kategorieë: VelsorgSkoonheid

Wat is ’n vel-babelas en wat kan jy daaromtrent doen?

Wat is ’n vel-babelas en wat kan jy daaromtrent doen? deur Suzanne Kotzé. Foto: ASIFE/iStock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat beteken dit vir jou vel om ’n babelas te hê?

“Jou vel is die grootste orgaan in jou liggaam en dit voel ook die nagevolge van die gifstowwe in alkohol, net soos jou maag, kop en brein die volgende dag voel,” sê dr Janine Ellenberger, stigter van GR8 Skincare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dr Riekie Smit sê dat alkohol (net soos spanning, ooreet, te min voedingstowwe, rook en sonskade) veroorsaak dat vrye radikale in jou vel ophoop en velskade veroorsaak. Jou vel het die natuurlike vermoë om dit teen vrye radikale te beskerm, maar as meer vrye radikale vorm as waarteen ons vel dit natuurlik kan beskerm, vind ’n proses genaamd ‘oksidatiewe stres’ plaas en dit is wanneer ons wakker word met ’n vel-babelas.

Wat gebeur met jou vel tydens ’n vel-babelas?

Dr Janine Ellenberger verduidelik

  1. Jou vel lyk droër, en fyn lyntjies en plooie is meer opmerklik, omdat alkohol jou vel dehidreer.
  2. Jou neus is rooi, jy lyk opgehewe en rooi omdat alkohol inflammatories is en veroorsaak dat histamiene vrygestel word wat kan aanleiding gee tot rooiheid, pofferighed en gebreekte bloedvaatjies.
  3. Jou ekseem is erger; alkohol ontwrig die mikbrobioom van jou maag wat veronderstel is om jou immuunsisteem te reguleer, wat weer belangrik is om vel- toestande soos ekseem in toom te hou.
  4. Jy kry puisies, jou vel voel droog en lyk dof want die suikers in alkohol wakker jou liggaam se insulienreaksie aan wat ’n negatiewe effek op jou tiroїed het wat terselfdtertyd geslagshormone vrystel wat al hierdie velkwale kan veroorsaak.

Hoe berei jy jou vel voor?

Voeg ’n anti-oksidant-serum by jou velsorg-roetine

Dr Riekie Smit sê dat jy so veel as moontlik produkte met anti-oksidante (soos vitamiene C en E) moet gebruik aangesien anti-oksidante die oksidasieproses neutraliseer. Neem genoeg anti-oksidante in (deur vrugte en groente te eet) voordat jy jou vel aan oksidasie blootstel (wat veroorsaak word deur onder andere alkohol) en voeg ’n anti-oksidant-serum by jou velsorgroetine.

Anti-oksidant serums

    1. NeoStrata Antioxidant Defense Serum (R1 018) bevat ’n kragtige mengsel van anti-oksidante wat jou vel beskerm maar ook DNS-skade help voorkom.
    2. Exuviance Antioxidant Perfect 10 Serum (R1 040) bevat ses kragtige anti-oksidante wat jou vel teen oksidasie beskerm.
    3. Eau Thermale Avène Hydrance Optimale Intense Serum (R329,95) is strelend en kalmerend en help keer dat water van jou vel verdamp en help met styfheid en ongemak.
    4. Gatineau Renew 7 Detox-serum (R925) help om jou vel te ontgiftig en laat jou gelaat helderder lyk. Gebruik dit soggens en saans vir sewe dae agtereenvolgens.

Hidreer jou vel

“Kies produkte ryk aan hialuriensuur, Omega 3, vitamien A, C en anti-oksidante om dit te beskerm teen die newe-effekte van alkohol,” beveel dr Janine Ellerberger aan.

Bevogtigende maskers

  1. Nimue Rejuvenating Mask (R421) verhelder en versterk die vel teen vrye radikale
  2. Garnier Hydra Bomb Tissue Mask Replumping Pomegranate (R49,95) bevat granaatekstrak en hialuriensuur om jou vel te hidreer. Die lappie is bioafbreekbaar. (Psst! sit dit in die yskas vir ’n heerlike koel lafenis.)

