Dit hang alles af van hoe streng ek met myself is en hoe my training gaan, maar ek is uit en uit ’n soet tand ! Ek is mal oor gesmelte Nutella met gesnyde stukkies aarbeie daarby. Dankie rooi rose, daar gaan my dieet vir die dag.
– Marilyn Ramos, Mej. Suid-Afrika 2012
Ek bly altyd mal oor kaneelsuiker, maar hoender en sampioene òf ’n roomysvulsel bly ook altyd ’n gunsteling.
– Hennie Jacobs, 7de Laan-akteur en sanger
Dis maklik! Twee pannekoeke gevul met romerige hoender en sampioene. Ek het dit altyd as ’n kelner in Stellenbosch bedien en dit was ’n wenner!
– Ramey Short, Binnelanders-akteur
My gunstelingpannekoekvulsel is hoender-mayonnaise en roomkaas.
– Willem Botha, sanger en akteur
Daar is ’n plekkie aan die Suidkus (Natal), Mac Banana, wat die heerlikste pannekoeke maak. My gunstelingvulsel is piesang met bar-one-sous!
– Dunay Nortjè
My gunstelingpannekoekvulsel klink vreemd, maar probeer dit: Bovril en avokadopeer.
– Elma Smit, televisie- en radiopersoonlikheid
Klik hier vir ’n heerlike pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous-resep.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.