Waterbewaring is ’n kwessie wat al hoe belangriker word, veral aangesien ons in die meeste dele van die land waterbeperkings in die gesig staar. Die tuin kan ’n aansienlike gebruiker van water wees, maar met goed deurdagte praktyke, kan jy ’n mooi, gesonde landskap skep terwyl jy jou watervoetspoor verminder.
Hier is ’n paar praktiese en slim besproeiings- en waterbesparingswenke van GARDENA vir tuiniers wat graag welige, florende plante wil kweek sonder om hulpbronne te mors.
Maak op die regte tyd nat
Die tydsberekening vir wanneer jy jou tuin nat wil lei, is baie belangrik. Wanneer jy jou tuin vroeg in die oggend of laat in die aand water gee, verdamp daar minder water wat maak dat die plante die vog kan opneem voordat die son se hitte dit heeltemal opdroog. Moenie jou plante gedurende die warmste tye van die dag water gee nie, aangesien heelwat van die water verdamp voordat dit die wortels bereik. Wanneer jy vroeg water gee, help dit ook om siektes te voorkom wat deur verlengde vog op blare veroorsaak kan word. Die GARDENA- waterbeheerstelsels skeduleer besproeiing en kan só gestel word om jou leefstyl te pas. Kies tussen oggende en aande, watter dae van die week of sekere tye. En die GARDENA- waterbeheerstelsel sal in al jou besproeiingsbehoeftes voldoen.
Weet jy van die vogsensor?
GARDENA se slim ontwerpte vogsensor in die grond kan help dat aansienlik minder water vermors word. Die sensor meet die werklike vogvlak van die grond en beheer die watertydtellers deur slegs nat te lei wanneer dit nodig is. Dit sal ook enige onduidelikheid opklaar oor of daar genoeg water in die grond vir jou plante is. Wanneer die vogsensor in die grond saam met die GARDENA-waterbeheerstelsel geïnstalleer word, sal dit die watertydteller afsit wanneer daar genoeg water in die grond is. Dit is veral belangrik in die lig van die waterbeperkings in ons land.
Meet waterverbruik rondom die huis en tuin
Weet ons werklik hoeveel water in die tuin en huis gebruik word? Dit is ’n moeilike vraag tensy jy ’n toestel het wat jou water meet. Die Watermeter AquaCount vanaf GARDENA is die perfekte toestel om jou eie waterverbruik te meet en water op ’n volhoubare manier te bespaar. Dit kan of aan ’n kraan verbind word of direk aan die einde van ’n tuinslang in ’n horisontale of vertikale posisie. Hierdie nuttige produk het ’n 4-in-1-funksie wat maak dat jy waterverbruik per dag, per seisoen, per besproeiingsiklus kan bereken of selfs die vloeitempo in liters per minuut kan sien.
Kies plante wat droogte kan weerstaan
Een van die doeltreffendste maniere om water in die tuin te bespaar, is om plante te kies wat droogtebestand is en dus minder water nodig het. Inheemse spesies is dikwels die beste keuse aangesien hulle natuurlik aangepas is tot ons plaaslike klimaat en omstandighede van ons grond. Ander opsies sluit vetplante, laventel, salie en ornamentele grasse in. Hierdie plante is weerstandig in droë omstandighede en kan jou tuin mooier laat lyk terwyl dit waterverbruik verminder.
Groepeer plante volgens hul waterbehoeftes
Wanneer jy plante organiseer volgens hoeveel water hulle nodig het, help dit om doeltreffend nat te lei. Deur hidrosones te skep waar plante met soortgelyke waterbehoeftes saam groepeer word, kan jy verhoed dat te veel water vir dié gegee word wat dit nie nodig het nie en seker maak dat dorstige plante wel genoeg vog kry. Hierdie strategie verminder vermorsing en bevorder gesonde plantgroei.
