kategorieë: GrimeringSkoonheid

Zoë Brown & Lynelle Kenned se grimeerwenke

Zoë Brown

Foto: Tegan Smith

Die sprankelende Zoë Brown is in 2015 as 2de prinses in die Mej. Tiener Suid-Afrika-kompetisie gekroon. Haar radio-loopbaan het in 2012 op Stellenbosch begin toe sy as radio-aanbieder by MFM gewerk het terwyl sy by die Universiteit van Stellenbosch studeer het. Daarna het sy in 2014 by KFM in Kaapstad aangesluit. Sy het haar loopbaan voor die kamera begin deur in 2015 deel te neem aan die soektog vir aanbieders op die gewilde Expresso Show, waar sy ook een van die wenners was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is jou wenke vir vinnige grimering?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nie genoeg tyd het om jou grimering deeglik aan te wend nie, gebruik eerder minder grimering. Moet nooit jou grimering oorhaastig aanwend nie. Ek gebruik ’n bietjie poeier om my vel minder blink te laat lyk. Ek gebruik ook altyd ’n blosser op my wange, maskara asook ’n helder of neutrale lipstiffie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou wenke vir uitgaan-grimering?

Dit is baie belangrik om gemaklik te voel wanneer jy grimering dra. Ek verkies ’n natuurlike voorkoms met helder lipstiffie en hou nie daarvan om baie of swaar grimering te dra nie. Ek dra ook altyd ’n goeie gesigpoeier in my handsak.

Watter skoonheidsproduk/grimeerproduk is altyd in jou handsak?

My MAC-poeier en lipstiffie. Ek hou ook altyd Elizabeth Arden se Eight Hour Cream byderhand.

Jy verskyn baie voor die kamera en moet daarom baie grimering dra. Hoe hou jy jou vel mooi en gehidreer?

Die oomblik wat ek klaar is voor die kamera, vee ek die meeste van my grimering af. Ek maak seker ek gebruik ’n goeie gehalte onderlaag en reinig my gesig deeglik in die aande. Ek wend dan ook ’n goeie nag-serum aan.

By wie het jy jou eerste grimeerwenk geleer?

Ek het die meeste van my grimeerwenke by my ma geleer. As kind was ek altyd gaande daaroor om my ma dop te hou wanneer sy haarself gegrimeer het. Haar nommer een reël was dat jy nooit met grimering aan mag gaan slaap nie.

Lynelle Kenned

Foto: Günther Schubert

Lynelle Kenned is ’n sopraan opera-sangeres en was al in verskeie teaters te sien, onder meer die Artscape-, Staat- en Baxter-teater. In 2012 was sy die  naaswenner in die aanbieder-soektog vir die televisieprogram Top Billing. Sy is tans op die kassie te sien as aanbieder vir Pasella. In 2013 het sy haar debuut as aktrise gemaak toe sy in die David Kramer Blood Brothers musikale produksie te sien was. Sy het ook al die verhoog gedeel met bekendes soos Katherine Jenkins.

Wat is jou wenke vir vinnige grimering?

Om vinnige grimering aan te wend is soos om ’n pizza te maak. As jou basis nie goed is nie, help dit nie jy gebruik goeie vulsels vir die bolaag nie. Die pizza gaan eenvoudig nie lekker smaak nie. Dit is belangrik dat jy tyd spandeer om ‘n goeie bevogtiger, voorbereidingslagie, verbloemer en onderlaag aan te wend. Gebruik dan daarna ’n goeie poeier wat die grimering langer sal laat hou. Ek wend ook ’n verbronsingspoeier aan om ’n bietjie kleur aan my wange te gee, en ek gebruik maskara en lipstiffie. Ek moet ook ’n wenkbroujel gebruik om my woeste wenkbroue in toom te hou. Hoe meer jy jou grimeerroetine herhaal, hoe vinniger sal jy dit begin regkry. Ek kan my grimering lettrlik in 5 minute aanwend.

Wat is jou wenke vir uitgaan-grimering?

Kies ’n gelaatstrek wat jy wil beklemtoon en wees subtiel met die res van jou voorkoms, soos byvoorbeeld jou oë en lippe.

My hare is reeds ’n fokuspunt, so as ek my oë en lippe ook nog helder gaan grimeer en beklemtoon, gaan ek soos ’n hanswors lyk. Sorg dat jou vel gloeiend lyk deur ’n beklemtoningsproduk en verbronsingpoeier te gebruik. Onthou: jou wenkbroue raam jou gesig, so vorm dit sodat dit by die vorm van jou gesig pas en gebruik ’n wenkbroujel om dit in plek te hou. Wanneer ek kleur op my lippe dra, verkies ek ’n mat tekstuur.

Verkies jy natuurlike grimering of hou jy van ’n dramatiese voorkoms?

Ek verkies ’n alledaagse, meer natuurlik voorkoms. Maar as ek grimering vir optredes aanwend, is ek meer waaghalsig! Ek verkies ook dan iets meer weeghalsig as rooi vir my lippe – ek hou van ’n persbruin, of oranje-kleur.

Watter skoonheidsproduk/grimeerproduk is altyd in jou handsak?

Poeier-onderlaag. My vel is geneig om te blink, so dit help om die blink op my vel te verbloem.

Jy verskyn baie voor die kamera en moet daarom baie grimering dra. Hoe hou jy jou vel mooi en gehidreer?

’n Goeie bevogtiger met ’n hoë SBF-faktor is noodsaaklik. Drink baie water en moet nooit met grimering aan gaan slaap nie! Probeer ook om ten minste een keer ’n week ’n masker te dra wat jou vel bevogtig.

Waar en by wie het jy jou eerste grimeerwenk geleer?

Ek dink elke meisie leer maar aanvanklik by haar ma, en dan by vriendinne en in tydskrifte. Ek het by die operaskool geleer hoe om grimering aan te wend wat werk vir die verhoog, maar daardie grimering is weer te swaar om voor die kamera te dra.

Jou grimeerkunstenaar sal altyd vir jou die beste wenke kan gee. Moenie skaam wees om te vra indien jy hulp nodig het nie. Vind uit wat vir jou gesigvorm werk en speel dan ’n bietjie rond met jou grimering.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.