kategorieë: LeesOntspanning

Wipkar, hoofstuk 4

Arien was ’n hele dag rekenaarvry terwyl sy haar lyf laat koester het en in Sandton City die verbode kredietkaart rondgeswaai het. Dit het groot inspanning geverg om nie haar e-pos oop te maak nie en sy het trots aan Cari gerapporteer dat sy by haar leermeestres se instruksies hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die hele Hendri-ding is vir Cari ’n groot erns. Sy neem haar rol as raadgewer van Arien se liefdesake asook haar taak as dieetkundige ernstig op. Die son het skaars opgekom of haar eerste WhatsApp aan Arien kom deur: “Onthou jou suurlemoensap en jou groen kragsap! Het jy toe die boek gelees?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die kragsap het Arien ’n paar keer deur die nag opgejaag. Sy het stilweg geprotesteer dat die aaklige konkoksie haar vet beter wegsmelt want die lyding is darem erg. Cari se opdrag is dat sy nie elke dag op die skaal mag klim nie. Dis glo ontmoedigend. Van die kenners wat sy geraadpleeg het, sê mens moet net elke dag na jouself in die spieël kyk en jy sal gewig verloor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek dink ek gaan sterf van ontbering nog voor ek 10 kg verloor,” het Arien drie-uur die oggend haar selfaangestelde dieetkundige per WhatsApp ingelig, maar Cari se ondersteuning tydens die nagtelike lyding was taamlik onsimpatiek: “Hou tog op kla en dink aan die kilogramme wat jy verloor as jy so badkamer toe hol! En los my nou ek wil slaap!”

Vir die voorgeskrewe oggend-draffie het Arien byna nie energie gehad nie. Sy kon voel hoe haar maag gor en draai soos die groen sap met elke tree haar spysverteringstelsel ontstel. “Dit beter werk, dit beter werk,” het Arien tree vir tree aan haarself die mantra van die dik desperate vrou herhaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

***

Zirrrwhieeeee! Uitgeput en so rooi soos ’n beet staan sy na die drafsessie in die kombuis om haar towersap te meng. Die seuns se monde hang oop oor hul ma se nuwe drafgier en die groen sap. Arien hoor hoe hulle vir mekaar fluister: “Ma het dit nou finaal verloor.”

Selfs Jos het ook agtergekom iets is aan die gebeur want elke oggend word sy babalaasslaap met ’n zirrrwhiiee! onderbreek. Nie dat sy dink hy sal ’n ooglid knip as hy hoor sy beplan om saam met ’n ander man te gaan koffie drink nie. Hy sal dit waarskynlik verwelkom dat iets haar besig hou terwyl hy sy lewe geniet.

Na ’n stort glip sy haar nuwe onderklere aan. Sy bekyk haarself in die spieël. Sy voel soos ’n godin. Weliswaar ’n Botticelli-godin, maar vir eers is dit goed genoeg. Sy voel klaar beter.

Op pad salon toe is haar rekenaar-inboks al waaraan sy kan dink. Sy brand om te sien of Hendri weer van hom laat hoor het.

Terwyl die verkeer in Conrad Drive om haar opdam, begin sy opnuut haar e-pos aan hom formuleer. Sy wil koel en kalm klink. Nie te oorywerig nie, soos Cari gesê het. Sy sal Cari se raad tot op ’n punt volg, neem sy haar voor, maar sy is nie van plan om Hendri haar minnaar te maak nie. Die gedagte om saam met hom te gaan koffie drink, is klaar vir haar genoeg opwinding. Sy wil net weer vir ’n slag begeerlik en beminlik voel.

Cari weet Arien wil die brieke aandraai na die koffie-sessie. “Ai, Meisie, jy is die naïefste mens wat ek ken! Daardie Hendri is geïnteresseerd, ek kan dit aanvoel. Dink jy regtig hy sal tevrede wees om net een keer te gaan koffie drink? Nee, jong, ons wil hê die man moet jou oorrompel en jou vry tot jou wange gloei.”

Arien se konserwatiewe inbors keer elke keer woes as haar gedagtes saam met die van Cari op ’n stomende avontuur gaan. Sy herinner Cari protesterend aan haar getroude status, maar dit laat haar vriendin net verontwaardig snork. “Gmfff, getroud! Dink jy Jos onthou nog hy is getroud? Kom nou, verstaan jy nie dat ek jou wil help om uit die dooie huwelik te breek nie?” Sy weet Cari bedoel dit goed. Sy wens soms sy kon soos Cari wees. Cari sou lankal van Jos geskei het. Cari verstaan nie hoe die hele Hendri-ding  haar gemoed skommel en hoe sy die een oomblik opgewonde raak oor die vooruitsig om Hendri weer te sien, maar dan weer verval in wroegende selfverwyt en vrees.