Installeer dripbesproeiingstelsel
Mikrodripbesproeiing is ’n doeltreffende manier om water direk aan plantwortels te gee, met die gevolg dat minder water verdamp of afloop en dus mors. Mikrodripstelsels bied besproeiing aan plantrye en blombeddens met noukeurige akkuraatheid. Dripbesproeiing kan outomaties gestel word, wat dit ’n gerieflike opsie maak om konsekwent en beheerd nat te lei. Die GARDENA Micro-Drip-System-gereedskapstel is vir blompotte en plantpotte ontwerp en dit gee jou die opsie om tot 15 blompotte by te voeg. Gebruik ’n GARDENA-waterbeheerstelsel om die besproeiing outomaties met die Micro-Drip-Kits te laat hardloop.
Vang reënwater op
Om reënwater op te vang, is ’n natuurlike en volhoubare manier om jou tuin nat te maak. Deur ’n watervat onder jou geut te installeer, kan aflooppype die afloopwater van die dak af opvang wat dan gebruik kan word om plante tydens droogte water te gee. Reënwater het nie die soute of chemikalieë in wat in kraanwater gevind word nie, wat dit gesonder vir jou plante maak. Die GARDENA Rainwater Pump sal die water van die vat na enige watertoestel neem, maak nie saak of dit vir jou tuin of in jou huis is nie.
Lei diep, maar selde nat
Pleks daarvan dat jy liggies en nou en dan water gee, lei eerder diep en selde nat om plante aan te moedig om dieper wortelstelsels te ontwikkel. Plante met diep wortelstelsels is beter toegerus om by vog dieper in die grond uit te kom en is meer droogtebestand. ’n Goeie reël is om water te gee tot die grond tot 15 cm nat is. Wag dan tot die boonste sentimeter of twee van die grond droog is voordat jy weer water gee. Wanneer jy op hierdie manier wil natlei, stel ons voor jy gebruik die GARDENA-waterrekenaar wat met ’n Bluetooth-funksie werk. Beheer jou besproeiing vanaf die gemak van jou bank deur die GARDENAApp te gebruik. Die lewe kan nie makliker wees nie.
Herwin water wat in die huis gebruik word
Jy kan verder minder water vermors deur “gryswater” in die huis vir jou tuin te herwin. Dit sluit water in wat jy gebruik het om jou skottelgoed mee te was, om groente en vrugte mee af te spoel, of selfs stortwater (solank dit geen skadelike chemikalieë bevat nie). Gryswater kan gebruik word om nie-eetbare plante nat te maak, wat die aanvraag na vars water verminder. Ons stel voor jy gebruik GARDENA Clear of die Dirty Water-pomp om gryswater na jou tuin te lei.
Pas jou tuintoestelle en besproeiingstelsels op
Dis absoluut noodsaaklik om goed na jou tuingereedskap en besproeiingstelsel te kyk om te voorkom wat water gemors word. Gaan tuinslange na, sproeiers en druppellyne vir lekke of verstoppings en maak dadelik die probleme reg. Selfs klein lekke kan maak dat ’n groot hoeveelheid water oortyd gemors word. Ook, maak seker dat sproeiers so geposisioneer word dat dit nie opritte, sypaadjies en ander dele sonder plante natmaak nie. Die GARDENA-kombistelsel se Tool Flex kan help deur al jou gereedskap mooi netjies te hou sodat dit gereed is om te gebruik.
Gevolgtrekking
Waterbesparingspraktyke in die tuin dra nie net tot omgewingsvolhoubaarheid by nie; dit kan jou ook op waterrekeninge geld spaar. Deur droogtebestande plante te kies, wys nat te maak en gereedskap soos dripbesproeiing en reënvate te gebruik, kan jy ’n lewendige, waterdoeltreffende tuin geniet wat in harmonie met die natuur floreer. Begin deur hierdie strategieë vandag in te sluit en kyk hoe jou tuin met minder water en moeite floreer.
Lees ook: Maak tuin op jou balkon