In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.
In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.
Kom stap saam deur die kronkelpaaie van geloof, pyn en genesing – Riviere in die wildernis sal jou hart roer en jou herinner dat jy nie alleen is nie.
Jy staan ’n kans om Karlien se nuutste boek te wen!

Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 25 September 2025

