kategorieë: Ontspanning

Wynplaas nou oop vir besoekers en spog met kontemporêre eatery

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy van die besige teerpad afdraai, lei ’n nou paadjie jou verby die historiese plaashuis wat uit 1825 dateer, tussen ’n paar skroppende hoenders verby. In die verte wei die beeste, waarvan die vleis en eiers onder die Usana-handelsmerk bekendheid verwerf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die plate en plate veldblomme by die ingang, sit onmiddellik ’n glimlag op jou gesig.
Geskiedenis en moderne komtemporêre dekor smelt hier soomloos saam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis nie sommer enige nuwe eetplek nie; die plaas was nie voorheen oop vir besoekers nie en die pragtige gerestoureerde Kaap-Hollandse geboue, nou bekend as The Eatery at Winshaw Vineyards, huisves die minimalistiese restaurant en proelokaal. Die spyskaart is klein en bedien die plaas se eiers en vleis wat alles met herlewingslandbou-beginsels geboer word.

Die twee manne aan stuur van die boerdery en wynmakery, is broers, Pierre en John Phillip “JP” Winshaw. Pierre se vrou, Elizabeth, ’n ervare geleentheidspesialis se keurige oog het die sagtheid en mooi elemente in die kontemporêre dekor tot uiting laat kom.

Elizabeth, Pierre en JP Winshaw.

Die wyne kan ook informeel by die tafel geproe word en sluit tans onder die premium Winshaw-etiket ’n Charles Winshaw, Bill Winshaw en Malbec; en onder die tweede reeks, die Usana-etiket, verskeie wyne in. Die 300 hektaar plaas het 50 hektaar onder wingerd, waarna Pierre omsien.

Die plaas se wyne kon ook lekker informeel by die tafel geproe word en die spyskaart is ’n vertoonstuk van die heilsaamheid van die plaas.
Jy kan jou skoene uitskop onder die reuse bome en die windjie in jou kuif geniet, terwyl jy aan ’n yskoue Sauvignon Blanc teug.

Maar die plaas is net alles nuut en modern nie. Geskiedenis speel ’n belangrike rol. Onlangse geskiedenis toe Heineken Beverages die Suid-Afrikaanse drankreus, Distell in April oorgekoop het, het meer waarde hier, as wat jy besef.

Dit was Pierre en JP se voorvader, William Charles Winshaw, wat Stellenbosch Farmer’s Winery (SFW) in 1925, gestig het, wat later in Distell verander het. Baie van ons bekendste handelsmerke waaronder Tassenberg, Chateau Libertas, Zonnebloem, Mellowwood Brandy en Lieberstein, het Winshaw-verbintenis. William het in 1962 op 92-jarige ouderdom afgetree as besturende direkteur.

Alles draai darem nie net om vleis nie, daar is ook heerlike disse vir vegetariërs soos hierdie artisjokdis met varsgebakte brood.
Beesvleis van die plaas se vrywei beeste word of as burger of as biefstuk bedien.
’n Lekker slaai is ook lekker saam met ’n glas wyn.
Eindig jou maaltyd met tuisgemaakte roomys.

Sy kleinseun, oorlede John Winshaw, het Klein Welmoed in 1970 gekoop, Tot 2010 is al die plaas se druiwe verkoop, maar sedertdien word wyne onder hul eie etiket gebottel.

Elizabeth se keurige oog is oral te sien.

Die beeste en hoenders is alles deel van die herlewingslandbou-beginsels, al lag Pierre as hy vertel mense het vir hom gelag toe hy 13 jaar terug met dié boerderystelsel begin. Nou besef almal hoe belangrik die grond is en dat gesonder grond, beter vrugte lewer.

Tans is daar twee wynreekse waaruit besoekers kan kies en proe.

Lees ook: Veritas se beste wyn is weer ‘n Cap Classique

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

10 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

13 hours Gelede

My ma se appeltert

15 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.