kategorieë: Gesondheid

Wat is IV-terapie?

Net soos jy in die hospitaal op ’n drup met medikasie en binneaarse voeding geplaas kan word, bied alternatiewe praktyke ook binneaarse terapie (intraveneuse, IV) aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Verskillende middels word toegedien waarvan die gewildstes waterstofperoksied, vitamien C (vloeibaar maar eintlik dieselfde as vitamien C-aanvullers), cheleerders, stamselle, plaatjieryke plasma (PRP) en glukose (suiker) is, sê dr. Priscilla Rowan, mediese dokter van Edenvale, Johannesburg, en lid van SASIM (SA Society for Integrative Medicine), wat op alternatiewe terapie fokus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is van die gewildste soorte IV-behandelings:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Waterstofperoksied IV-terapie

Die teorie
Jou liggaam vorm self waterstofperoksied om infeksies teen te werk. Die teorie agter waterstofperoksied-behandeling is dat jy jou liggaam help beskerm teen infeksies deur hom van ekstra peroksied te voorsien. Tweedens stoot waterstofperoksied die suustofvlakke in jou weefsel op. Baie soorte kieme en kankerselle kan nie in suurstofryke omgewings oorleef nie. Behandeling met waterstof help dus jou dus ook beskerm teen kanker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Werk dit regtig?
Die American Cancer Society sê daar is geen bewyse dat waterstofperoksied werk nie. Die probleem is dat waterstofperoksied gesonde selle én kieme doodmaak. Jou liggaam vorm wel waterstofperoksied maar doen dit deur die sel eers te isoleer en dan ’n baie klein bietjie peroksied te vorm. Dit kom dus nie met die res van jou selle in kontak nie. IV peroksied bring egter veel groter dosisse direk na jou weefsel, sonder enige afskerming, waar dit beslis skade doen.

Dus

Bly maar liewer weg.

Vitamien C IV-terapie

Die teorie
Vitamien C in dosisse van 5 g en meer gee die meeste mense diarree. As jy dit egter binneaars inneem, kan jy baie groter dosisse verdra, volgens dr. Rowan. Patrick Holford, Matthias Rath en Linus Pauling is en was groot voorstaanders van megadossisse om vigs en kanker te genees.

Werk dit regtig?

Konvensionele medici dink nie so nie. Maar daar is wel in diere bevind dat vitamien C kankergroei onderdruk. Nogtans kon die Mayo Clinic in drie afsonderlike ondersoeke onder mense nie geen teken vind dat groot dosisse mense baat nie. Daar is ook ’n goeie kans dat dit jou kan skade doen, veral as jy een van die 400 miljoen mense wêreldwyd is wat sonder die ensiem G6PD gebore is. Dit is een van die algemeenste genetiese afwykings ter wêreld. Mense sonder die G6PD ensiem kan nie groot dosisse vitamien C hanteer nie, met die gevolg dat hul rooibloedselle opbreek, wat lei tot ‘n spesifieke soort hemolitiese anemie.

Dus

Bly maar liewer by vitamien C-pille met matige hoeveelhede vitamien C. Of geniet lemoene in die winter en aarbeie in die somer.

Chelasie IV-terapie

Die teorie
Chelasieterapie is ’n goedgevestigde mediese terapie om mense met swaarmetaalvergiftiging soos lood of kwik te behandel. Alternatiewe terapeute gebruik dit ook hiervoor. Dokters en alternatiewe terapeute verskil egter drasties oor wat metaalvergiftiging behels. Volgens die alternatiewe terapeute ly mense met gewone amalgaam tandstopsels (die silwerkleurige stopsels) dikwels aan kwikvergiftiging, terwyl al die vooraanstaande tandheelkundige verenigings wêreldwyd sê navorsing wys dat kwik in dié stopsels stabiel is en nie ‘uitlek’ nie.

Dokters laat gewoonlik eers bloedtoetse doen om metaalvergiftiging te bevestig, en gewoonlik eers as daar goeie rede daarvoor is, soos dat jy by jou werk aan swaar metale soos lood blootgestel is. Daar is in elk geval maar min kwik in een of twee stopsels – te min om kwikvergiftiging te veroorsaak, al sou dit lek.

