kategorieë: Verhoudings

Wat vroue by mans oor seks wil weet

Die paneel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ben (34) dosent in die geesteswetenskappe. Was al in twee saamwoonverhoudings maar op die oomblik enkel en beskikbaar.
Neo (31) “soos die held in The Matrix”, entrepreneur. Sewe jaar gelukkig getroud, met ’n babadogtertjie van sewe maande.
Alain (44) “want dit klink Frans, en vroue is mos dol op dié nasie.” Tweede huwelik, makelaar, geen kinders nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vrae:

Engel, 29, Getroud Is voorspel regtig vir julle vervelig, of kan dit julle ook opgewonde maak? Van watter soort voorspel hou jy die meeste?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ben Dis regtig vir my heerlik! Ek wil jou klere uittrek en sagkens oor jou hele lyf streel. Jou lippe soen terwyl my hand oor jou bene beweeg, heup, magie, rug … Ek wil soen en saggies byt sodat jy krul van lekkerkry.

Neo Ek is vir seker een vir voorspel. Dit begin gewoonlik sag en op die mond maar later word dit intenser met aanrakings oor jou hele lyf. Ek kry so half ’n trilling van mag as ek sien hoe my vrou al hoe meer lus word. Tien minute se voorspel is genoeg vir my, maar ek weet dat voorspel vir my vrou al baie vroeër met romanse begin. Daardie deel fassineer my nie veel nie.

Alain Wanneer daar tyd is, maak dit ons ook opgewonde. Maar dis glad nie vir mans ’n vereiste nie. As die oomblik reg is, is daar niks so great soos ongekompliseerde, instinktiewe, oombliklike seks nie.

Krista, 40, getroud Hoe kan ’n vrou vir ’n man “nee” sê sonder om sy ego te skend?

Ben Ek weet ek is vir my eie gevoelens verantwoordelik, maar tog sukkel ek ook om my dit nie persoonlik aan te trek nie. Die groot ding vir my is hóé jy nee sê. Sê jy gereeld nee op ’n katterige of geïrriteerde wyse, verloor ek selfvertroue en belangstelling in jou. Ook aanvaar ek dat ek meer seks as jy wil hê, en so meer nee’s gaan kry. Dis hoe dit is. Maar ek verwag jy moet sensitief hieroor wees en dit op ’n mooi manier oordra dat jy nie in die bui is nie.

Neo Ons het dit al ’n paar keer beleef. Altwee kante toe. Dis maar tricky. Wat vir ons gewerk het, is om nie in die oomblik van passie daaroor te praat nie. Ons het ooreengekom dat die een wat nie wil nie, dit moet sê. Ek wil tog nie seks hê met iemand net omdat sy nie my gevoelens wil seermaak nie – en ek dink mans stem saam daaroor. Dis maar net erg as dit in die oomblik van passie gebeur en die rules of engagement was nie duidelik nie.

Alain Sy behoort nooit nee te sê nie, tensy daar werklik ’n rede is. En dan moet sy net eerlik wees.


Tania, 35, geskei  Wanneer ons intiem verkeer, sien jy my liggaamsfoute en my rolletjies raak soos ek dit in die spieël sien, of leef jy in daardie oomblik net vir die intimiteit?

Ben Wat jy in die spieël sien, is tien teen een ’n drakoniese oordrywing. Elke vrou op aarde is veel mooier vir die mans as wat sy ooit vir haarself in die spieël lyk. As jy jou net deur my oë kon sien …

Neo Wel gedaan dat julle nog seks het. Seks is meer as net iets wat jy met ’n mooi meisie doen en jouself daarvoor op die skouer klop. Ek was al daar en dis net nie die moeite werd nie. My vrou is nog jonk maar sy is so ’n bietjie oorgewig (dankie tog vir die skuilnaam … grappie!) maar as ons na aan mekaar is, maak dit glad nie eens saak nie. Veel eerder ’n ekstra rolletjie as ’n vrou met ’n obsessie oor haar gewig. Gesonde selfvertroue is aanlokliker as wat ’n paar rolletjies ’n kwessie is.

