kategorieë: ReisOntspanning

Wenke vir ’n sneeu-vakansie

Vermy koue voete

Ons almal weet: as die voete warm is, is die res van die lyf gelukkig. Maak dus seker dat jy in ’n paar goeie, termiese sokkies vir elke lid van jou gesin belê. Ons stel voor: Falke Ski-sokkies by Cape Union Mart (R90)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ski op ’n begroting

Kinders groei vinnig, daarom is dit wesenlik om eerder hulle ski-gereedskap te leen of te huur. Dit sal jou minder uit die sak jaag en dan het jy boonop geen stoorplek wat die res van die jaar opgeneem sal word nie! Ons stel voor: Megaski ski-gereedskap huurders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Keer sonbrand

Maak seker dat jy en jou gesin goed teen die son se weerkaatsing beskerm is! Die sneeu kan soms baie misleidend wees en voor jy jou kan kry, is jy bloedrooi gebrand. Hoewel jou lyf hoofsaaklik onder verskeie lae klere weggesteek sal wees, is dit jou gesig wat die pakslae gaan vat. Wees dus beraad daarop en wend sonbrandroom aan. Ons stel voor: Eucerin SPF 50-sonbrandroom by Dis-Chem (R189,95)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beskerm die oë

Tweede op jou paklys moet ’n goeie paar sonbrille of stofbrille wees. Deur jou oë te beskerm sal jy die weerkaatsing van UV-strale vanaf die sneeu keer. Sodoende spring jy ook die kans vry om sneeu-blindheid, ’n tydelike beskadiging van die oë weens oormatige UV-bestraling, te kry.

Bly warm

’n Koppie warmsjokolade is nooit ’n slegte idee met ’n sneeu-vakansie nie. Nie net is dit ʼn lekker bederf nie, maar dit sal ook keer dat jy vinnig koud kry. In dié sin is dit goed om pro-aktief te wees, onthou: as die koue eers in jou bene is, is dit moeilik om weer op te warm. Ons stel voor: Cafe Enrista Warmsjokolade by Pick n Pay (R59,99).

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.