kategorieë: HareSkoonheid

Wenke vir gesonde hare hierdie somer

Wenke vir gesonde hare hierdie somer deur Corné Greeff. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van die grootste foute wat mense maak

  • Elizma Crous, opvoedkundige bestuurder van Modern Hair & Beauty sê, “van die grootste foute wat mense maak is om hulle hare self te kleur en nie by die salon nie. Hulle gebruik ook die verkeerde produkte. Gewone kleur wat jy by die huis aanwend het die geneigdheid om jou hare se kondisie en gesondheid te beskadig. Daarenteen  bevorder professionele kleur en tuissorg-produkte jou hare se kondisie en help dat jou hare gesond bly.”
  • Angela Smith meen dat “mense vergeet hoe belangrik dit is om die regte behandeling in die salon te kry. Dit is nie altyd genoeg om net jou hare self by tuis te behandel nie.”
  • Elizma Crous, opvoedkundige bestuurder van Modern Hair & Beauty stel voor dat wanneer jy donker hare het jy eerder nie ’n drastiese transformasie moet ondergaan en jou hare probeer blond maak nie. Dit gaan net jou hare beskadig. “Wanneer jy wel besluit om dit te doen moet jy jou haarstilis vra om iets soos die WellaPlex te gebruik wat jou hare sal beskerm.”
  • Maak jou hare op verskillende hoogtes vas. Jou haarbandjie beskadig die gedeelte van jou hare waar jy dit heeltyd vasmaak.
  • Onthou om altyd jou hare 2 keer met ’n reiniger te was voor jy jou opknapper aanwend, so maak jy seker dat al die vuiligheid verwyder is.

Lees ook: Maak jy enige van hierdie 13 haarwasfoute?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat jy eet, is belangrik

Die hare wat jy sien (jou haarskag) is dalk dood, maar terwyl dit vorm, is dit lewend. Elke haarvlies waaruit die haar gevorm word, bestaan uit ’n netwerk van senuwees, bloed en spiere. Die bloedvaatjies in jou haarvlies stel voedingstowwe aan die lewende selle vry soos wat hulle in verhoornde proteïene verander wat by jou kopvel uitgroei.

Die voedingstowwe wat jy deur jou dieet inkry, is ook wat jou hare voed en die kondisie beïnvloed.

Goeie koskeuses vir jou hare is:

  • Eiers (’n bron van proteïen en biotien)
  • Bessies (anti-oksidante en vitamiene soos veral vitamien C)
  • Vetterige vis (omega-3)
  • Patats (vitamien A)
  • Avokado’s (vitamien E, essensiële vetsure en anti-oksidante)
  • Neute (vitamien E, B, sink en essensiële vetsure)
  • Soetrissies (vitamien A en C)
  • Garnale (proteïen, vitamien B en D, sink en yster)
  • Bone (proteïen, yster, sink, biotien)
  • Vleis (proteïen en yster).
  • Maak ook seker jy drink genoeg water!

Lees ook: Hoekom heuning goed vir jou vel en hare is

Begin jou somer met ‘n goeie haarsny

Maak sommer al voor jou vakansie of wanneer jy meer tyd in die son, see en swembad gaan deurbring vir jou ’n haarafspraak. So kan jy ontslae raak van droë- en gesplete punte voor dit nog erger raak.

Indien jy voel dat jou hare weer begin droog word, moet jy dalk eerder weer jou punte laat sny.

Moenie bekommerd wees nie, jou hare groei gewoonlik vinniger gedurende die somermaande.

Elizma Crous, opvoedkundige bestuurder van Modern Hair & Beauty stel voor dat jy minstens elke 8-12 weke jou hare se punte laat sny en dan sommer ook jouself bederf met ’n behandeling vir jou hare by die salon.