Alain As jou man jou liefhet, sal seks met jou vir hom lekker wees, ongeag jou gewig. Vergeet daarvan en geniet dit. Maar as jy baie oorgewig is, sal dit vir seker sy spontane aangetrokkenheid teenoor jou beïnvloed.

Tinkerbel, 20, trou binnekort Wat verwag julle van ’n vrou vir haar eerste keer? Watter klere, houding en gedrag?

Ben Ek het nog nooit met ’n maagd seks gehad nie. Ontspan net en geniet julle saamwees. Die verkeerdste ding wat jy kan doen, is om jou te kwel oor die eerste indruk. Dit plaas net onnodige druk op jou. In ’n liefdevolle verhouding leer julle mekaar op die seksuele gebied ken en kan jy lag oor dinge wat nie volgens plan verloop nie.

Neo My eerste bietjie raad is dat dit oukei is om dit nie die aand ná die onthaal te doen net omdat julle nou kan nie. Anders is daar te veel verwagtinge en stres. Ons het gewag tot die volgende oggend. En moenie worry as daardie eerste keer nie perfek is nie; julle het die res van julle lewe om te oefen.

Alain Wees net kalm en spontaan. Die belangrikste is nie die klere of houding nie, maar wel om vooraf te bespreek wat julle die eerste aand gaan doen. Maar sexy onderklere sal wel help …


Jessica, 25, twee jaar getroud  Wil jy vooraf weet wat ek beplan vir ons twee later vanaand? Moet ek byvoorbeeld ’n boodskap in die loop van die dag stuur, of ’n paar woordjies in jou oor fluister voor jy werk toe gaan? Of moet dit op daardie oomblik as ’n verrassing kom?

Ben ’n Volslae verrassing is wonderlik – maar as jy my oor middagete boodskap dat jy nie kan wag om my klere van my lyf af te ruk wanneer ek by die huis aankom nie, gaan ek heelmiddag glimlag. Onthou net as jy vooraf afwagting kommunikeer en jou bui verander, moet jy my inlig! Anders is jy wreed en maak jy my seer.

Neo Solank dit nie die standaardmanier raak van hoe dinge gaan verloop nie, is ’n boodskap deur die dag ’n great manier om my opgewonde te kry. Dis lekker om te weet jy dink deur die dag op daardie manier aan my.

Alain Albei kan werk. Daar is geen reëls tussen twee mense wat mekaar liefhet nie.


Wonder nog altyd, 42, twee jaar in ’n vaste verhouding na egskeiding  Mans word geprikkel deur die visuele. Watse panty moet ek aanhê as ek jou wil verlei? ’n Effense enetjie? ’n Ouma-variasie? Deurskynend? Kantvalletjies? G-string?

Ben
As jy daarin verleidelik voel, werk dit vir my.

Neo Sexy onderklere is vir seker ’n kragtige skakelaar maar as jy nie die lyf daarvoor het nie, kan dit die teenoorgestelde effek hê.

Alain Almal skakel die manlike hormone aan, mits dit jou op jou beste wys


Desperaat, 34, getroud, twee kinders
’n Mens hoor net altyd van mans wat kla hulle kry nie genoeg seks nie. Hoekom, o, hoekom moet ek ná ’n huwelik van 13 jaar smeek vir ’n bietjie aandag tussen die lakens? Hy is eenvoudig te lui. As ek kla, probeer hy so halfhartig dat ek netsowel ook die takie kon verrig het. Hy is nie oorgewig, gestres, oud, depressief of op medikasie nie. Ek is nie oorgewig of lelik nie. Ek trek nog baie aandag van die manne … behalwe syne! Wat kan ek doen? Of is die passie verby?

