kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Grysheid is wysheid

Ek onthou hoe ek soos ’n baas gevoel het wanneer al die kleinkinders by Ouma Hester oorgeslaap het, en sy my die houtlepel gegee het wanneer sy Saterdagoggende dorp toe moes gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Destyds was daai egter nie net ’n lepel om te gebruik wanneer jy kosmaak nie, ons het ook daarmee pak gekry. So die een met die houtlepel is die baas totdat Ouma terugkom. Dit het ook met verantwoordelikhede gekom. Ek moes byvoorbeeld seker maak dat almal hulself gedra en optree soos wat van ons verwag word. Ek, wat self ’n stouterd was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek onthou hoe my oupa in die kar gewag het wanneer my ouma inkopies gaan doen. Hy’t feitlik nie die geduld gehad vir haar wat by elke persoon wie sy ken stop om deeglik uit te vind hoe dit met hulle gaan nie. Nie omdat hy lelik was nie, maar omdat die meeste geselsies tot 15 minute kon duur. My oupa was ’n reguit mens, maar ongeag die verskil tussen die twee het hulle mekaar respekteer. Ouma en oupa was ’n liewe paartjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk net hoe oulik was die twee tortelduifies op hul troudag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke nou en dan noem sy hoe vol vleis die vrieskas altyd was toe hy nog geleef het (hy’t mos geboer met vee), hoe baie sy hom waardeer het, hoe hy voorsien het vir die familie en hoe baie sy na hom verlang.

Hier is ’n skakel na die musiekvideo van myself en Rina Hugo, waar ons die legendariese lied Al Le Die Berge Nog so Blou oorgedoen het op die Vat Die Rap-dokumentêr. Ek dra dit op aan my oupa.

Ek onthou die sagte vleis wat Ouma voorberei het en hoe sy glo dat kos sonder liefde nie ’n regte maaltyd is nie.

Ek onthou haar mieliepap en hoe baie ek Saterdaeoggende daarna uitgesien het wanneer ek daar oorgeslaap het. Dit was dik en romerig – ek het nooit nodig gehad om melk by te voeg nie, net ’n stukkie botter en suiker. Dis was ’n regte treat!

Gepraat van mieliepap, ’n maand of so terug het ek feitlik my eerste intense craving ervaar teen 10 oor 12 die aand. Ons het nie mieliepap in die huis gehad nie en ek het verwag dat my man moes gaan kry! Ek het darem mooi gevra … Ons was gereed om in die bed te klim, so die verwagting was effens belaglik, ek verstaan. Maar ek kon dit nie laat gaan nie en die effe huiwering op sy gesig het my hartseer gemaak. Ek was self verbaas oor hoe vinnig ek emosioneel begin voel het. Dis nogal buite my karakter want volgens my was daar nie ’n substansiële, logiese rede vir my om so te voel nie.

Ek kon dit nie afskud nie. Ek het afgeskeep gevoel en het begin twyfel oor sy omgee vir my in daardie oomblik. Ek het gewonder of hy my werklik liefhet. Dis seker maar hormone wat so maak. Hy’t my gevra waar ons dit kan koop want dit was amper half 1 die oggend. Ek Google toe die naaste garage, bel en vra of hulle dit daar verkoop. Die antwoord was ja! My wonderlike man ry toe, kry die pap en toe hy terugkom het ek nog ’n laaste versoek gehad. Dit moes proe soos toe ouma Hester dit gemaak het. Hy het my net so gekyk, die pap gaan maak en sowaar, dit het nes ouma s’n geproe! My hart het voorwaar blomme geklop en ek het soet geslaap daai aand. Ek het die beste man!

Ouma en my man

Ek onthou hoe sy altyd in die tuin gewerk het, Sy’t regtig groen vingers. Ek weet ook hoe baie sy daarna verlang, maar sy sukkel geweldig baie met asma en dus kan sy nie meer so woel soos haar hart begeer nie. Dit moet darem frustrerend wees vir ’n lewenslustige mens soos sy.

Ek onthou hoe sy altyd vir my gesing en gedans het wanneer ek instap by haar huis, en dan lekker lag daarna. Want sy boots eintlik na hoe ek vir hulle gedans het tydens haar gesingery vir my as kind.

My eerste hond se naam was Macarena. Sy het by my ouma hulle gebly en my ouma het haar na die dans vernoem, omdat ek as kind so lief daarvoor was om die dans te doen.

