kategorieë: Skoonheid

Wil jy met ’n splinternuwe voorkoms spog? Skryf nou in vir kykNET se ‘Stralend’

Die gewilde TV-persoonlikheid Angelique Gerber en haar span soek 12 vroue om hierdie lewensveranderde reis saam met hulle aan te pak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al die deelnemers kry die geleentheid om ‘n nuwe en beter weergawe van hulself te word en selfs hul voorkoms radikaal te verander. Hierdie vroue word uitgedaag om hul grense te verskuif en ’n dieper begrip van hul eie potensiaal te ontwikkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deur die loop van die reeks sal hierdie dapper dames ’n ongelooflike transformasie ondergaan en die selfversekerde en pragtige vroue word wat hulle nog altyd binne was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Stralend is nie ’n program wat fokus op gewigsverlies nie, want dit dra die boodskap oor dat jou geluk van ’n spesifieke gewig afhang. Stralend beklemtoon daardie innerlike skoonheid wat jou uniek maak. Ons bied wel wenke vir grimering en styl, maar die uiteindelike doel is selfaanvaarding, selfliefde en respek vir jou eie uniekheid,” sê Angelique.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Francois de Klerk, beter bekend as Fafa, sal aan Angelique se sy staan as die reeks se stilis. Fafa is ’n bekende grimeerkunstenaar en stilis in die Suid-Afrikaanse mode- en skoonheidsbedryf. Hy het die vermoë om ’n visie werklikheid te maak en mense te help om hul selfbeeld te verbeter deur middel van grimering en stilering.

JC Snooke, mede-regisseur van die reeks, sê dis nou die tyd vir vroue om lief te wees vir wie hulle werklik is. “Stralend is daar om vroue die selfvertroue te gee om hul ware self te wees. Ons fokus op die kop, hart en siel omdat dit die plekke is waar die transformasie plaasvind.”

Stuur ’n e-pos na production@talent-etc.co.za om in te skryf. Inskrywings sluit op 15 Februarie 2024.

Verfilming sal in Gauteng plaasvind.

Lees ook: WEN ASICS Gel-NIMBUS™26-tekkies!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.