Winter in swart-en-wit

Deur Ansu Visser

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met dié dat my lekker dik winterserp my kop keer om vrylik rond te kyk terwyl ek bestuur kan ek dit nie meer ontken nie: die winter is hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het nou al begin vrede maak daarmee dat daar baie goed in hierdie lewe is wat ek nie verstaan nie. Een daarvan is die liefde wat sekere mense vir die winter het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die enigste keer wanneer ek die winterkoue met ope arms verwelkom, is oor ’n naweek, want hoe dieper ek in my komberskokon inkruip, hoe makliker is dit om te vergeet hoe koud dit is. Maar soos alle goeie dinge kom naweke ook tot ’n einde en wanneer Maandag vir Sondag volg, moet ek uit my kombersnessie uitkruip en ’n berg klere aantrek om die koue buite af te weer.

Hierdie berg klere, die lae op lae om die koue te probeer keer, is regtig die ding wat ek die meeste haat (en ek weet haat is ’n sterk woord, so jy moet weet hoe sterk ek hieroor voel) van die winter. Jou vryheid van beweging word beïnvloed, skoon klere behoort tot  die verlede en moenie eens begin praat oor “vinnig” badkamer toe gaan nie. Niks gebeur meer vinnig nie …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om daardie rede hoe ek daarvan wanneer ’n outfit al die goeie “m”-woorde besit: Minimalisties, mooi, en warm(mmm).

Hierdie uitrusting is ’n wenner: Ek het deur my werksgange geloop en komplimente gekry vir die uitrusting, en aangesien ons beplan het om ná werk foto’s te neem het hierdie een vir seker die toets geslaag. Jy kan my maar vertrou.

Ek voel gemaklik, knus en warm en die jas is die enigste ekstra laag klere wat ek dra. Die res van die uitrusting bestaan uit my eenvoudige wit kortmou-T-hemp van Zara, swart jeans, stewels en ’n baadjie.

Die uitrusting dien as bewys dat jy nie regtig soveel nodig het om in die winter warm te voel en te lyk nie.

Ek het ’n paar maande gelede geblog oor die wintermodes in New York. My goeie vriendin Mila Guy het genoem dat die groot modegier in die Groot Appel is dat almal van kop tot tone swart dra, maar met ’n klein ietsie daarby om dit interessant te hou.

So, ek sien hierdie outfit as iets wat ek op ’n wintersdag in New York sou dra.

Lees ook: Hoe werk wintermodes in New York?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.