kategorieë: WenkeSkoonheid

Wys jou lyf en wees #bodypostive

Wys jou lyf en wees #bodypostive deur Suzanne Kotzé. Foto Kristina Stojiljkovic. Hare en grimering Cheryl Parker. Model: Junette Syster van Ice Models.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wys jou lyf en wees #bodypostive

Jare lank al het die meeste “groter” vroue net in vol swembroeke en boardshorts op die strand verskyn. En enige oogkontak vermy, ook uit vrees dat ’n bekende jou dalk in jou swembroek sien. Vandag is daar ’n nuwe generasie vroue met voller figure wat in bikini’s rondstap en soveel selfvertroue uitstraal dat ’n mens hulle beny. Lees gerus hulle raad en voel hierdie somer goed oor jouself sonder om selfbewus te voel.

Lees ook: Vlei jou bates in hierdie swembroeksnit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Na ons fotosessie met die model Junette Syster het ons ook gesien watter reuse verskil selfvertroue maak aan jou liggaamshouding. Staan jy trots en regop lyk jy sommer mooier as om skaam met krom skouers en weggesteekte bates te probeer saamsmelt met die omgewing.

Luister ook gerus na die potsending  Pretty Big Deal van die wêreldbekende model en lyf-aktivis Ashley Graham wat juis handel oor hoe om positief en ’n ’pretty big deal’ te wees.

Totsiens #thinspiration – hallo #bodypositive !

Lees ook: Die 8 gewildste swembroeksnitte wat jy in 2020 moet dra

Junette Syster – model

Wys jou lyf en wees #bodypostive

Ek was die meisie wat in die kortbroek geswem het en so min moontlik lyf gewys het en op 13 al begin het met my eerste dieët. Maar vandag is ek met trots ’n #bodypositive-ambassadeur, want ek het dit nie gehad toe ek grootgeword het nie. Vandat ek besef het almal is anders, myself aanvaar het en my kurwes leer liefkry het, het my reis na selfliefde en -aanvaarding soveel makliker geword. Vandag omhels ek my kurwes en dra net wat ek wil.”

Junette glo wel daarin om gesond te eet en oefen ook drie tot vyf keer per week.

Haar skoonheidsroetine vir goed voel en lyk

  • Skilfer jou lyf af.
  • Gebruik selfverbruiningsprodukte. Ek het iemand wat sommer na my huis toe kom om vir my selfverbruiningskleur te kom aanspuit. Dit is baie gerieflik.
  • Gebruik elke dag ’n goeie sonskerm. Ek gebruik daagliks ’n getinte bevogtiger met ’n SPF50 op my gesig.
  • Hou jou vel glad deur iets soos ’n laserhaarverwydering te laat doen.

“My beste raad om ’n bikini-lyf te kry? Trek ’n bikini aan!”

Volg haar op instagram: @junetteva01

Marciel Hopkins – model

Wys jou lyf en wees #bodypostive

Die Suid-Afrikaanse model Marciel Hopkins vlieg die wêreld vol om modelwerk te doen. Nadat sy in 2016 baie gewig verloor het vir die Mej. Suid-Afrika kompetisie, het sy agtergekom om maer te wees is nie dieselfde as om gelukkig te wees nie. Sy vertel ons van haar reis na selfaanvaarding:

“Ek is passievol oor lyfpositiwiteit. As jong meisie het ek lank geglo ek is nie mooi of goed genoeg nie omdat ek nie so maer soos my vriendinne en die modelle in tydskrifte is nie. In 2016 het ek binne vier maande 14 kg verloor, en is as een van die top 12 Mej. Suid-Afrika finaliste aangewys. Ek wou aan myself bewys ek is mooi en goed genoeg; ek het dit vantevore nie werklik geglo nie. Met my reis na liggaamsaanvaarding wil ek ander vroue inspireer om van hulself te hou en om hul kurwes te aanvaar, want dit is mooi en gesond! Vir té lank het die modebedryf vroue laat glo ons is net mooi wanneer ons in ’n nommer ses broek kan pas.

“Nonsens! Gesond en mooi wees lyk verskillend aan elke liggaam.”

Voel goed in jou vel: Marciel se wenke

  • Doen ’n behoorlike sosiale media-skoonmaaksessie. As iemand se blad jou nie inspireer of bemagtig nie, hoekom volg jy haar?
  • Belê in gesigbehandelings wat langtermyn-resultate sal lewer eerder as in duur grimering. Ek laat doen een keer per maand ’n chemiese afskilfering of mikronaald-behandeling.
  • Kry ’n vorm van oefening wat vir jou leefstyl werk. Ek hou nie van draf nie, so ek oefen in die gimnasium. Oefening gaan nie vir my oor gewigsverlies nie, maar eerder om gesond, gelukkig en selfversekerd te voel – watter grootte jeans ek ook al dra. #healthnotsize
  • Omring jou met positiewe mense – dis opbouend. Ek glo werklik dat die mense met wie jy jou omring ’n groot uitwerking het op hoe jy oor jouself voel.
  • Vergeet van selluliet, rekmerke en sproete. Dit is normaal en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Jy loop kosbare oomblikke mis, en kan nie ’n vol lewe lei gegrond op die wêreld se standaarde van “mooi” nie. Jý kan besluit wat vir jou mooi is en dit ten volle embrace.

Volg haar op Instagram @marcielhopkins

Claire Vögeli –  lewensafrigter

Wys jou lyf en wees #bodypostive

Claire is ’n Kaapse lewenstyl-afrigter en mentor, en fokus daarop om jong vroue te inspireer en te bemagtig.

Claire maak vroue bewus van die uitwerking wat die media op hul selfbeeld het, en wil hulle help om hulself lief te hê en hul volle potensiaal te bereik in ’n wêreld wat ons laat glo ons is selde goed genoeg.

“Jy is om ’n rede op ’n sekere manier gemaak, en daar is net een van jou op die planeet.”

Claire se wenke om trots en positief oor jouself te voel

  • Moet dit nooit persoonlik opneem nie. Ons is almal reuse-spieëls vir mekaar en sommige mense wat jy ontmoet, gaan jou bekragtig en ander gaan vir jou goed wys omtrent jouself waarvan jy nie hou of aanvaar nie. Dit wys maar net dat die meeste kwessies wat mense oor die wêreld of ander mense het, hul eie, interne kwessies is.
  • Moenie skaam wees om ’n unieke frats te wees nie. Ons bestee so baie tyd daaraan dat mense van ons moet hou, maar dan steek ons die beste dele van onsself weg.
  • Vul jou lewe met towerkrag
  • Soek mense op sosiale media wat jou inspireer en soos jy lyk (eerder as soos wat jy dink jy behoort te lyk), of wat hou waarvan jy hou; iemand wat jou inspireer om die beste weergawe van jouself te wees.
  • Skitter. Moenie verskoning vra vir wie jy is nie. Jy is om ’n rede op ’n sekere manier gemaak, en daar is net een van jou op die planeet. Koop jou blink rok, verf jou muur helder, doen die kursus wat jy nog altyd wou doen, verruil jou seermaakhakke vir plat skoene, of verf jou lippe rooi as dit jou laat goed voel. Jy verdien dit, en jy is goed genoeg.

Volg haar op Instagram @clairevogeli

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.