
Reandi vind haar nis
Mamma, aktrise, sakevrou en nou ook aanbieder van Boer soek ’n vrou. Reandi Grey glo hoe meer jy doen, hoe meer kán jy doen.
Wees jou eie terapeut
Terapie is duur en nie almal kan dit bekostig nie. Talle mense worstel met geestesgesondheidsprobleme en het ook nodig om hulself te help in ’n poging om na hul eie welstand om te sien.
Ons loer in by: Tinarie van Wyk Loots, Gerald Steyn en Megan Troskie
Ons land se mees toonaangewende regisseurs wil saam met haar werk. Tinarie van Wyk Loots het al talle toekennings vir haar rolle in flieks en TV-reekse ontvang. Maar haar talente het reeds vroeg in ’n teater begin skyn.



Alles met avo
Welkom aan Marlo Carstens, rooi rose se nuwe kosredakteur wat lesers met haar innoverende idees gaan bystaan om elke maal in ‘n feesmaal te omskep! Van guacamole tot eenvoudige avokadobroodjies. Avokado is altyd ’n staatmaker met daardie heerlike romerige tekstuur en dis boonop vol goedheid.
Gaan slim om met narkose
Het jy al gewonder wat tydens narkose gebeur, watter risikofaktore betrokke is en hoe dit in jou belang bestuur word? Wat kan jý doen om die beste uitkoms te verseker? Beter begrip en proaktiewe optrede kan wondere doen vir jou gemoed – en jou gesondheid.
Klerekasvreugde
Eendag toe Martie Walker in China was, het sy op die ingewing van die oomblik lap gekoop. Vandag is sy aan die stuur van Iconic Designs wat kleurryke ontwerpe maak vir sterk vroue wat nie neigings volg nie.

Nog neute, asseblief!
Neute is nie net gesond nie, dit gee ’n heerlike smaak en krakerigheid aan enige gebak. Neute kan vir soveel meer as net afronding gebruik word.
Wanneer keuses kopkrappers raak
Die konstante stroom van keuses wat jy daagliks moet maak, kan tot besluitnemingsmoegheid lei – ’n toestand waar jy kopseer, angs en selfs impulsiewe of uitgestelde besluite ervaar. Kenners gee raad oor hoe om besluitneming te bestuur en só jou brein te spaar.
Tree vir tree
Die caminostaptogte in Spanje en Portugal is welbekend en Suid-Afrika het ’n hele paar wat ook gewild is. Om in ’n bewaarde, ongerepte omgewing te loop waar jy met sewe biome kennismaak, is wel uitsonderlik en kan nuwe insigte meebring. Vilien-Miri Coetzee het saamgestap.
Kan KI jou kind op skool help?
Die gebruik van kunsmatige intelligensie op skool en op universiteit is omstrede, maar kenners voel daar is ’n wel ’n plek daarvoor, skryf Zerelda Esterhuizen.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met rooi rose se nuwe kosredakteur!






