Foto: Lee Schwagele
Misokaramel
Miso (beskikbaar by gesondheidswinkels) is gefermenteerde, gestoomde sojaboontjies. ’n Klein bietjie is genoeg om ’n diep umami-geur aan geregte te gee. Dit verryk en verdiep die karamel en is gewis iets wat jy kan probeer.
• 150 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 125 ml (½ k) room
• 15 ml (1 e) donker misopasta
1 Meng die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
2 Kook vir 4-5 min. of tot goudkleurig en die mengsel begin karamelliseer.
3 Trek van die hitte af en voeg die room by en dan die miso en roer tot goed gemeng.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jy van wortelkoek hou, is hierdie koekies net vir jou! Speltmeel kan by gesondheidswinkels gekoop word. Mense wat sukkel om gluten te verteer kan baie keer spelt verteer omdat dit ’n antieke graan is.
1 Maak die basiese resep soos beskryf maar vervang die volgraanmeel deur speltmeel en die 100 g pekanneute deur 100 g okkerneute.
2 Voeg 10 ml gemengde speserye, 10 ml kaneel, 130 g gerasperde wortels, 60 g korente, 100 g gekapte droë pynappel en die gerasperde skil van 1 lemoen by.
3 Bak soos in die basiese resep beskryf.
4 Meng 500 g mediumvet-roomkaas, 60 ml heuning en 5 ml vanieljegeursel.
5 Smeer die roomkaasversiersel op die koekies.
Lees ook: Allerlekkerste sout Paasbolletjies
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.