Vermy oormatige suikerinname

“’n Dieët ryk aan suiker veroorsaak glikolering (die proses waardeur suikermolekules met die protëine van jou vel – soos kollageen en elastien – bind en dan skade en voortydige veroudering veroorsaak) en inflammasie,” verduidelik Heidi Cerfontyne, Nimue Skin se navorsing- en ontwikkelingskundige.  En onthou alkohol bevat ook suiker, so dit is dan juis belangrik om ander suikers in jou dieet te verminder.

  1. Nimue-TDS™ Environmentally Damaged (R454) help om jou vel te beskerm teen glikolering.

Drink baie water

Dit help jou lewer om dehidrasie te verminder.

Onthou sonskerm as jy buite kuier

“As jy in die buitelug kuier, onthou sonskerm. Dit verminder die kanse van gebreekte bloedvaatjies en keer dat jou wange en neus nog rooier word,” sê dr Janine.

Nimue se SPF 50 Environmental Shield (R605)  beskerm jou teen UV blootstelling asook die effek van blou lig.

Wat kan jy doen om dit te keer?

Rehidreer en versterk jou sperfunksie

“Gebruik produkte wat jou vel voed en wat hialuriensuur, Omega 3 essensiële vetsure en seramiedes bevat wat sal help om jou gedihreerde sperfunskie te ondersteun om so vog en plompheid te kan terugplaas in jou vel,” sê  dr Janine Ellenberger

GR8SKN ALT (R369) is ‘n pre-reinigingsolie vir olierige en gedehidreerde vel. Dit werk ook goed as’n diep bevogtiger vir jou gesig en lyf.

Nimue se Pre and Post Serum (R 397) versterk jou sperfunksie teen waterverlies gedurende sonblootstelling en die uitwerking van te veel eet en drink.

Kies ’n produk wat Vitamiene C bevat

“Ondersteun jou bloedvaatjies wat gevaar staan om te breek met ’n produk wat hoog is in Vitamien C. Vitamien C help ook om die afbreek van kollageen te voorkom,” veruidelik dr Janine Ellenberger.

Vitamiene A kan jou vel helderder laat lyk

“Dit vermeerder selhernuwing en raak ontslae van dooie selle op jou veloppervlak en help om die skade wat aangerig word deur die gifstowwe in alkohol om te keer,” sê Dr Janine.

GR8SKN RESET (R425) bevat Vitamien A, anti-inflammatoriese probiotika, anti-oksidante, Vitamien C en hialuriensuur.

Die dag na die tyd

Dr Janine Ellenberger sê

  • Reinig jou vel sagkens
  • Doen ’n sagte afskilfering

Nimue Exfoliating Enzyme (R615) skilfer sagkens af en laat jou vel helderder lyk.

Kies hidrerende produkte wat hialuriensuur, Omega 3, Vitamien A, C en anti-oksidante bevat om die inflammasie, dehidrasie en afbreek van kollageen wat deur alkohol veroorsaak word, teen te werk.

GR8SKN CTRL (R329) is ’n hidrerende kleimasker wat ook hennepsaadolie en aalwyn bevat om die vel te voed.

Nimue Super Hydrating Serum (R975) help om waterverlies en dehidrasie te keer.

Slaap genoeg

Slaap is noodsaaklik sodat jou velselle kan herstel en vernuwe. As jy min of sleg slaap veroorsaak dit dat jou melatonienproduksie afneem. Melatonien is die hormoon wat afgeskei word terwyl jy slaap. Soos ons egter ouer word, word ook al hoe minder van die hormoon vrygestel en dit kan bydra tot ’n dowwe gelaat, rooiheid en vergrote porieë. Meng jy min slaap met oormatige alkoholgebruik word dit eintlik dubbeld so erg!

Filorga NCEF-Night Mask (R899) is ’n masker wat jy saans aansmeer en daarmee slaap. (dalk ’n goeie opsie na ’n laat aand!). Dit bevat ’n rits aktiewe bestanddele (hialuriensuur, vitamienes, amino-sure, minerale en anti-oksidante) wat geïnspireer is deur estetiese medisyne sodat jy kan wakker word en jonger lyk. Dit is spesiaal geformuleer vir slapelose nagte, moeë vel en vel wat deurloop onder spanning.

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.