kategorieë: HareSkoonheid

Wenke vir fyn hare

Eloise Theys, senior-stilis by Urban Sass in Johannesburg, se raad vir fyn hare:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Probeer om fyn hare nie té gereeld te was nie. Natuurlike olies is baie goed vir die kopvel en hare
  • Gebruik altyd opknapper, selfs al is dit ’n ligte opknapper wat jy nie nodig het om uit te spoel nie. Onthou hierdie reël veral wanneer jy jou hare kleur
  • Gebruik altyd ’n sjampoe met volume om die hare te bedek en dikker te laat vertoon
  • Wees sag wanneer jy jou hare was
  • Moenie jou hare te veel borsel nie
  • Probeer om sjampoe met ’n verhelderende produk af te wissel
  • Belê in goeie droë sjampoe
  • Belê in ’n goeie haarstilis!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gebruik hierdie produkte

  • Kerastase – Densifique Bain Densite: ’n Goeie volume-sjampoe wat help met die hare se digtheid. Dit bevorder haargroei sonder om die hare droog te laat
  • Kerastase – Densifique Masque Densite: Hierdie is ’n fantastiese masker wat soos ’n jel werk en nie die hare aftrek nie
  • Kerastase – Densifique Serum Jeunsse: Wonderlike serum wat jy in die hare los om dit te verdig en vinniger te laat groei
  • Bhave-KNOCK ‘Em Dead Volume & Texture: Va Va Voom-volume! Elimineer oortollige olie en verfris die hare tussen wasse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tuisbehandeling

  • Kerastase Density Capillaire: Ampules wat tuis gebruik kan word om haargroei en dikte te stimuleer
  • Kerastase Specifique Stimuliste: Behandeling wat jy in die hare los om haardigtheid in stand te hou
  • Smeer warm kasterolie op jou kopvel en masseer vir ’n paar minute. Draai ’n handdoek om jou hare en los vir 20 minute. Dit ruik nie baie lekker nie, maar werk soos ’n bom vir haargroei

Haarstyle vir vroue met fyn hare

  • Fyn hare benodig volume. Ons beveel die “shagg”-haarstyle aan. Dit lyk mooi as jy dit reguit blaas of krul. Hoe korter die styl, hoe dikker sal jou hare lyk. Enige kort styl is ’n goeie keuse vir fyner hare. As jou hare lank en fyn is, vat dit op.
  • Kort bob wat in lae gesny is
  • Klassieke 90’s bob
  • Lang hare lyk mooi as dit in lae gesny is
  • Jy kan ook pret hê met kleur. Kies pastelkleure of Ombré in 2017

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.