kategorieë: LeesOntspanning

Wipkar, hoofstuk 17

Arien voel tam na ’n slapelose nag. Sy het rondgerol oor Lorna se SMS. Hendri het so opreg gelyk toe hy oor sy huweliksprobleme gepraat het. Hy het nie regtig iets negatief van Lorna gesê nie. Nou lyk die prentjie heeltemal anders. Die vrou wat gister op haar terapietafel gelê het, is ’n gebroke mens. As alles waar is wat sy oor Hendri vertel het, is hy ’n hartelose man wat ’n gewoonte daarvan maak om sy vrou te verkul … nes Jos. Dit wat haar die slegste laat voel, is dat sy wat Arien is nou self in die situasie van die ander vrou beland het. Sy is nou innig dankbaar dat sy nie saam met Hendri vir ’n naweek weggegaan het nie, maar sy voel steeds vuil asof sy reeds ’n fisieke affair met Hendri gehad het. In haar hart weet sy sy het haar gedagtes in die rigting van ’n fisieke verhouding met Hendri laat gaan. Sy het kantbroekies en bras gaan koop omdat sy mooi wou lyk vir Hendri … as dinge tot ’n punt sou kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op pad werk toe bel sy vir Cari en blaker die hele drama uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cari is ’n rukkie stil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“O shhhi…iks! Dis nou vir jou ’n nare kinkel. Dit sou soveel makliker gewees het as Hendri se weergawe waar was. Nou sê jy die vrou is nogal nice en sy is werklik gebroke? Aggenee! Dit is jammer dat Hendri die nare vlekkie in sy karakter het. Ek is so jammer ek het jou aangemoedig met die hele ding. Ek het net gedink jy het afleiding nodig van Jos. En wel, Hendri het darem aan die begin onweerstaanbaar geklink.”

Arien voel tranerig en sy het regtig raad nodig. Al het Cari nie altyd die beste reputasie as raadgewer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wat nou? Moet ek die vrou vir koffie nooi en haar om verskoning vra? Moet ek hom konfronteer? Ek voel soos ’n slegte vrou! Of nee, ek ís ’n slegte vrou! Ek is nog nie eens behoorlik van Jos geskei nie en nou pleeg ek dieselfde sonde as waarvan ek hom beskuldig!”

Cari maak haar vinnig stil.

“Jy is nie ’n slegte mens nie, jy gaan net deur ’n moeilike fase en dit is alles Jos se skuld. As hy homself gedra het en aan sy gesin gedink het, sou dit nie gebeur het nie. Jy het hom mos al honderde kanse gegee? Jy kan nie jou situasie met Jos se los verhoudings vergelyk nie. En, jy snuif nie kokaïen nie en jy suip nie soos ’n vis nie. Jy is ’n vrek goeie ma en was die beste vrou moontlik vir Jos met al sy dinge. En Hendri, ja, vir hom moet ons uitsorteer. As Lorna reg is, is hy ’n slymbol en die laaste ding wat jy nou in jou lewe nodig het. Ek gaan nou net in ’n vergadering in. Ek bel jou later as my kop kans gekry het om nare plannetjies uit te dink!”

By die salon staan die veiligheidsmaatskappy en ’n polisievoertuig met flitsende ligte op die sypaadjie. Jana en die span staan met groot oë rond.

“Iemand het ingebreek! Die venster stukkend geslaan en elke glasdeur in die salon gebreek! Dit lyk darem nie of iets gesteel is nie!” Jana snuit haar neus ’n paar keer om die trane te beheer.

“Dis ’n hengse gemors! Hoe gaan ons alles weer skoon kry? En die kliënte?”

’n Gesprek met die speurders bevestig wat Arien reeds vermoed. Vandalisme.

“Is daar dalk ’n kliënt wat ontevrede was oor die behandeling? Het jy enige vyande, Mevrou?”

Arien bewe van skok. Sy kan nie glo wat besig is om met haar te gebeur nie. Kan dit Jos wees? Maar sy ken Jos te goed. Selfs in sy dronkste situasies sou hy nooit so iets gedoen het nie. Sy weet baie goed wie die skade aangerig het.

“Nee, ek het nie vyande of ontevrede kliënte waarvan ek weet nie,” jok sy vir die speurder.

