde regisseur Neil Jordan, en word deur Filmfinity (Edms) Bpk. Versprei.

Frances McCullen (Chloë Grace Moretz) kry ‘n verlore handsak op ’n moltrein in New York en besluit om dit so gou moontlik aan die eienaar terug te besorg. Die goeie daad laat Frances paaie kruis met die middeljarige weduwee, Greta (Isabelle Huppert) – ‘n eksentrieke Franse klavieronderwyser wat tee en klassieke musiek liefhet.

Frances werk as ’n kelnerin by ’n spoggerige eetplek in Manhattan, mis haar oorlede ma en voel verwyder van haar pasgetroude pa. Haar enigste ware vriendin, Erica Penn (Maika Monroe), is ’n lawaaierige 20-plusser uit ’n gegoede familie met wie sy ’n woonstel deel.

Omdat sy oor haar ma se dood treur, raak Frances betrokke in ’n onkonvensionele vriendskap met Greta. Maar toe Greta se gedrag toenemend wisselvallig en obsessief word, doen Frances alles wat nodig is om die giftige verhouding te beëindig voordat dinge buite beheer raak.

Yesterday

In teaters vanaf 5 Julie 2019

Yesterday is ‘n Britse romantiese komedie met Danny Boyle as regisseur. Die fliek, gegrond op die  oorspronklike draaiboek deur Jack Barth en Mackenzie Crook, is deur Richard Curtis geskryf. Dit handel oor Jack Malik (Himesh Patel), ‘n sukkelende musikant, wat ná ‘n ongeluk agterkom dat hy die enigste mens ter wêreld is wat die Beatles onthou. Jack begin van hul liedjies sing en beweer dat hy hulle geskryf het. Hy verander oornag in ‘n Internetsensasie en sy sukses lei tot ‘n demo saam met die plaaslike musiekprodusent, Gavin. Lily James, Ed Sheeran en Kate McKinnon is ook in die fliek te sien.

Lees ook: 14 dinge wat jy dalk nie van Ed Sheeran geweet het nie

Child’s Play

In teaters vanaf 12 Julie 2019

Child’s Play is ‘n Amerikaanse gruwelrolprent met Lars Klevberg in die regisseurstoel. Die draaiboek is deur Tyler Burton Smith geskryf as ‘n nuwe weergawe van die gelyknamige 1988-fliek. Die akteurs is onder meer Gabriel Bateman, Aubrey Plaza en Brian Tyree Henry, met Mark Hamill as die stem van Chucky. Die fliek handel oor ‘n gesin wat deur ʼn moorddadige pop geterroriseer word.

Stuber

In teaters vanaf 12 Julie 2019

Stuber is ‘n Amerikaanse aksie-komedie geskryf deur Tripper Clancy met Michael Dowse as regisseur. Kumail Nanjiani, Dave Bautista, Iko Jouais, Natalie Morales, Betty Gilpin, Jimmy Tatro, Mira Sorvino en Karen Gillan is almal in dié fliek te sien wat deur 20th Century Fox en GoldDay Productions versprei word.

‘n Saggeaarde Uber-bestuurder, Stu (Kumail Nanjiani), laai onwetend ʼn LAPD-speurder genaamd Vic Manning (Dave Bautista) op wat op die spoor van ‘n sadistiese, bloeddorstige terroris is. Stu bevind hom gou in ‘n beproewing waarin hy moet kophou, gevaar moet vermy en alles moet doen wat sy passasier vra om te verseker dat hy sy hoë kliëntediensgradering behou.

Rembrandt

Wéér in teaters vanaf 13 Julie 2019

Vanjaar is die 350ste herdenking van Rembrandt se dood en die gewilde fliek Rembrandt sal vanaf 13 Julie 2019 weer in gekose teaters te sien wees. Dit  verken dié Nederlandse kunstenaar se werk. Baie mense beskou Rembrandt as die grootste kunstenaar wat tot nog toe geleef het, en dié rolprent verken die waarheid oor die man agter die legende.

Die fliek wys by Rosebank Nouveau in Johannesburg, Brooklyn Nouveau in Pretoria en Ster-Kinekor Gateway Nouveau in Durban.

The Lion King

In teaters vanaf 19 Julie 2019

The Lion King is ‘n Amerikaanse musiekdrama met Jon Favreau as regisseur. Die draaiboek is deur Jeff Nathanson geskryf, en deur Jon Favreau se produksiemaatskappy, Fairview Entertainment, vir Walt Disney Pictures vervaardig.

