Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous
Ingredients
- • 1 baksel basiese pannekoek (resep: Pannekoek met kaneelsuiker)
- Gesoute karamelsous
- • 200 g sagte bruinsuiker
- • 60 ml kokende water
- • 80 ml dubbeldikroom
- • 50 g botter, in blokkies gesny
- • 2,5 ml seesoutvlokkies, soos Maldon
- Karamellemoene
- • 3 lemoene, in 1 cm-skywe gesny
- • 45 g botter
- • 45 g sagte bruinsuiker
Instructions
Sous
1 Gooi die suiker en warm water in ’n groot kastrol en verhit stadig oor lae hitte.
2 Roer die suikerwater maar hou dadelik op sodra die suiker gesmelt is.
3 Verhoog die hitte effens en laat liggies prut tot donkergoud.
4 Trek die kastrol van die hitte af en klop die room en botter vinnig maar versigtig by tot glad.
5 Klop laastens die sout by. Laat afkoel.
Lemoene
1 Smelt die botter en suiker in ’n pan oor lae hitte.
2 Pak die lemoenskywe in ’n enkellaag in die pan en braai tot gekaramelliseer.
3 Draai die skywe van tyd tot tyd om sodat hulle oraloor karamelliseer.
4 Sit die warm pannekoeke met die toffiesous en lemoenskywe voor.
Anelle Tewson
Lees Meer
Waatlemoen-en-lemmetjie-slaai
05/12/2024
Geroosterde groente met miso-pasta
05/12/2024
Sjokoladefudge
05/12/2024