Lees ook: 8 dinge wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur

Beskerm jou hare teen die son en ander omgewingsfaktore

Die son en ander omgewingsfaktore beskadig nie net jou vel nie, maar kan jou hare ook baie erg beskadig, Ulrica Maia, tegniese raadgewer by JOICO se beste raad is, “die regte tuissorg is baie belangrik wanneer dit kom by beskerming teen omgewingsfaktore. Glo dit of nie, maar besoedeling kan veroorsaak dat jou hare breek, sy glans verloor en ook veroorsaak dat jou hare sy kleur vinniger verloor.”

Angela Smith beveel ook aan dat jy produkte gebruik wat  UV-beskerming bevat en jou hare so min as moontlik aan die son en ander omgewingsfaktore bloot te stel wat dit kan beskadig.

Maak daarvan ‘n gewoonte om ’n hoed te dra wat jou hare beskerm teen die son se strale. Dink net aan die skade wat die son aan jou vel kan aanrig, dus is dit belangrik om jou hare ook teen die son te beskerm. ’n Lekker sonhoed sal nie net jou hare beskerm nie, maar ook jou kopvel, ore en ander areas wat sensitief is vir die son.

Lees ook: Selverbruining – sonder die geel strepe!

Beskerm jou hare teen hitte

Tarryn Aboud, opvoeder by ghd se beste raad is, “gebruik altyd ’n hitte-beskermingsproduk voordat jy jou hare stileer.”

Ulrica van Joico sê, “Dit is baie belangrik dat jy ook hitte-beskermingsprodukte gebruik wanneer jy jou hare was en droogblaas, asook die dae daarna wanneer jy dit weer stileer. Jou hare begin te smelt wanneer dit aan temperature van meer as 205 °C blootgestel word en wanneer jou hare nie beskerm word nie is dit amper asof jou hare ’n slagoffer met baie erge brandwonde is.”

Lees ook: Die mooiste lipstiffies wat jy hierdie somer moet dra

Gee jou hare ‘n ruskans

Angela Smith meen “wanneer jy jou glansende hare wil terughê, moet jy jou hare minder stileer, werk saam met jou hare se natuurlike styl deur dit nie elke dag met ’n warm-stileerder te stileer nie.”

Laat jou hare self droog raak, of maak ’n vlegsel voor jy gaan slaap, Slaap met ’n vlegsel en word wakker met golwende hare.

Mya Holder, haarstilis by Gary Rom se beste raad is, “onthou, wanneer jou hare nat is “rek” dit en wanneer dit droog word, krimp dit weer. Moet eerder nie jou hare styf vasmaak in ’n bolla of poniestert nie, want dit sal veroorsaak dat jou hare breek.”

Lees ook: Vakansieskoonheid SOS

Borsel gereeld jou hare

Deur jou hare gereeld te borsel, stimuleer jy die bloedsirkulasie na jou kopvel. Sodoende word jou haarwortels gevoed en bevorder dit die hare se groei, omdat beter bloedsirkulasie sorg dat daar meer suurstof en voedingstowwe na jou haarfollikels gaan.  Maak ook seker jy vervang gereeld jou haarborsel, wanneer dit lyk of dit al beter dae gesien het, is die kanse groot dat dit het. ’n Wyetand-kam werk ook beter as ’n gewone haarborsel. Gewone borsels sal jou nat hare trek en dit dan laat breek.

Lees ook: 20 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n bikini-waks kry

Kies produkte wat jou hare bevogtig

Elizma Crous, opvoedingkundige bestuurder van Modern Hair & Beauty meen, “‘n goeie bevogtiger vir jou hare net so belangrik soos water vir jou liggaam. Onthou om altyd ’n opknapper te gebruik na jou reiniger. Gebruik ook ’n masker op jou hare elke vyfde keer wanneer jy jou hare was, asook wanneer jou hare begin droog voel, of wanneer jy baie tyd in die swembad of see deurgebring het.”

Lees ook: Leer jouself weer liefkry

Slaap op ‘n sy-kussingsloop

Slaap op ’n sy-kussingsloop, dit verminder wrywing terwyl jy slaap en trek nie aan jou hare soos gewone katoen of linne nie. Sy help ook jou hare en vel om bevogtig te bly terwyl jy slaap.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.