Ben Of he’s just not that into you, of daar is dalk iets wat julle in terapie kan uitpluis. Die lewe is te kort om so te leef. Kry hulp of skei

Neo Ek kry jou jammer, hoor! Dalk sien jou man nie kans om net met een vrou vir die res van sy lewe seks te hê nie. En nou sit jy met die gevolge. Of dalk is sy libido net kleiner? Ons is ook al deur droogtes, maar dit het gehelp om dinge ’n bietjie interessanter te maak. Die meeste van ons seks was in die slaapkamer, wat my verveel het. Daar is niks wat ’n man se lus so prikkel soos onvoorspelbare seks nie. Dalk moet jy hom na ’n hotel vat en uit karakter klim.

Natasha, 39, getroud  Hoeveel keer per week is “genoeg”?

Ben
Ek dink nie ’n man kry ooit genoeg nie. “Genoeg” bly ’n vraag wat elke paar moet bespreek.

Neo Ek weet nie wanneer genoeg nou genoeg is nie, maar ek wil darem minstens twee keer per week seks hê.

Alain Eintlik daagliks, maar drie keer is die minimum vir my.

Liefie, 29, getroud Waarom begin mans rondkyk? Is dit oor te min seks? Of verveling tuis? Oor kinders, of oor gewig?

Ben Al dié redes dra daartoe by. Maar ’n man is geneties geprogrammeer om rond te kyk. Monogamie kom nie van nature nie.

Neo
Verveling. Mans is gemaak om te hunker na meer. Om avontuurlustig te wees. Om te oorwin. Maar deesdae kry ons dit nie meer nie. Daarom moet avontuur nie by die huis ook verdwyn nie. Die uitdaging is meer op ’n verstandsvlak: as die vrou aanhou groei en verander, sal sy ’n uitdaging en ’n avontuur vir haar man bly.

Alain
Letterlik om al die redes wat jy noem. Boonop is ons in die media blootgestel aan ’n oormaat voortreflike, visuele verleiding. Die kompetisie vir een vrou tuis is formidabel.

Marli Muis, 38, getroud Wat kan ek in die bed aan jou doen wat jou absoluut mal sal maak van lekkerkry?

Ben Verlei my, gebruik my, misbruik my, maak met my liggaam net wat jy wil. Ek kry baie lekker as ek sien hoeveel plesier dit vir jou verskaf. Jou orgasme is soos musiek in my ore!

Neo Dit verskaf my ongelooflike plesier as ek sien jy’t plesier. Dis die grootste streler vir ’n man se ego as hy weet hy het jou na daardie plek toe gevat wat jou voete laat vuiste maak. As jy my wil laat lekker kry, sê my wat jy nodig het om daar te kom en laat my toe om jou soontoe te vat.

Alain
Iets anders as gewone seks … orale seks, verskillende masturbasie- tegnieke … speletjies … nie elke keer dieselfde nie.


Antoinette, 36, geskei Wat is dit wat jou laat besluit tussen 1) jy wil ’n vrou beter leer ken of 2) jy gaan haar net gebruik vir ’n lekker tydjie?

Ben Wanneer ek naas die fisieke aantrekking ook emosioneel en intellektueel met jou kliek, sal ek jou tien teen een beter wil leer ken. Weer eens is die tango ’n dans vir twee. As ek vir jou sê ek hou van jou, maar soek nie ’n verhouding nie, dan geniet ons mekaar en is dit nie ék wat jóú gebruik nie.

Alain
As jy iemand is saam met wie ek die res van my lewe sal kan deurbring, is jy iemand wat ek beter sal wil leer ken; as jy iemand is wat my eintlik verveel, is jy net daar tot die regte een verby kom.


Bet, 23, verloof 
Hoe sê ’n vrou vir haar man om ’n bietjie wilder te wees met haar, sonder om sy gevoelens seer te maak? Ek hou van aksie en variasie. Maar ek is ook bang hy dink ek is goedkoop.

Ben Tien teen een fantaseer hy self daaroor! Wie nie waag nie, sal nie wen nie. Ek dink dit sal werk as jy beklemtoon dat dit juis is omdat hy vir jou so onweerstaanbaar is dat jy gemaklik voel om wilder saam met hom te raak. Moenie sê dat jy nie tevrede is nie; streel eerder sy ego. En ’n mens is net goedkoop as jy buite die verhouding beskikbaar is; binne die verhouding is als oukei.

