kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: ID (idee, identiteit)

Grotendeels vorm ons opinies en redenasies ons identiteit. Party mense glo jy is wat jy eet, maar ek glo jy is wat jy dink en aangesien dit wat jy dink (ook bydraende faktore tot jou karakter), jou optrede en dogma bepaal. Dit is noodsaaklik om jou denkpatrone fyn dop te hou. Bemeester jou denke en terselfdertyd bemeester jy grotendeels jou toekoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir my is fokus alles. Niemand van ons sit met definitiewe sekerheid van waarheen ons op pad is of waar ons eindbestemming sal wees nie, maar daar moet rigting wees. Sonder rigting dwaal jy nie net nie, maar jy mors kosbare tyd. Moenie tyd mors nie, dit loop uit en as jy onseker is oor wat jy uit die lewe wil hê, maak dan tyd om rigting te kry. Wees oop om jouself te herdefnieer – jy’s immers nie dieselfde persoon wat jy 15 minute terug was nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“As jy onseker is oor wat jy uit die lewe wil hê, maak dan tyd om rigting te kry”

Elke fraksie van ’n sekonde herstruktureer jou stukkie vir stukkie. ’n Mens kom dit skaars agter en wanneer jy jou oë uitvee sit jy met die plooie en vlekke as bewysstuk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek is Claudia Witbooi, dogter van Marelda Britz. As gevolg van haar, glo ek dat enigiets moontlik is.

Sy het my gewys dat as jy jou kop op iets sit kan dit realiseer, jy moet net fokus, doen wat jy kan en God sal die res doen. Om in die hoek te sit en hoop gaan jou nie vêr bring nie.

Jy moet skouer aan die wiel sit, meisiekind, die lewe wag vir niemand.”

Ek was streng en onafhanklik grootgemaak. Sy’t my geleer om op my eie twee voete te staan want daar gaan mense wees wat jou teleurstel, so maak seker jy’t ’n plan b in plek in geval iets skeefloop.

My ma is steeds my rolmodel. Nes sy wou ek ook ’n go-getter, realis, eerlik en opreg wees, want ek het gesien dat deur daardie karaktereienskappe sy deur opregte mense omring was.

Ja, ek wou soos sy wees, maar sy het my eerder gehelp om myself te ontdek en om trots te wees op hoe God my geskape het.

Jy is immers jy vir ’n rede.

My ma by my 21ste verjaardag (Foto: CJ Levendal).

Vandag is ek ’n mentor vir ATKV-Crescendo waar ek ander help om hulself te ontdek en hul uniekheid te vier. Net laas week was ons op ’n intense 4-dag kamp waar ons as mentors kon help skaaf en slyp aan ongelooflike talent. Dit is wonderlik wat die wete dat iemand in jou glo vir die volgende persoon doen. Ek voel geëerd om deel van hierdie hartsprojek te kan wees.

“Crescendo, waar legendes gebore word”

Ek maak dit my werk om ander vroue te help besef dat enigiets moontlik is as jy hard daarvoor werk, ek hoop ek slaag daarin deur ’n voorbeeld te wees. Woorde is nie altyd genoeg nie, mense moet en wil sien dit is moontlik.

Baie mense vra my waarvandaan die naam YOMA kom. Wel, om dit kortliks te stel, dit beteken Jou Ma, in Afrikaans. Ek bied ’n bietjie wysheid en baie eerlikheid, ek poog om ’n voorbeeld van hoop en grensloosheid te wees vir wie ookal my toelaat om hulle te inspireer. Ons is sterker as wat ons glo. Die wêreld sal jou soms klein laat voel, maar as jy jouself ken, sal dit jou skaars affekteer.

“Ons is sterker as wat ons glo”

Foto: CJ Levendal

Ek staan in lyn om ma te word, maar YOMA voel verantwoordelik vir jong dames wat nie die voorreg gehad het om met ’n ma groot te word wie hulle die weg kon wys en in wie se voetspore hulle moontlik kon volg nie.

Om vir daardie vroue te sê dat, alhoewel jy as vrou jou man moet staan, dit nie beteken dat jy hard hoef te wees nie. Daar moet wel hart in als wees – dit is immers ons hart wat ons aan die lewe hou.

“Ek is ’n dame, verstaan jy die standaard?

Gekondisioneer om geen emosie deur te laat.

Mede-vroue sukkel nog om waardig te raak.

Word gemanipuleer om in niks te ontaard.

Is ons gebroke sinne, skyn dit deur ons gelaat?

Ek’s op van haatspraak wat die lippe vlugtig verlaat.

Julle’s quick om te judge en ’n vrou uit te maak, maar jy kan nie eers vlieg nie jou bleddie tarentaal.

Dit baat nie jy lieg nie, die waarheid stop dit daar.

Ek’s ’n vrou op ’n missie wat die res saam my dra.”

Ja, ek rym in my #Moedertaal

Jy is uniek omdat daar ander mense is om jouself teen op te weeg om dit wat jou uniek maak uit te kan lig. Ons is wie ons is deur ander mense. Sien mekaar raak en hemel mekaar op. God weet ons het mekaar nodig.

Foto: CJ Levendal

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor! As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.