1 Winterwarm-mokka

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Smelt 200 g donker sjokolade en 45 ml organiese koffie (ons het Woolworths s’n gebruik) in ’n klein kastrol. Skep die sjokolademengsel in 4 hittebestande glase en verdeel 2 1/2 k warm volroommelk tussen die glase. Sit voor met malvalekkers en ’n skeppie van die melkskuim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Stroperige poeding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gee jou gunstelinggebakte nagereg ’n gedaanteverwisseling en bedruip dit met 125 ml gegeurde rooibosstroop terwyl dit nog warm is. Sit voor met lepels vol mascarponekaas.

3 Ryk sjokolade-en-karamel-drankie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verhit 3 k volroommelk en geur met ’n vanieljepeul en -saadjies en 3 kardemompeule. Voeg 2 groot eetlepels sjokoladesous en 2 groot eetlepels karamelfudge by die warm melk en roer tot die sous gesmelt is.

Om dit nog lekkerder te maak, kan jy ’n paar skeutjies van jou gunstelinglikeur byvoeg. Verwyder die vanielje-en-kardemompeule. Verdeel in vier glase en versier met gerasperde sjokolade.

Probeer ook warm gebakte brie

Gebruik gegeurde rooibosstroop oor ’n groot, ryp brie- of camembertkaas en strooi ’n hand vol heel, geroosterde amandels en droë appelkose bo-oor die kaas. Bak vir 10 min. tot deurwarm en smul.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

18 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.