Dit is ‘n fotorealistiese, rekenaar-geanimeerde, nuwe weergawe van die tradisioneel geanimeerde 1994-fliek met dieselfde naam. Die bekende stemme van Donald Glover, Seth Rogen, Chiwetel Ejiofor, Alfre Woodard, Billy Eichner, John Kani, John Oliver en Beyoncé Knowles-Carter word in die fliek gehoor en James Earl Jones is weer die oorspronklike stem van Mufasa.

Simba, die seun van Mufasa en die Prins van die Pride Lands, hoop om in sy pa se voetspore te volg. Mufasa se broer, Scar, beplan om Mufasa te verraai en die Pride Lands oor te neem en Simba in ballingskap te dwing, waar hy vir Timon en Pumba ontmoet. Simba moet ‘n alliansie maak en die verlede konfronteer om sy koninkryk te herwin.

Crawl

In die teater vanaf 26 Julie 2019

Crawl is ‘n Amerikaanse gruwelrolprent met Alexandre Aja as regisseur. Michael en Shawn Rasmussen het die draaiboek geskryf en die fliek word deur Paramount Pictures versprei.

‘n Geweldige “kategorie 5”-orkaan tref hul Florida-dorp en Haley Keller (Kaya Scodelario) ignoreer die dorp se ontruimingsbevel om na haar vermiste pa, Dave (Barry Pepper), te gaan soek. Sy kry haar ernstig beseerde pa in hul huis. Maar die stygende vloedwater en groeiende storm is nie hul grootste probleem nie.  ‘n Meedoënlose aanval deur ‘n groep reuse-krokodille is ‘n groter bedreiging …

The Current War

In teaters vanaf 26 Julie 2019

The Current War vertel die storie van die “stroomoorlog” tussen die grootste uitvinders van die industriële era – Thomas Edison en die vennote George Westinghouse en Nikola Tesla – wat bepaal wie se elektriese stelsel die moderne wêreld sal dryf. Dis ’n historiese drama wat geskryf is deur Michael Mitnick, met Alfonso Gomez-Rejon in die regisseursstoel. Die bekende gesigte van gewilde akteurs soos Benedict Cumberbatch, Michael Shannon, Nicholas Hoult, Tom Holland, Katherine Waterston, Simon Manyonda en Tuppence Middleton kan in dié fliek gesien word.

Midsommar

In teaters vanaf 26 Julie 2019

Midsommar is ‘n folk-gruwelfliek met Ari Aster as regisseur en draaiboekskrywer. Florence Pugh, Jack Reynor, William Jackson Harper, Vilhelm Blomgren en Will Poulter speel hierin.

Die fliek volg ‘n groep vriende wat na Swede reis vir ‘n fees wat slegs elke negentig jaar plaasvind. Kort voor lank verander dié somerfees in ‘n sinistere, gevreesde nagmerrie waar die vriende hulle in die greep van ‘n goddelose kultus bevind.

The Best of Enemies

In teaters vanaf 26 Julie 2019

The Best of Enemies is ‘n Amerikaanse drama met Robin Bissell as draaiboekskrywer én regisseur. Die fliek is gegrond op Osha Gray Davidson se boek The Best of Enemies: Race and Redemption in the New South. Die fliek fokus op die onwaarskynlike verhouding tussen die burgerregteaktivis Ann Atwater en die Ku Klux Klan-leier, C.P. Ellis. Die gewilde veteraanaktrise Taraji P. Henson vertolk die rol van Ann Atwater en C.P. Ellis word deur Sam Rockwell gespeel. Verder is Babou Ceesay, Anne Heche, Wes Bentley, Bruce McGill, John Gallagher Jr. en Nick Searcy ook in die fliek te sien.

Vir Avengers-aanhangers …

Het die einde van die fenomenale Avengers-verhaal jou teleurgestel? Of, liewer laat voel asof meer as die helfte van jou heelal verdwyn het?

Dan het ons goeie nuus vir jou! Getroue Marvel-aanhangers kan uitsien na ‘n heruitreiking van die Marvel Universe se jongste skepping, Avengers: Endgame.

Op 12 Julie 2019 word Avengers: Endgame vir die tweede keer uitgereik, maar dié keer met addisionele inhoud. Aanhangers word bederf met ‘n video-inleiding deur die regisseur, Anthony Russo, en ‘n onvoltooide deleted scene met Hulk uit die fliek. Verder sal daar ook ‘n lokloertjie gewys word van Marvel Studios se Spider-Man: Far From Homevir diegene wat dit nog nie gesien het nie. Daar is ook ‘n spesiale huldeblyk aan die legendariese Stan Lee – ‘n werklike held!

Fantasties, waar kan ek dit gaan kyk?

Ster-Kinekor Teaters: Gateway, Kolonade, Capegate, Parow, Cresta, The Zone @ Rosebank, Irene, Mall of Africa, Sterland en Eastgate.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.