Ek onthou hoe mooi hakskoene haar bene laat vertoon het wanneer ek en sy kerk toe gestap het. Ek onthou die glinster in haar oë wanneer sy uit haar maag lag. Hoe sy my geleer het dat almal gelyk is. “Een is nie minder as die ander nie” en dat almal maar net ’n bietjie liefde kort.

Ouma by ons troue

Soos sy, poog ek altyd om die beste van myself met mense te deel. Hulle verdien dit.

Huidiglik gaan dit ’n bietjie moeilik met haar, sy’s in en uit die hospitaal met haar bors wat pla. Alhoewel sy na haar asem snak, sal sy nie sommer kla nie, want daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Ek wens ek kon daar wees, al is dit net om haar hand vas te hou en haar weer te herinner hoe baie sy my inspireer.

Sy inspireer my om ’n beter mens te wees, uit my maag te lag, opreg, eerlik, liefdevol en ’n lig vir ander te wees. “’n Mens weet nooit hoe moeilik die ander persoon dit het nie, so moet dit nie vir hulle swaarder maak nie.”

So baie mense het haar lief. Sy’s ’n ouma en ma vir vele ander. Somtyds benader mense my wat ek nie ken nie en vra dat ek asb. liefde en groete vir ouma Hester moet stuur. Onmiddellik voel ek dan ’n konneksie tussen myself en daardie persoon. Op hierdie wyse het ek vanaf ’n jong ouderdom geleer dat familie nie noodwendig bloed is nie, dit is ook mense wie jy lief het en wie jou liefhet.

Ek onthou hoe ek haar rug vir haar uitgesmeer het, net omdat ek gedink het sy daarvan sou hou. En die twee rooi moesies op haar rug was vir my so mooi. Rooi is my gunstellingkleur en dit was vir my so cool dat God rooi moesies gemaak het. Dis ook lekker om hierdie “rooi rose” met ouma te deel. Ek onthou haar sagte silwer hare en hoe ek altyd gewens het dat myne so sou wees.

Ek onthou hoe sy mense op televisie se name die meeste van die tyd verkeerd gekry het en dan het ons maar aangehou met gesels, want ons het verstaan na wie sy verwys.

Ek onthou hoe sy altyd daar was wanneer ek deelgeneem het aan skoonheidskompetisies en hoe trots sy was wanneer ek ’n plek in die top drie gekry het.

Daar’s soveel herinneringe, nostalgiese en mooi oomblikke. Dankie vir die sterk vrou wie jy is. Dis ’n voorreg om jou te ken en Ouma te kan noem.

Sy het dit haar werk gemaak om mense wie sy liefhet of respekteer op te hemel. Dis dalk waarom daardie selfde ding vir my so belangrik is. Ons moet mekaar oplig, goed laat voel, liefde gee en mededeelsaam wees. Ons het mekaar nodig. Ek is as gevolg van jou en jy as gevolg van my. Kom ons vier mekaar want tyd is kosbaar en tyd is min. Laat die wie jy liefhet en waardeer, dit weet.

Soos Bouwer Bosch vir Rob Bell in Afrikaans aanhaal: Liefde wen.

Kyk die liefde wat ek ontvang het van die pragtige dames na die Divas Complete Show Vrydagaand. Dis vir my so mooi wanneer ons as vroue mekaar vier. Ons moet meer saamstaan.

Dankie Fashion Studio S.A dat julle my so mooi laat lyk het vir die geleentheid.

Plus, dit is so lekker om te weet dat ek van ouma ’n oumagrootjie maak!

Ek vier haar tydens Vrouemaan, asook elke ander dag.

YOMA se baba is 6 maande groot oor ’n paar dae. Groot smiles vir dit!

Lirieke uit my lied: Al Lê Die Berge Nog So Blou

Die lewe is behep met angs.

Ek weet nie vir wat nie, ek stap bos langs.

Blom in my hand, wind deur my hare.

God is goed, ek hang aan genade.

Luister ’n bietjie voor jy begin praat.

Volg die liedjie van oupa se raad.

’n Oumens se kennis en wysheid is skaars.

Elke ervaring lê in ’n wit haar.”

Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

Dis Vrouemaand en hierdie is een van die sterk voorbeelde van vrouwees in my lewe. Wie is joune?

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.