Die speurders neem haar en die personeel se vingerafdrukke, maar omdat daar die vorige dag so ’n groot groep kliënte deur die kliniek is, sal dit moeilik wees om te bepaal wie die misdaad gepleeg het. Arien weet die SMS van Lorna kan ’n goeie bewys wees, maar sy is te skaam om te erken sy het met ’n getroude man deurmekaar geraak.

Nadat die speurders hulle werk gedoen het, reël Jana dat ’n opruimspan die salon kom skoonmaak. Sy neem beheer en bel die versekeringsmaatskappy en ’n maatskappy om al die glas te kom herstel. Elke kliënt wat verontrief word, kry ’n geskenkbewys om te gebruik as die salon weer oop is.

Arien is dankbaar vir Jana se hulp. Sy sit net by die koffiewinkel ’n blok van die salon af voor haar en uitstaar.

Skielik staan Jos langs haar.

“Ek het gehoor hier was ’n inbraak. Ek het kom help.”

Hy gee haar ’n versigtige drukkie en bestel vir haar ’n bakkie roomys met sjokoladesous. Arien glimlag bewerig. Jos onthou dat roomys met sjokoladesous haar kan troos. Deur al hul drama saam onthou Jos dit.

“Ek dink  jy moet hierna huis toe gaan en later die kinders gaan haal. Ek sal die skoonmaak- en herstelproses vir jou bestuur … Die hemel weet, ek is dit aan jou verskuldig. Ek weet wat die salon vir jou beteken. Dit wat nou gebeur het, verdien jy nie.”

Arien wil Jos nie eens in die oë kyk nie. Sy voel te skuldig. Sy voel sy verdien wat met haar gebeur het. As dit Lorna was wat die salon kom beskadig het, verdien sy dit. Maar sy is dankbaar vir Jos se hulp.

Laatmiddag bel Hendri. Sy is nie lus om die foon te antwoord nie. Sy wil hom nooit weer sien nie. Hy is ’n gewetenlose leuenaar. Hy het haar laat verstaan sy huwelik is verby en dat hy die onskuldige party is.

Na nog twee onbeantwoorde oproepe stuur hy ’n SMS.

“Ek weet Lorna was gister by jou. Ek sou jou net graag wou sien om te verduidelik.”

Arien staar na die SMS. Wat is daar om te verduidelik? Sy gaan nie weer ’n woord glo wat hy sê nie.

Na ’n ruk kom nog ’n SMS deur.

“Lorna het ’n geskiedenis van geestesversteurdheid. Ek wou nie sleg van haar praat nie. Sy kan dit nie help nie. Sy is regtig nie ’n slegte mens nie en sy het nie beheer oor wat sy doen nie. Hy heg ’n foto aan van ’n mediese rekening van ’n psigiater.

Borderline personality disorder.

Arien Google dit.

Requires a medical diagnosis
Symptoms include emotional instability, feelings of worthlessness, insecurity, impulsive behavior and impaired social relationships.

People may experience:

Behavioural: antisocial behaviour, compulsive behaviour, hostility, impulsivity, irritability, self-destructive behaviour, self-harm, social isolation, or lack of restraint
Mood: anger, anxiety, general discontent, guilt, loneliness, mood swings, or sadness
Psychological: depression, distorted self-image, grandiosity, or narcissism
Also common: risky behavior or thoughts of suicide.

Arme Lorna … arme Hendri. Maar sy voel tog Hendri moes van die begin af met haar eerlik gewees het. Sy voel Hendri het haar tog mislei. Sy besluit om nie een van sy boodskappe te beantwoord nie. Sy stuur wel elke boodskap aan Cari. Cari bel binne minute.

“Die skarminkel! Hy het haar waarskynlik so mal gemaak! Nee wat. Sy boodskappies is ’n poging om simpatie te kry. Jy is reg, Meisie. Hy het jou mislei en dié soort man het jy nie in jou lewe nodig nie. Mmmm  … ja, en volpunte vandag vir ou Jos. Dis tyd dat hy bietjie iets doen om die lewe vir jou te vergemaklik.”

Asof hy Cari se gedagtes kan lees, daag Jos vroegaand met pizza op. Hy bly nie lank nie. Arien stap saam met hom kar toe.

“Ek weet wat jy dink, Arien. Maar ek probeer jou nie terugwen nie. Ek weet ek gaan nooit weer jou vertroue wen nie. Ek weet ek het jou deurgetrek. Ek sal die res van my lewe daaroor spyt wees.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.