Neo Babatreetjies. Ek het dieselfde ding in my huwelik gehad. Die sleutel hier is om ’n atmosfeer te skep waar jou maat gemaklik voel om te eksperimenteer. Dan begin jy stadig maar seker die grense verskuif. Party keer is dit ook ’n respek-ding: party mans dink warm seks is vir eenmalige afsprake, nie vir die huwelik nie.

Alain Sê niks nie; doen net. Hy sal dit waardeer. So nie, koop ’n goeie boek met foto’s en lees dit saam. Dit sal outomaties tot nuwe hoogtes lei.


Rosie, 42, getroud Hoekom stel ’n man net belang om aan my borste, boude en jy weet waar te vat? Ek is mos meer as net borste. Die res van my liggaam hunker ook na aanraking.

Ben Vertel jy dit vir hom? So spesifiek? Hoewel ek beslis ’n borste-ou is, hou ek daarvan om die hele vrouelyf sensueel te verken.

Alain
Party mans is net seksueel en nie sensueel nie. Is dit nie jou verantwoordelikheid om hom meer oor sensualiteit te leer nie?

Magrieta, 68, getroud Hoekom draai ’n man om en slaap sonder naspel of vertroeteling?

Ben
Ek is ook soms moeg en wil net omdraai en slaap. Maar gebeur dit gereeld, sal ek sê intimiteit is by die deur uit en die seks is ’n manier om sy drange te bevredig en nie om met jou intiem te wees nie.

Lettie, 37 Is mans se borste en tepels ook so gevoelig soos vroue s’n en hou hulle daarvan om daar gesoen en geliefkoos te word?

Ben
Ek is wel sensitief en ek hou daarvan as jy my daar soen. Moet net nie te hard byt nie!

Neo Nope.

Alain Ek is nie naastenby so gevoelig soos ’n vrou nie. Dit doen feitlik niks vir my nie.


Liezl van Witbank, 34, getroud Hoe voel jy as ek nie genoeg gehaltetyd aan jou bestee nie? Ek is altyd besig, en eintlik verveel jou geselsies oor rugby en jou werk my. Dus gaan ek met ander goed aan … maar ek voel skuldig. En ek wonder of ek regtig daarmee wegkom.

Ben Moet my asseblief nie straf deur jou onttrek nie. Konfronteer my liefs en sê wat dit is wat jou irriteer. Jy moet besef as ons niks meer gemeen het nie, moet ons paaie eerder skei. Jy wil tog by iemand wees wie se samesyn jy geniet. Nee, jy kom nie regtig daarmee weg nie. Jy straf eintlik jouself.

Neo
Ek gee regtig nie om as my vrou aangaan met ander goed as ek doen wat vir my lekker is nie. Hoekom voel ons ons moet in verhoudings in dieselfde vormpie pas? Die lekkerte van ’n huwelik vir my is dat ons vry is om te wees wie ons wil wees en te deel wat ons met mekaar wíl deel.


Anoniem van Pretoria, 46, getroud Hoekom is sommige mans so behep met pornografie? Dink die mans wat so blou prente kyk aan ons wanneer ons in hul bed lê? Of dink hulle aan die ster in die prent? Moet ek my bekommer daaroor dat my man dalk oor ander vroue fantaseer?

Ben Mans hou van avontuur en fantasie. Die fantasie van soveel seks soos jy wil, so wild soos wat jy dit wil hê en boonop met ’n baie aantreklike vrou wat op ’n skinkbord vir jou gegee word, is ’n aantreklike gedagte. Maar dit bly net fantasie. Ek dink nie dis verkeerd om soms oor ’n fiktiewe persoon te fantaseer nie, maar sommige mans kan daaraan verslaaf raak en dit kan jul intimiteit beïnvloed. Jy hoef jou nie daaroor te bekommer as julle ’n gesonde intieme verhouding het nie.

