kategorieë: WenkeSkoonheid

Welige wenkbroue… en dít met seep

Welige wenkbroue … en dít met seep. Deur Bianca Muller. Hooffoto: Honey Bee Creations vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou wenkbroue kan ’n reuse-verskil aan jou voorkoms maak en is daarom ’n belangrike stap in jou grimeerroetine. Die dae van wenkbroue pluk totdat daar slegs ’n dun lyntjie oor is, is lankal verby. Die nuwe mode? Welig en natuurlik. Gryp ’n koekie seep nader vir ’n sakpas-manier om voller wenkbroue in ’n kits te kry. Al wat jy nodig het, is seep (ons stel deurskynende seep voor hoewel enige soort sal werk), ’n bietjie water of grimeersproei en ’n wenkbrouborsel. Jy kan ook ’n wenkbroupotlood byderhand hou as jy jou wenkbroue ná die tyd verder wil afrond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volg die stappe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Maak die koekie seep nat met ’n bietjie water of grimeersproei.
  2. Vryf die wenkbrouborsel oor die seep totdat dit met seep bedek is.
  3. Kam die hele wenkbrou skuins en opwaarts. As jy gekleurde seep gebruik, maak seker dat daar nie oorblyfsels op jou wenkbroue agterbly nie.
  4. Diegene met yler wenkbroue kan die roetine ’n stap verder vat deur ’n wenkbroupotlood te gebruik en in ligte hale in te kleur om die illusie van weliger wenkbroue te skep.

Hierdie metode is baie nuttig as jy nie wenkbroujel het nie. Nie net laat dit jou wenkbroue voller lyk nie, maar die seep se wasagtige tekstuur hou die haartjies ook in plek.

Kyk hierdie video vir ’n demonstrasie van die grimeertegniek.

Lees nog: Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel

Deel
Gepubliseer deur
Bianca Muller

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

2 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

3 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.