kategorieë: WenkeSkoonheid

Wenke vir selfverbruining

1. Berei jou lyf vir die selfverbruiningsproses voor: skilfer twee keer per week al die plekke af wat jy gaan bruin maak en bevogtig daagliks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Die beste tyd vir aanwending is vroegaand sodat die room kan ontwikkel en jy die volgende oggend nog noodhulp op onooglike strepe kan toepas, of noodgedwonge kan wegsteek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. As jou kleur streperig uitgekom het, wend lyfskrop aan, was af, smeer ’n bietjie vars suurlemoensap aan en bevogtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Moenie probeer om ’n ligte vel met een laag diepbruin te kry nie. Kies eerder ’n geleidelike verbruiner en bou die kleur op.

5. Jou kitsbruinlyf gaan op sy natuurlikste lyk wanneer jy produkte kies wat ontwikkel is vir die bepaalde skakering van jou vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Moenie vergeet om ook ’n bietjie selfverbruiningsroom aan jou voete te smeer nie, anders lyk dit of jy ’n “sokkietan” het.

7. Vra iemand om ’n handjie by te sit op plekke soos jou rug waar dit ’n gesukkel is om by te kom.

8. Gebruik produkte wat afgewas kan word as jy nie weet hoe die selfverbruiningsgrimering op jou gesig gaan lyk nie – sommige produkte is selfs water- en sweetbestand!

9. Die voordeel van selfverbruiningsrome wat gekleur is, is dat jy kan sien waar en hoe deeglik jy dit aanwend.

Lees ook: Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.