Vry. Cari sê sy kort ’n goeie vry om uit haar groef te kom. Maar ’n goeie vry met enige man buiten Jos sal ontrouheid wees. Sy weet.

Sy kan nie eens onthou wanneer laas sy en Jos gevry het nie. Miskien toe die kinders klein was? Daarna het hulle in die tipiese strik getrap van verby mekaar begin leef. En die bietjie verhouding wat daarna oorgebly het, is deur Jos se toenemende drankmisbruik vernietig.

Cari verseker haar heeltyd sy verdien om soos ’n beminde vrou te voel, maar na jare se agterspeen suig in ’n huwelik voel sy sy verdien nie geluk nie.

Sy waardeer Cari se pogings om haar lewe op te kikker, maar in haar hart is sy steeds net gewone ou Arien. Na haar inkopietog die vorige dag het ’n pakkie van Cari haar by die salon ingewag. ’n Boksie met rooi harte-papier. Binne, in passievolle pienk sneespapier toegewikkel, was daar ’n stomende boek met seksraad, ’n stel pienk handboeie en ’n vere boa. Ai, die Cari! Sy het die boek vlugtig oopgemaak en blosend na ’n paar sketse gekyk. Liewe aarde! Sy het dit toegeklap asof haar ma oor haar skouer loer. Dis sulke tye wat sy wonder hoekom sy en Cari sulke goeie vriendinne is. Cari se Europese bloed is veels te vurig vir haar.

Cari het geweet die boek gaan Arien effe ontsenu.

“Dis net ’n bietjie inspirasie. Moet tog nie so ’n ou koekie wees nie. Die boek het oulike tips! ’n Grimeerkunstenaar wat saam met my op ’n shoot gewerk het, het die boek aanbeveel en ek het vir myself ook een gekoop!”

Arien het die boek in ’n laai by die salon toegesluit. Daar is nie ’n manier dat sy dit ooit huis toe sal kan neem nie. Sê nou die seuns kom daarop af? Of wat sal gebeur as sy in ’n ongeluk beland en iemand kry die boek in haar kar? Dis erg genoeg dat die ding in haar laai op kantoor is.

Terwyl sy buffer teen buffer deur die Sandton-verkeer sukkel, hoop sy Cari het nie vir die grimeerkunstenaar vertel vir wie die seksboek raad moet gee nie! Sy sal nooit weer haar gesig by ’n skoonheidslaunch kan wys nie.

Haar kop flits terug na die paar sketse wat sy in die boekie gesien het. Sjoe! Sy en Jos het nooit sulke avontuurlustig dinge aangevang nie. Dalk was sy nog altyd die demper op hulle slaapkamersake? Maar Jos … hy het haar lanklaas bemind laat voel.

Sy draai die karradio harder om haar onsuiwer gedagtes te tem. Donna Summer se “Dim all the lights” speel en dit is die laaste ding wat sy wil hoor. Sy wil op hierdie oomblik niks weet van romantiese ligte en sensuele speletjies nie. Sy draai die radio vinnig sagter en kyk skuldig rond of een van die mense in die karre langs hare haar gedagtes kan lees. Haar oog vang die van ’n man in die Porché langs haar. Hy glimlag breed  en knipoog vir haar! Sy skrik so groot sy los haar kar se koppelaar en haar kar spring vorentoe. Die Porché Casanova geniet haar reaksie en hy gee ’n speelse toet-toeteroe-toet-toet en wuif in die verbygaan vir haar.

Het die wêreld om haar die kluts kwytgeraak? Nog nooit het vreemde mans vir haar in die verkeer geknipoog nie. Straal sy dan haar beplande ontrouheid uit? Kan almal op haar gesig sien sy het gister vir die eerste keer in haar lewe deur ’n seksboek geblaai?

Sy wens sy kon iewers afdraai en wegkom van die alsiende oë van die man in die silwer sportmotor. Die baan verkeer waarin sy is, kruip stadig vorentoe en die silwer Porché is nou net so skuins voor haar. Sy sit haar donkerbril op, en dan, op die ingewing van die oomblik maak sy haar lippe nog rooier.

Asof Cari weet haar vriendin is in nood, bel sy. Arien vertel haar van die man in die silwer blits.

“Dis fantasties, Meisie! Sien? Jy begin klaar die gloed kry.”

“Watter gloed?”

’n Lang sug volg oor die foon.

“Man, die soort wat ’n vrou kry wat onweerstaanbaar voel.”

