kategorieë: Ontspanning

Wêreld Soutbewustheidsweek

Die verhouding tussen hoë bloeddruk en ’n hoë sout-inname toon aan dat ’n geraamde 3.3 miljoen Suid-Afrikaners met hoë bloeddruk sukkel. Hoë bloeddruk kan op sy beurt verband hou met hartsiektes en beroerte. Aangesien jou dieet ’n direkte uitwerking op jou bloeddruk het, sal die beperking van sout-inname die risiko vir hartsiektes en beroertes verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sampioene is een van die beste lae-natrium kossoorte! Vars sampioene bevat slegs 14mg natrium per 100g. Onthou dat ’n lae sout-dieet tussen 400 en 1000 mg natrium per dag toelaat, daarom is sampioene ’n uitstekende keuse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

10 Wenke om sout-inname in jou dieet te verlaag:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Lees die voedseletikette wanneer jy inkopies doen en kies lae-natrium of soutvrye alternatiewe in voorafverpakte kosse.
2. Maak seker daar is altyd vars of gedroogde vrugte en ongesoute neute by die huis of werk, asook in jou kinders se kosblikke.
3. Beperk wegneemetes en kitskos soos hamburgers, gebraaide hoender en pizza.
4. Vra vir aartappelskyfies sonder sout.
5. Wanneer jy wel pizza bestel, kies ’n vegetariese of hoender-opsie in stede van pepperoni, spek of ekstra kaas.
6. Wanneer jy uiteet, vra dat souse en ander ekstras apart bedien word en nie saam met die gereg nie.
7. Vermy disse wat bestanddele bevat met ’n hoë sout-inname soos Oosterse souse, bereide of beleë vleis en kaas.
8. Moenie ekstra sout oor jou kos sprinkel wanneer jy tuis of in ’n restaurant eet nie.
9. Koop smaakmiddels, souse en smere met lae natrium en geen sout.
10. Vervang sout met kruie en speserye wanneer jy kos maak.

– Bron: WASH (World Action on Salt and Health). Besoek hul webblad by www.worldactiononsalt.com/

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.