Ons bekyk Wenkbrou-threading

Hoe werk dit? Die terapeut gebruik ‘n dubbele garing wat oor die hare vou, en trek so word die haartjies uit die wortels getrek. Hierdie tegniek word meestal op wenkbroue en bo-lip gebruik. Threading word ook gebruik om van ongewenste fyn gesig haartjies ontslae te raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voordele van threading

  • Dit is baie vinniger as pluk en waks – die prosedure neem tussen 5 en 10 minute.
  • Die haartjies wat teruggroei is sagter en fyner.
  • Die proses ‘skrop’ die area en die vel om dit.
  • Dis minder traumaties vir jou vel – veral vir dames wat sukkel met ’n sensitiewe vel,
  • Enigste metode wat soveel definisie aan wenkbroue kan gee. Met threading kan terapeute die vorm van jou wenkbrou verander om meer definisie aan jou oë te gee. ’n Mini “facelift”!
  • Dis minder pynlik as waks en pluk.
  • Jy hoef minder gereeld te “thread” as pluk of waks – as jy haartjies moet pluk tussen jou threading-besoek: Sit jou wysvinger bo jou wenbroue, lig jou wenkbrou saggies – enige haartjies wat onder jou wenkbroue uitsteek, kan jy pluk. Volg die reël om te verhoed dat jy te veel haartjies pluk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons eie threading makeover

Ons het vir kollega Tamlyn Pasqaulie na Eyecandy Brows toe geneem vir ’n threading “makeover”

Tamlyn het vir 3 maande lank haar wenkbroue laat uitgroei omdat sy te veel hare met haar haarntangetjie uitgetrek het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die video:

Wenke om te onthou ná threading:

  • Moenie te veel aan die area raak nie – die tegniek van haarverwydering los jou porieë op omdat die haartjie uit die wortel getrek word.
  • Vermy dit om direk na jou threading grimering aan te wend.
  • Eyecandy gebruik ’n Aloe Vera-jel met die heerlikste massering op die area direk na behandeling om die vel te streel.

Eyecandy Brows het ’n salon in Kloofstraat, Kaapstad en het terapeute by Woolworths Rosebank; V&A Waterfront; Gateway se toonbanke – geen afspraak nodig nie!

Vir meer inligting kontak: www.eyecandybrows.co.za; e-pos: info@eyecandybrows.co.za; skakel: 0792239672

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.