Dis die koue oggende en lang aande van winter – daardie tyd van die jaar wanneer jy wil wegbreek met ’n boek wat jou aandag vasgryp, jou hart vinniger laat klop en jou dwing om net nóg een hoofstuk te lees.
Hierdie maand bring twee van Suid-Afrika se mees geliefde spanningskrywers, Bettina Wyngaard en Marie Lotz, elk ’n nuwe titel wat pas perfek vir daardie leeslus. Of jy nou al jare saam met speurder Nicci de Wee misdade oplos, of pas ingesleep is deur majoor Alek Strauss se donker sake, hierdie twee nuwe boeke is alles wat jy van topklas plaaslike misdaadfiksie verwag – én meer.
Staan ’n kans om Knal deur Bettina Wyngaard en Nagdier deur Marie Lotz te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 31 Julie 2025