kategorieë: Ontspanning

Wenke om beurtkrag makliker te maak

Wenke om beurtkrag makliker te maak deur Cornelia Postma. Hooffoto: joshblake / istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Langtermyn-wenke wat jy kan implementeer om beurtkrag baas te raak

  • Sonpanele is ’n duur belegging, maar jy kry jou geld terug met verloop van tyd. Sonpanele kan betekendat jy deur die dag van die netwerk af is, en as jy batterye het is jy ook in die nag nie so afhanklik van Eskom nie.
  • Gasstowe is ook deesdae gewild; met ’n gasstoof kan jy nog heel rustig jou maaltye kook, al moet dit by kerslig geeët word.

Lees ook: Is jy gasveilig tydens beurtkrag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Songeisers help dat jy warm kan stort.
  • Indien jy dit kan bekostig, koop ’n kragopwekker, sodat jou ligte kan brand al is jou buurt donker. Dit kan ’n goeie belegging wees, veral vir sakepersele, maar onthou net jy gaan diesel of petrol nodig hê om die kragopwekker te gebruik.
  • Koop ligte wat met sonpanele werk, wat deur die dag buite in die tuin kan staan en laai sodat dit saans as dit donker is, vir jou lig kan verskaf.

Wonder jy wat al die verskillende fases van beurtkrag beteken en inhou? Klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

AleksandarNakic/istock images

Maklike wenke vir die korter termyn

  • Vries 2l koeldrankbottels met water voor die tyd, sodat as die krag lank af is, jy die bottels in jou yskas kan plaas om dit koeler te hou.
  • Jou kos behoort reg te bly as jy nie die yskas te gereeld of te veel keer oopmaak nie.
  • Indien jy bang is dat jou vleis in die yskas gaan afgaan, plaas die kos in ’n koelsak of koelhouer, plaas ys daarin en hou dit toe sodat die kos koud bly.

Lees ook: Ons 5 gunsteling-beurtkragresepte

  • Maak seker jy het genoeg kerse en vuurhoutjies wat maklik bereikbaar is, sodat jy net kan aansteek as dit donker is.
  • Daar is altyd ’n brandgevaar met kerse, hoe romanties ookal. Koop dus eerder ligte wat met batterye werk.
  • Maak seker jy het foonlaaiers wat in die kar kan werk, sodat jy nog steeds jou selfoon kan gebruik. Of kry kragbanke (power banks) om jou tegnologiese toerusting te herlaai, of gebruik jou skootrekenaar.

Lees ook: Selfoonmites en wenke

  • Onthou dat as die krag af is jou hek, alarm en motorhuis ook nie werk nie, so maak seker dit het batterye dat jy steeds veilig is en dat jy in jou huis kan kom.
  • Beskerm jou elektriese toerusting deur kragstuwings-beskermingstoerusting te koop, “multi-plug” met ’n aan en af knoppie is ’n goeie voorbeeld. Of beskerm die toerusting deurdat jy die kragproppe afskakel tydens beurtkrag.
  • Daar is verskeie selfoontoepassings wat jy verniet kan aflaai, naamlik: MyEskom en EskomSePush.
  • Indien jy ’n skedule kan uitdruk, plaas dit op die yskasdeur, sodat almal gereed kan wees as die krag af is.

Lees ook: Apps wat enige vrou se lewe makliker maak

Wees versigtig oor fopnuus wat versprei, maak dus seker van wat jy hoor deur ondersoek in te stel. Indien jy vinnig wil weet of jou buurt in die gedrang is, besoek sosiale mediaplatforms en soek vir “Eskom” jou buurt. Of besoek een van hierdie webtuistes om ’n skedule te vind:  capetown.gov.za, citypower.co.za, tshwane.gov.za, ekurhuleni.gov.za, loadshedding.eskom.co.za

Laastens geniet die donkerte, en kuier weer as gesin saam om ou bordspeletjies en deur lekker saam om die etenstafel stories te vertel.

Lees ook: Hoe gemaak met beurtkrag?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.