kategorieë: Bekendes

Wegholsukses vir jong atlete by 2017 IAAF-kampioenskappe

By die IAAF-atletiekkampioenskappe se onder-18 byeenkoms in Nairobi, Kenya, tussen 12 en 16 Julie 2017 het die jong Suid-Afrikaners met elf medaljes weggestap. Drie daarvan is brons, drie is silwer, en vyf is goud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Die medaljes is as volg toegeken:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bronsmedaljes

Suid-Afrika se o.8 4x400m gemengde aflosspan het derde gekom met 3:24.45 s naas Jamaika (silwer) en Brasilië, die uiteindelike wenners met 3:21.71 s. Die hekkie-atleet Sokwakhana Zazini het met die laaste been seker gemaak dat die SA-o.18 span vir Kenya in die vierde plek inskuif, met Oekraïne kort op hulle hakke in die vyfde plek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Morne Brandon het ’n bronsmedalje ontvang vir diskusgooi. Hy het in sy laaste ronde 58.34m ver gegooi. Die silwer medalje het gegaan aan die Oekraïense Oleksiy Kyrylin en die goudwenner is die Chileense Claudio Romero wat 63.44m gegooi het.

Jonathan de Lacey het derde in die 5 kg-gewigstoot gekom met ’n afstand van 19.93m. Tweede is die Belorussiese Mikhael Samuseu met 19.99m en die goudwenner, die Duitser Timo Northoff, het laglag die res weggestoot met 20.72m.

Silwermedaljes

Die kompetisie was taai gedurende al die rondes van die seuns-spiesgooi en uiteindelik het die Suid-Afrikaner Johannes Schlebusch ’n silwermedalje verower met 75.68m. Voor en na hom was twee lede van die Sjinese span: Lui Zhekai het goud verower met 77.54m en in die derde plek is Song Qingshu met 73.64m.

Tshenolo Lemao, wat aan verskeie items deelgeneem het, het silwer losgehardloop in die seuns-200m wedren en sy landsgenoot Retshidisitswe Mlenga was eerste. Mlenga aan die ander kant het tweede gekom in die seuns 100m wedloop, met spanmaat Lemao wat goud in dié item verower het.

Gouemedaljes

Lemao het die eerste plek verower in die 100m naellope vir seuns met 10.57s, nadat die wedren twee keer oor moes begin oor slegte weerstoestande. Retshidisitswe Mlenga, sy landsgenoot, was kort op sy hakke met 10.61s, en die Tyreke Wilson (Jamaika) het hul gevolg met 10.65s. Dit is die eerste keer dat Suid-Afrika die 100m naelloop (vir seuns en meisies) wen – met boonop twee Suid-Afrikaners op die podium!

Mlenga het goud verower in die 200m seunsnaelloop (21.03s) en Lemao het gevolg met 21.13s – 0.06s vinniger as sy persoonlike beste. Mlenga was oorstelp oor hierdie oorwinning aangesien hy tweede in sy gunsteling-item gekom het, die 100m naelloop. Die Duitser Luis Brandner is derde met 21.23s.

Suid-Afrika het goud losgeslaan in die seuns- en meisies-hekkies (400m). Zeney van der Walt (toevallig niggie van topsjef Jan-Hendrik van der Walt) het ’n dubbele goud verower in die meisiesitem. Sy het Jamaika se Sanique Walker op die laaste oomblik geklop met 0.04 sekondes. Haar uiteindelike tyd was 58.23s. Derde is Duitsland se Gisele Wender wat amper ’n sekonde agter hulle was met 59.17s.

Sokwakhana Zazini het die seunsitem ook gewen met 49.27s, die derde vinnigste tyd in die IAAF-jeugwedloopgeskiedenis. Hy was ’n vaste gunsteling voor die ren en het nie sy ondersteuners teleurgestel nie. Hy het lank voor die silwermedaljewenner, die Kenyaan Moitalel Naadokila, klaargemaak. Naadokila het geeïndig met 52.06 en net na hom het die Fransman Baptiste Christophe (52.21) met brons weggestap.

Die 1.72m-lange Breyton Poole het almal verkeerd bewys wat gedink het sy lengte sal hom dalk belemmer. Die lank en die kort van die verhaal is dat hy die nasionale jeugrekord vir hoogspring gebreek het en sy persoonlike beste-merk met 6cm verbeter het. Hy het uiteindelik die gouemedalje losgespring met 2.24m – 52cm langer as wat hy staan. Hy het so te sê kop en skouers bo sy teenstanders uitgestaan. Die silwermedalje is toegeken aan die Duitse Chima Ihenetu met 2.14m en die Ukraïense Vladyslav Lavskyy het die derde plek behaal met 2.11m. Poole het weereens bewys dat groot gif in klein botteltjies kom.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.