kategorieë: VelsorgSkoonheid

Werk aan jou velfiksheid met Sorbet se 365 Skin Workout

Werk aan jou velfiksheid met Sorbet se 365 Skin Workout. Inligting en foto’s verskaf deur Sorbet. {Geborg}

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Werk aan jou velfiksheid met Sorbet se 365 Skin Workout

Velfiksheid is die nuwe “park run” – sonder hardloopskoene of ‘n handdoekie vir die sweet.

Dis die nuwe manier om jou vel te bederf, af te rig en weer op te bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En dit alles begin met die syfers 3.6.5.

365-Skin Workout het sy oorsprong in die velsorgmark van Barcelona, en is Suid-Afrika se top, fiksheid-eerste velsorgreeks wat al die harde werk vir jou doen.

Hierdie nuwe, veeldoelige velsorgreeks is geïnspireer deur leidende internasionale farmakosmeseutiese tendense, en bied ‘n vergelykende rekord van velherstel in slegs 8 weke.

Sorbet, Suid-Afrika se gunsteling franchise salonhandelsmerk, se eksklusiewe samewerking bring die 365-behandelings en -produkte eerste na die plaaslike mark.

365 werk saam met jou vel om dit te leer en te versterk om van binne af die beste moontlike weerstandslagie te bou en in stand te hou  – elke dag van die jaar.

Sorbet se 365-reeks verdeel die produkreeks suksesvol in die vier fases van enige oefensessie: Warm Up, Cardio, Strength Training en Cool Down. Elkeen van die fases kom met sy eie aktiewe bestanddele vir geïnspireerde resultate.

En asof dit nie genoeg is om die spel te verander nie, is daar nog die 365-handelsmerk se supersoniese velsorgskandeerder.

Hierdie revolusionêre produk is ontwerp vir akkurate velsorg-analise, en kan UV-skade, sellulêre aktiwiteit, plooidiepte, bevogtigingsvlakke en nog baie meer vinnig identifiseer.

Sorbet-gaste sal ‘n verpersoonlikte 15-minuutlange, 365-velskandering kry by ‘n velsorgafrigter in Sorbet-winkels.

Hiermee saam kry jy ‘n 30 of 60 minute velbehandeling wat die beste pas by jou vel se fiksheidsvlakke.

Elke gas sal ook ‘n pasmaak-365-velsorgpak, gebaseer op die skanderingsresultate, ontvang.

Werk aan jou velfiksheid met Sorbet se 365 Skin Workout

365 velsorgpakke sluit in

  • Renew – vir verouderende vel
  • Bright  – vir hipergepigmenteerde vel
  • Restore – vir sensitiewe vel
  • Balance – vir ‘n probleemvel
  • Healthy – vir alle veltipes.

Werk aan jou velfiksheid met Sorbet se 365 Skin Workout

Daar is nog meer goeie nuus vir fiksheidsentoesiaste!

Die 365 Skin Workout-produkte bevat geen  parabeen, lanolien, mineraalolie of parfuum nie. Dit word nie getoets op diere nie, en die verpakking is besoedelingsvry.

365 Skin Workout en Sorbet-salonne nooi jou uit om ‘n nuwe, doeltreffende velsorgroetine te beproef in lyn met die produk se leuse “Know your skin. Coach your skin. Invest in your skin”.

Velskandering, pasgemaakte gesigsbehandelings en die 365 SkinWorkout-reeks is beskikbaar by alle Sorbet-salonne landswyd.

Vir nog goeie velsorgraad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.