kategorieë: LeesOntspanning

Wipkar, hoofstuk 1

Hoofstuk 1

82 kg. Dis die swaarste wat Arien Cronjé nog geweeg het. Die gewig hang soos ’n marmerblok aan haar hart. Sy het ’n launch by Clarins vanoggend en sal weer een van haar verslankende swart nommertjies moet aantrek. Sug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jos lê nog en snork. Die kamer ruik na laasnag se whisky en sweet. Hy het gisteraand weer oorboord gegaan. Sy lippe tril onder sy snor. Hy draai om in sy slaap en los ’n harde wind. Die man van haar drome …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy klap die kasdeure moedswillig hard toe en gil die gang af dat die seuns moet opstaan. As hulle nie sesuur uit Allensnek ry nie, vang die verkeer oor die westelike verbypad hulle en dan is die seuns laat vir skool. Jos begin eers negeuur werk, maar is gesteld op sy oggendslapie. Dié hardwerkende makelaar het sy rus nodig. Terloops, Arien begin ook negeuur werk, maar dit is haar taak om die seuns by die skool te kry. Sy is mos die ma.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Arien plaas haarself elke oggend in zombie-modus as sy die seuns moet regkry vir skool. Dis asof sy opstyg en uit die lug die spektakel in die huis in Waverleylaan aanskou. Asof sy nie die vrou en tienerseuns ken wat so tekere gaan nie. Sy sien hoe die vrou voor haar uitstaar as die verkeer opdam en die seuns aanhou stry, hoe die vrou die kinders by hul skool in Linden aflaai en met ’n koerant en ’n koppie koffie in ’n koffiewinkel gaan sit.

Partykeer dink Arien dit is wat haar help om nie mal te word nie. Daardie uurtjie van saligheid alleen in die koffiewinkel voor sy Conrad Drive se verkeer pak na Sandton.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gepantser in ’n getroue swart nommertjie en pruimrooi lippe stap sy later die oggend by die launch in. Verskeie ander skoonheidsterapeute kom kus haar flussies op elke wang met ’n “Darling you look fabulous!” Sy kies dadelik koers na die tafel met canapés en stop haar kieste vol. Sy weet ’n paar van die dun brigade hou haar geskok dop want by skoonheids-launches is daar altyd elegante canapés, maar niemand eet dit nie. Net sy en Cari knibbel lustig. Cari, die wulpse Italianer is altyd soos ’n vars bries tussen al die pretensie.

“Tyd vir ’n skelm siggie?” Cari se swart hare is super kort geskeer aan die kante. Die paar krulle wat op haar kop oor is, is styf gejel. Haar lippe is vlamrooi en haar swart oë perfek omlyn in ’n Oosterse styl.

Arien gryp byna die sigaret by haar.

“Jy het geen idee hoe nodig ek dit vanoggend het nie!”

Cari het in Waterkloof grootgeword. Haar pa was Italië se ambassadeur en het besluit sy dogter sal Affies toe gaan om dissipline te kry. Dit maak haar ’n Italianer met ’n stewige skoot Boere-opvoeding. Dis hoekom sy en Arien sulke groot maats is. In die wedywering van die skoonheidsindustrie is Cari vir Arien ’n reddingsboei.

“Ag Meisie, wat is fout? Het jy nog nie vir ou brombeer gelos nie?”

Cari is baie reguit en soms wil Arien haar vererg as sy so met disrespek van Jos praat. Maar sy weet Cari het Jos lankal deurgekyk.

Haar opsomming van Jos is gewoonlik: “Hy is ’n gemaksugtige luiaard. Hy drink te veel en waardeer jou nie.”

Cari steek vir hulle elkeen nog ’n sigaret aan. Dit is sy wat Arien skelm leer rook het. Arien rook net as sy saam met Cari is en Jos kan haar daarom nie verdra nie. Arien was op skool en universiteit ’n stroopsoet kind. Toe trou sy met Jos en verander in die stroopsoet eggenoot.

“Nee, Meisie, jy het bietjie opwinding in jou lewe nodig. Dis tyd dat jy ’n lover kry.”

Arien trek lank aan die sigaret. Sy stik. As sy haar asem terugkry, gooi sy wal.

“Ek is Afrikaans, onthou.”

Sy verstom haar altyd aan die sensuele manier waarop Cari rook kan uitblaas. Als aan Cari is sensueel. Tot haar groot heupe.

“Ek weeg nou 82 kg.” Arien spoeg die onthulling byna uit.

Cari knip nie eens haar perfekte wimpers nie.

“Ek sê weer, jy het ’n lover nodig. Jy sal gewig verloor en al jou stres ontlaai. Iemand moet jou lipstiek afsoen en jou tone laat krul. Dis wat jy nodig het.”

Arien dink die hele dag aan Cari se opmerking, maar sy betig haarself oor die gedagtes.

Hoe kry mens ’n lover? Dink sy by haarself. Vir Cari is dit maklik, sy trek mans aan soos bye om ’n blikkie Coke.

Sy kan nie eens dink hoe teleurgesteld haar ma sal wees as sy uitvind sy is ontrou aan Jos nie! Dan betig sy haarself: “Jy het nog nie eens die lover nie en jy is al klaar ’n wrak oor wat jou ma gaan sê!”

Sy kan nie op haar werk konsentreer nie. Wie sal ’n goeie lover wees? Sy het op skool net een kêrel gehad en sy het hom in matriek gelos oor sy hande op allerlei onbehoorlike plekke gevroetel het. Sy het ’n vrees gehad om swanger te raak en ’n vrees vir die sonde en ma se teleurstelling.

Hendri, dit was sy naam. Hy was by verre die gewildste seun onder die meisies op skool en sy was gevlei toe hy haar uitkies.

“Vir jou gaan ek my prinses maak.” Sy onthou dit so goed. Hy het dit dikwels gesê. Maar die druk wat hy op haar geplaas het om ten volle sy prinses te word, was te veel vir haar. Hendri is Stellenbosch toe en sy het jare laas aan hom gedink.

Arien Google Hendri du Toit se naam. Hy is nie op Facebook nie, maar wel op LinkedIn. Sy foto laat haar verveelde are druis. Daardie blou oë het haar op skool laat smelt. Hy het aantreklike laglyne langs sy oë.

Sy soek verder. Daar is verwysings na sake wat hy vir groot maatskappye gewen het. Selfs foto’s van hom saam met ’n paar vername sakemanne en politici. Hendri du Toit is suksesvol … en steeds gevaarlik aantreklik.

Sy skrik byna toe sy sy e-posadres op ’n webtuiste vir prokureurs sien. Haar hand sweet toe sy dit neerskryf. Sy wens sy het nou een van Cari se sigarette gehad.

Sy skryf die e-pos ’n paar keer voor sy dit stuur.

“Goeiedag Hendri. Ek het dertig jaar gelede op skool ’n ruk met jou uitgegaan. Ek is besig om huis skoon te maak en ek het nog heelwat van jou skoolfoto’s. Ek sal dit graag aan jou wil terugbesorg. Gee asb. jou posadres dan stuur ek dit vir jou. Groete, Arien.”

Haar ingewande ruk. Sy bel Cari bewend.

“Ek het pas ’n verskriklike ding gedoen!”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.