Alternatiewe terapeute beveel ook chelasieterapie aan vir outisme, hartskades en om die uitwerking van tiomersalaat (die preserveermiddel waarmee vaksiene vantevore gepreserveer is maar dekades lank al nie meer gebruik word nie) teen te werk.

Werk dit regtig?
Daar is egter min bewyse dat dit vir enige hiervan werk. Die NIH het chelasieterapie vir hartskades ondersoek en bevind dat dit net effens beter vaar as plasebo-tegnieke (fopbehandeling).

Die groot kommer is dat chelasieterapie die dood kan veroorsaak – ‘n hele paar gevalle is aangeteken – omdat te vinnige toediening jou lewer en niere kan beskadig en jou bloeddruk drasties kan laat val. Daarom neem dokters mense in die hospitaal op voor hulle chelasieterapie uitvoer, sodat jy heeltyd gemonitor word. As die terapie te lig is doen dit in elk geval nie veel om metale te verwyder nie.

Dus
Maak maar eers seker of jy werklik swaarmetaalvergiftiging het met ‘n bloedtoets by ’n erkende patologiepraktyk voor jy jouself sommer laat behandel. En kies maar eerder die mediese roete, as dit nodig is. Vir jou hart of om ander redes lyk dit nie voordelig nie.

PRP IV-terapie

Die teorie
Plaatjieryke plasma (platelet-rich plasma) word veral vir osteoartritis (gewone artritis omdat jou gewrigte verweer soos jy ouer word) en sportbeserings gebruik, deur beide dokters en alternatiewe terapeute.
Sowat ‘n kwart koppie van jou eie bloed word getrek en dan gespin om die serum te kry, verduidelik dr. Rowan.
Serum bevat 3-9 keer meer groeifaktor as bloed – die komponent met die spesiale voordele.
Dit word dan in die beseerde area ingespuit, waar die groeifaktore die weefsel help herstel.

Werk dit regtig?
Die Cochrane Reviews wat navorsing oor onderwerpe poel om perspektief te kry, sê die resultate is wisselvallig – van sukses vir 70-80% mense tot geen sukses. Vermoedelik het die tegnieke wat gebruik word ’n groot invloed: bloed kan een of twee gespin word, of in vinniger of stadiger sentrifuges gespin word, of met lasers behandel word of nie. Hoe ook al ís daar ondersoeke wat wys dit werk.

Dus
Jy kan óf jou geld mors óf regtig baat. Kyk of jy persoonlike verwysings kan kry van mense wat sê wie se PRP-inspuiting het hulle gehelp.

Glukose IV-terapie

Die teorie
Dié terapie is glo baie gewild onder die Chinese, om jou vinnig op te kikker as jy baie moeg en uitgeput is. Dit staan ook bekend as ‘ringer’ terapie – moontlik genoem na Ringer’s Solution wat bestaan uit water en minerale soos natrium, kalium en kalsium, wat dikwels vir mense gegee word na ernstige bloedverlies.

Werk dit?
Wel, sekerlik. Jy ontvang bloot ’n dosis glukose. Glukose is energiebrandstof vir jou liggaam – jy sál gou meer enerige hê. Maar, jy kon net sowel ’n koppie suikerwater, gaskoeldrank of gewone vrugtesap gedrink het. Dit sal jou bloedsuiker binne twintig minute opstoot – baie gouer as wat dit neem om tot by die terapeut te kom. Jy spaar ook nie kilojoules nie want glukose deur ’n drup en glukose deur soet kosse bevat ewe veel.

En net soos met eenvoudige suikers gaan jou energievlakke binne ’n uur of wat dramaties val.

Dus
Kry maar liewer vir jou ’n vrug met vesel, wat sorg dat die vrugtesuiker stadig vrygestel word, sodat jy oor ’n langer tydperk glukose inkry. Nog beter: sorg dat jy ’n onverfynde stysel eet, soos growwe, volgraan broodbeskuitjies. As jy Banting, probeer ’n happie kaas as happie vir kitsenergie. As jy regtig dringend energienodig het, drink ’n sportdrankie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

6 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

9 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

13 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.