kategorieë: Skoonheid

Wondermiddels vir jou hande en voete

In die koue wintermaande is ons vel aan temperatuurwisseling blootgestel. Een oomblik sit ons om verwarmers, kaggels of met warmwatersakke en kort daarna is ons buite waar die wind en weer dreig om ons onderstebo te slaan. Hoe beskerm en bevogtig jy jou hande wanneer skurfheid jou aaklig en ongemaklik laat voel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gebruik ’n helende behandelingsproduk soos Crabtree& Evelyn La Source Hand Therapy om jou hande en naels te voed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


Wanneer jou hande uitdroog of windbarsies ontwikkel, wees versigtig om nie te veel af te skilfer nie. Gebruik slegs een keer per week ’n afskilferingsproduk om droë hande te voed, soos Hand Recovery. Dit bevat makadamianeut-olie vir voeding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Handmasker is net die oplossing vir hande wat nodig het om gepamperlang te word. Gebruik La Source Hand Therapy. Dié room bevogtig jou vel sommer dadelik.

Winteroplossing vir jou naels: Vyl jou naels tot ’n netjiese lengte van ongeveer 2mm. Dit sal verseker dat gesonde, sterk naels tot die regte lengte teruggroei. La Source Nail&CuticleTherapy versterk die nael en versag velletjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie van jou voete vergeet nie!

Die feit dat jou voete in die winter deur sokkies en stewels bedek word, beteken nie hulle moet afgeskeep word nie. Inteendeel, sag en bevogtigende voete sal soveel mooier lyk wanneer die somer aanbreek.

Hou jou toonnaels kort en reguit gevyl, dit sal voorkom dat naels ingroei, breek of inskeur. Smeer soggens La Source Nail&CuticleTherapy rondom die naels.

Naellak sal langer hou aangesien jou voete aan minder sonlig blootgestel word. ’n Winter-pedikuur sal wondere verrig en lank hou.

Hou die afskilferingsmiddel byderhand. ’n 2-minuut voetskrop een maal per week werk perfek as ’n “selfdoen-pedikuur.” Gebruik La Source Warming FootSmoother dwarsdeur die winter.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.