kategorieë: ReisOntspanning

Oude Werf: warm verwelkoming uit die wynland

Maak jouself tuis in die rustige binnehof, speel bordspeletjies voor die kaggel in die sitkamer, geniet ’n strelende spa-behandeling in jou kamer, of smul aan klassieke Kaapse geregte in die knus restaurant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Oude Werf lê in die hartjie van Stellenbosch en hulle help graag om uitstappies na wynplase te reël.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is die oudste hotel wat deurlopend bedryf word in Suid-Afrika en is gebou op ruïnes van die land se eerste kerk. Dit is ’n indrukwekkende mengsel van erfenisargitektuur en bekroonde kontemporêre ontwerp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bederf jouself: Wees tuis by Oude Werf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Spa-behandelings in jou kamer

Kies jou bederf vanaf die spyskaart, waaronder ’n vinnige mani- en pedikuur, ’n gesigbehandeling, nek-en-rug-massering met warm klippe, vol lyfmassering of ’n lyf-toedraai-behandeling. Die terapeute kom na jou kamer. Ons beveel aan dat jy ten minste 24 uur vooraf bespreek om teleurstelling te vermy.

Eetkamer

Oude Werf se eetgeskiedenis het begin met die hartlike 19de-eeuse landelike geregte van die legendariese hotel-eienaar, Tant Betje Wium. Vandag word die vele geure en invloede van Kaapse cuisine in die in-situ kombuis in die intieme nuwe restaurant verken.

Wynlys

Dit is ‘wynland’ en die uitgesoekte wynlys bevat van die top name van ons wêreldberoemde wynstreek se landgoedere. Die aanbieding wissel van klassieke, bekroonde oesjare tot innoverende, maklik drinkbare gunstelinge. Vra gerus vir inligting oor wynuitstappies en wynproegeleenthede in die wynland.

Leef groen

Oude Werf se ‘leef-groen-etiek’ word toegepas in die omgewingsvolhoubaarheid en hulpbronbesparende praktyke oral in die hotel. Hulle herwin die meeste van hul afval, genereer sonkrag en gebruik energie- en waterwyse toestelle. Hulle soek plaaslike produsente uit wat eko-vriendelike en etiese produkte produseer en hulle is lid van vername omgewingsinisiatiewe. Vir meer inligting hieroor kontak vir Chris van Zyl (volhoubaarheidsbestuurder vir die groep) via e-pos by chris@vineyard.co.za of of bel 021 657 4500.

Stellenbosch-aktiwiteite

Daar is talle besienswaardighede en idees vir ontspanning binne ’n paar minute van Oude Werf, asook verskeie begeleide toere via die Stellenbosch 360 Toerisme-sentrum in Market Straat.

Erfenisargitektuur

Stellenbosch het die grootste konsentrasie van oorblywende historiese geboue in Suid-Afrika waaronder mooi voorbeelde van die bekende Kaaps Hollandse styl tot Georgiese en Victoriaanse style wat gesien kan word in plekke soos die prentjiemooi Dorpstraat. Kerke soos die neo-gotiese Moederkerk, ontwerp deur ’n vorige inwoner van die hotel en Suid-Afrika se bekendste kerkargitek, Karl Hager, is een van vele om te sien.

Kuns en kunsvlyt

Stellenbosch bevat ’n verskeidenheid kunsgalerye en kunsvlyt-persele en daar is beeldhouwerk en kuns om elke hoek. Onder van die belangrikste kunsversamelings is dié van die Sasol Kunsmuseum en die Rupert Kunsmuseum. Daar is nie minder nie as agt kommersiële galerye naby die hotel, met werke van Kaapse landskappe tot kontemporêre skilderye, drukwerk, beeldhoukuns, keramiek en objets d’art.

Inkopies

Kerkstraat en die omgewing bied ’n paar van die dorp se mees uiteenlopende inkopie-ervarings met goedere wat wissel van klere, plaaslike leer, plaaslike handwerk, juweliersware, bykomstighede, boeke en aandenkings. Oom Samie se winkel met interessanthede in Dorpstraat is een die dorp se oudste en mees unieke winkels.

Kos en wyn

Die opwindende eetkultuur van Stellenbosch bied keuses vir bykans enige smaak, van ’n vinnige gelato of artisanale sjokolade tot die beste bistro-eetplek of restaurante vir fynproewers. Daar is vele geleenthede om die streek se baie geure te proe en om die beste van die wynkapitaal te maak, selfs voordat jy die omliggende boerderye verken.

Vermaak

Vir die grootste deel van die jaar bied Stellenbosch vermaak van top plaaslike teater tot populêre musiek. Die dorp se Woordfees-kultuurfees is maar een van vele geleenthede. Geen besoek aan die wynland se somer is volledig sonder om ’n vertoning onder die sterre te geniet by ’n openlug-arena soos die Oude Libertas-amfiteater nie.

Oude Werf Hotel

Die intieme hotel met sy 58 kamers kombineer hedendaagse gemak, tydperk-geïnspireerde atmosfeer en bekroonde argitektuur met die gemaklike persoonlike diens wat reeds vir twee eeue as Suid-Afrika se oudste hotel met deurlopende diens aangebied word. Onthou om die fondamente van ons land se eerste kerk te gaan besigtig wat onder die kombuis ontdek is!

Vir meer inligting oor Oude Werf Hotel besoek die webblad by oudewerf.co.za of gaan loer op sosiale media by Facebook | Twitter | Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.