Neo Daar was ’n stadium toe my fassinasie met porno my ’n bietjie bekommer het, maar nou besef ek dat dit maar net ’n fantasie is wat ek soms uitleef en waarvan ek nie afhanklik is nie. Die vrou se liggaam is ongelooflik en ek waardeer ’n sexy vrou op dieselfde manier as ’n sportmotor – jammer om dit nou so blatant te stel. Soos die motor, simboliseer ’n pragtige vrou aan ’n man se arm sukses, krag en selfvertroue. En ja, ek moet erken my gedagtes het al na die pornoster gedwaal. Wanneer ons nou nie so opgewonde oor mekaar is nie, het dit gewerk om saam ’n erotiese boek te lees. Dit laat elkeen se verbeelding vry om die visuele stimulasie te kry waarna gesoek word terwyl julle by mekaar bevrediging kry.

Alain Die meeste mans het die potensiaal om behep te raak met pornografie. Dit is een van die groot euwels van ons tyd wat doelbewus, selfs met die hulp van jou vrou, beveg en weerstaan moet word. Die probleem is dat dit die fokus op die fantasie plaas pleks daarvan om ’n betekenisvolle liefdesverhouding met iemand spesiaals aan te knoop, uit te bou en in stand te hou.

Suzie M, GESKEI Wat dink die manne van ’n no strings attached– of friends with benefits-verhoudings?

Ben Ek hou van die idee, hoewel ek dit nog nooit gehad het nie – dis juis waarna ek tans op soek is. Tog gaan ’n emosionele en intellektuele konneksie vir my belangrik wees. Dit sal nie net oor die lyf kan gaan nie.

Neo Ek het ook al ’n paar van hierdie gehad. Hoewel dit opwindend is, het nog nie een van hulle, myne of enige ou s’n wat ek ken, uitgewerk as daar eers seks in die prentjie kom nie. Miskien is dit vanweë ons idees oor seks. Of miskien begin so ’n verhouding met onafhanklikhede wat nie sommer net gebreek kan word nie. Die werklikheid is dat die situasie eenvoudig mense laat oorbly met minder van hulself as waarmee hulle begin het.

Alain So ’n verhouding sal altyd ’n kompromie wees – dis nie ’n huwelik, of ’n vaste verhouding, of vryheid nie.

Wonder-maar-net, 34, getroud (a) Voel seks met ’n kondoom anders en hoe? (b) Wat is lekkerder en hoekom: seks met ’n kondoom of dat jou vrou jou met die hand stimuleer? (c) Voel jy voorbehoeding berus by die vrou? (d) Sien jy jou vrou en seks in ’n ander lig as sy borsvoed?

Ben
(a) Ja, dit voel anders; baie van die sensasie gaan verlore. Ek weet nie of dit net psigologies is nie, maar vlees op vlees voel meer intiem. Maar met of sonder ’n kondoom is seks absoluut heerlik; so moenie my verkeerd verstaan nie.
(b) ’n Handjie is baie lekker maar net so af en toe. Ek kan myself mos ook help.
(c) Die tango is vir twee; julle moet saam op voorbehoeding ooreenkom.
(d) Nog nie daar gewees nie.

Neo
(a) Ja.
(b) Ek sal gaan vir seks met ’n kondoom, en dan met die sensitiewe soort. Die voordeel is dat ek langer kan aanhou.
(c) Voorbehoeding berus nie by die vrou nie; dis ’n verantwoordelikheid binne die verhouding wat julle saam moet uitwerk. Daar is nou voorbehoeding vir mans op die mark en ek sal nie omgee om dit te gebruik nie.
(d) Ek is mal oor borste maar toe sy geborsvoed het, het ek teruggestaan. Andersins het ons sekslewe nie verander nie.

Alain
(a) Dis nie so intiem nie maar vir seker nog genotvol.
(b) Tydens menstruasie is handmasturbasie vir mans ’n fantastiese alternatief. Handstimulasie sal altyd genotvol wees, want dit is baie ontspannend en eis niks van die man nie.
(c) Ja.
(d) Nee, glad nie.

*Skuilname is gebruik

Lees ook: Wat vroue by mans oor seks wil weet

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

18 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.