Arien sê sy voel nog nie onweerstaanbaar nie. “My maag draai van daai groen gemors en my kop is deurmekaar. Jy is ’n slegte invloed! Ek soek my ou lewe terug!”

Cari lag asof sy van beter weet. “Wees jy net ’n soet meisie en sluk jou sap. En as jy by die kantoor kom, skryf jy daardie e-pos aan handsome Hendri. En blind cc my sommer. Ek wil darem kyk of my protege haar opdragte uitvoer.”

By die kantoor staar Arien na die rekenaarskerm. Die merker klop net so vinnig soos haar hart. Sy klik op die Gmail-ikon. Haar oog sien dit dadelik. Drie e-posse van Hendri!

“Haai Rientjie, wat het van jou geword?” En dan: “Rientjie, ek is ernstig. Ek moet jou sien!” Die laaste een laat haar hart ’n sekonde gaan staan: “Ek het jou nooit vergeet nie.”

Sy kry nie asem nie. Van benoudheid neem sy ’n sluk groen sap uit haar waterbottel.

“Ek het jou nooit vergeet nie.” Hendri wat haar hart gebreek het, sê hy het haar nooit vergeet nie. Hendri wat haar sy prinses wou maak.

Die emosie raak te veel vir haar. Sy moet uit die kantoor kom. Dit voel of die mure al nader aan haar beweeg. Benoudheid en opwinding laat haar kop draai. Sy stap vinnig uit die gebou. Buite in die tuin voel dit of sy hiperventileer. Wat het sy aangevang? Sy wil voel soos sy nou voel en sy wil ook nie so voel nie. Sy het in jare nie so gevoel nie. Die gevoel van opwinding en effense verliefdheid is soos ’n balsem op haar uitgedroogde gemoed en dit oorheers die gewete wat in die agtergrond aan haar knaag … Jos … die seuns.

Dan tref dit haar. Sy weeg seker nog 82 kg! Sy is beslis nie reg om Hendri te sien nie. Hy sal hom dood skrik as hy sien sy prinses van skool het deur die jare in ’n ronde pampoen verander. Sy sal moet speel vir tyd!

Die twyfel oor haar voorkoms raak te veel vir haar en sy gaan weeg haar stilletjies in een van die terapiekamers. 80.6kg!! Joegaai! Cari se sap werk! Sy skep moed. Haar deurmekaar kop begin berekenings maak. Miskien kan sy tog die ergste gewig afskud voor sy die afspraak met Hendri maak!

Sy sweef op ’n wolk. Sy het 1.4 kg verloor en sy voel sexy in haar peach pantie en nuwe kant bra! En in haar inboks is ’n e-pos van Hendri wat sê hy het haar nooit vergeet nie! Na al die jare!

Sy gaan sit voor die rekenaar. “Liewe Hendri …” Dan skrap sy die “Liewe” en vervang dit met “Dagsê Hendri”. Sy moet die man se aanslag effens demper want dinge hardloop nou te vinnig vir haar.

“Dagsê Hendri, Dit gaan vreeslik druk by die salon. Boonop moet ek twee weke na ’n kongres gaan …” Twee weke. Sy speel vir tyd. Haar gewete kla haar aan oor die leuentjie, maar sy weet sy het meer tyd nodig voor sy gereed sal wees.

“Ek sal ongelukkig eers na die kongres saam met jou kan gaan koffie drink sodat ek jou ou foto’s vir jou kan gee.”

Cari is vreeslik beïndruk met haar vriendin se vordering. “Mooi so, jy leer vinnig! Laat hom bietjie wag. Jy het hom klaar aan die hoek!”

Arien weet nie of sy opgewonde moet wees oor Cari se uitdrukking nie. Sy weet nie wat gaan sy met die groot vis maak as sy hom vang nie.

Haar foon lui. Dis Jos.

“Ek … ek is jammer ek het so baklei oor die onderklere. Jy is reg, jy koop nooit  vir jou mooi goed nie.”

Sy is lus en vra hom of hy gedrink is. Sy ken nie meer die sagte stemtoon in Jos se stem nie.

“Jy kan maar vir jou nog ’n paar broekies en bras gaan koop. Ek het vanoggend gesien toe jy dit aantrek. Dit lyk goed. Kom wys my vanaand wat jy gekoop het.”

Dit neem die wind uit haar seile. Wat het in Jos gevaar?

“Dis nie nodig nie. Ek het nou genoeg onderklere. Ek moet nou gaan. ’n Kliënt wag vir my.”

Haar hande bewe en die trane vloei spontaan oor haar wange.

Sy voel sy sit heel voor in die wikpar. Dit huiwer oor ’n groot afdraande en dit swaai om skerp hoeke en draaie. Haar hele wese wip wip wip.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.